Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -7 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -8 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -8 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -9 hours ago

Julie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Julie het aan gebreek. Geniet die rusdag

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 25/07/2018 - 10:35

Die gemiddeld van ons damme is nou minder as 19%.   Dit is die Kouga wat net 7% het.  Die Groendal dam het 39% maar is klein en het eintlik minder water as die Kouga.   Twee weke gelede lekker reën gehad maar min invloed op die damme.   Ek glo die Kaap is ook nog nie regtig uit die moeilikheid nie.  Hul moet seker ook goeie opvolg reën kry om die situasie te red.   Daar is sprake dat waterbeurte by ons ingestel gaan word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/07/2018 - 11:15

Goeie môre geesgenote !

Ons was baie gelukkig met die onlangse goeie reën en ons damme hier in die Kaap het 'n lekker hupstootjie gekry.  Die reën was egter nou skaars die afgelope twee weke, maar dit lyk of daar darem iets aan die broei is in die komende dae.  Die voorspelling is ook dat ons in Augustus en September bogemiddelde reën sal hê, net voor die droë somermaande.

Moed hou Freda, julle reën sal ook kom.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 25/07/2018 - 12:52

Goeie dag almal, ekke so n bietjie nuut hier rond en was eintlik n roof lesere en het al julle gesprekke gevolg en soms geniet ook. Ek glo ons sal nog lekker saam gesels. Dankie aan Voortrekker (Anton) se motiveering om tog aante sluit nadat enk nie meer die week kon lees nie en sommer moedeloos was.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 25/07/2018 - 13:04

Jammer vir al die verkeerd tik, het mos 'n paar ekstra duime wink

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 25/07/2018 - 13:54

Lapskag, dit wys net, elke donker wolk het 'n silwer randjie.   Die wolk was donker toe ons nie kon aanteken nie maar die silwerrandjie = dit het jou sommer laat saam gesels.  Mooi man, hou so aan!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 25/07/2018 - 14:08

Oom Len word 90 vandag!

Wonder of ek reg gelees het?

Baiaiaiaiaiae geluk oom Len.

Dankie vir die groet ook. smiley

Goeie môre geesgenote !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/07/2018 - 14:41

Gesie, nee jong, ek het nog twee dekades oor voor ek by 90 is.  Maar ja, Voorie is nader aan reg, ek was gister 71.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 25/07/2018 - 15:28

Goeie middag aan almal, ekke was bietjie besig, maar lees darem so effe hier en daar.

BAIE geluk aan LEN, met sy 71ste gister!!!!, VELE MEER!!!!

Anton, ek het die eerbare ding gedoen en op die CP forum iemand (dalk paar mense) effe die ware pad hierheen beduie!!!! Of en indien ek daar aangevat gaan word daaroor, sal ons maar sien, ekke bang vie NIEMAND!!!!! GROOT en DIK!!!!!

Heerlike Maandag? Vrydag, of watse dag aan almal!!!

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 25/07/2018 - 15:43

He-he-he, Antonius, daai "anderkant" se mense het begin soek na die "eerbare oudlede"  wat op die sogenaamde "ander forum" so lekker gesels, en ek kon die "verleentheid" nie laat verbygaan om "rigting te gee nie". 

Ek verwag oproep een of ander tyd!!!!

.

0

Baie dankie. Ek was geregistreer op hierdie forum, maar het intekenprobleme ervaar. Ek het gewonder wat van verskeie 'ou bekendes' geword het wat ook op die CaravanParks-forum deelgeneem het. Totdat ek vanoggend lees dat baie van diegene is op hierdie forum bedrywig. Dit was toe sommer lekker om te sien, nadat ek opnuut moes registreer, dat hier baie 'ou bekendes' deelneem.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 25/07/2018 - 16:51

Baie welkom Chris, dit is sommer lekker om jou hier te sien.   So het ons hierdie week 'n paar baie aangename en interessante lede bygekry, wat lus is om te gesels.   Dit is opmerklik dat die ou Wegsleep forum tog 'n rol speel, wys net daai forum het op sy dae vriendskapsbande gesmee.  Dit woeker en beef sommer hier!

Daar is 'n paar lede wat ek altyd geniet het om mee te gesels op die CP forum en dit is nogal hartseer dat dit tot 'n einde gekom het.   Hopelik sal nog van hulle besluit om hier ook in te skakel.    Ek wou graag op albei forums betrokke bly maar 'n doodloopstraat het 'n stokkie daarvoor gesteek.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus