Goeie more almal.
Julie het aan gebreek. Geniet die rusdag
GM
Goeie môre geesgenote !
Ons was baie gelukkig met die onlangse goeie reën en ons damme hier in die Kaap het 'n lekker hupstootjie gekry. Die reën was egter nou skaars die afgelope twee weke, maar dit lyk of daar darem iets aan die broei is in die komende dae. Die voorspelling is ook dat ons in Augustus en September bogemiddelde reën sal hê, net voor die droë somermaande.
Moed hou Freda, julle reën sal ook kom.
Julie 2018 Koffiekroeg
Goeie dag almal, ekke so n bietjie nuut hier rond en was eintlik n roof lesere en het al julle gesprekke gevolg en soms geniet ook. Ek glo ons sal nog lekker saam gesels. Dankie aan Voortrekker (Anton) se motiveering om tog aante sluit nadat enk nie meer die week kon lees nie en sommer moedeloos was.
Baie welkom Lapskag Ek…
Baie welkom Lapskag ![]()
Ek is bly jy jy kruip nie meer weg nie
Lekker saam kuier en gesels!
Lapskag, dit wys net, elke…
Lapskag, dit wys net, elke donker wolk het 'n silwer randjie. Die wolk was donker toe ons nie kon aanteken nie maar die silwerrandjie = dit het jou sommer laat saam gesels. Mooi man, hou so aan!
Oom Len word 90 vandag! …
Oom Len word 90 vandag!
Wonder of ek reg gelees het?
Baiaiaiaiaiae geluk oom Len.
Dankie vir die groet ook. ![]()
Goeie môre geesgenote !
90? Len lyk baie goed vir…
90? Len lyk baie goed vir sy ouderdom. Ek sou hom so vroeg sewentigs geskat het. ![]()
Ai jammer ons het dit gemis…
Ai jammer ons het dit gemis Len, maar baie geluk, mag dit die beste jaar ooit wees. 👍🎂🎁
Goeie Middag
Goeie middag aan almal, ekke was bietjie besig, maar lees darem so effe hier en daar.
BAIE geluk aan LEN, met sy 71ste gister!!!!, VELE MEER!!!!
Anton, ek het die eerbare ding gedoen en op die CP forum iemand (dalk paar mense) effe die ware pad hierheen beduie!!!! Of en indien ek daar aangevat gaan word daaroor, sal ons maar sien, ekke bang vie NIEMAND!!!!! GROOT en DIK!!!!!
Heerlike Maandag? Vrydag, of watse dag aan almal!!!
Welkom aan die onbekende …
Welkom aan die onbekende "Lapskag"
gesels lekker en vertel ons meer van julle kamp stories.
Ai Frans, nou gaan ek ook in…
Ai Frans, nou gaan ek ook in die moeilikheid kom! .... maar dis lekker om saam met jou innie sop te wees ![]()
Ek sien sekere mense kom…
Ek sien sekere mense kom lees tog maar hier onder n skuilnaam... die eerbaarlikste van almal...
Chris Boucher, welkom hier…
Chris Boucher, welkom hier. Het net gister aan jou gedink. Jy het laas op wegsleep forum saam gesels.
Welkom ook al die ander ook
Baie dankie. Ek was…
Baie dankie. Ek was geregistreer op hierdie forum, maar het intekenprobleme ervaar. Ek het gewonder wat van verskeie 'ou bekendes' geword het wat ook op die CaravanParks-forum deelgeneem het. Totdat ek vanoggend lees dat baie van diegene is op hierdie forum bedrywig. Dit was toe sommer lekker om te sien, nadat ek opnuut moes registreer, dat hier baie 'ou bekendes' deelneem.
Baie welkom Chris, geniet…
Baie welkom Chris, geniet die lekker kuier hier saam met ons klomp.
Baie welkom Chris, dit is…
Baie welkom Chris, dit is sommer lekker om jou hier te sien. So het ons hierdie week 'n paar baie aangename en interessante lede bygekry, wat lus is om te gesels. Dit is opmerklik dat die ou Wegsleep forum tog 'n rol speel, wys net daai forum het op sy dae vriendskapsbande gesmee. Dit woeker en beef sommer hier!
Daar is 'n paar lede wat ek altyd geniet het om mee te gesels op die CP forum en dit is nogal hartseer dat dit tot 'n einde gekom het. Hopelik sal nog van hulle besluit om hier ook in te skakel. Ek wou graag op albei forums betrokke bly maar 'n doodloopstraat het 'n stokkie daarvoor gesteek.





Die gemiddeld van ons damme…
Die gemiddeld van ons damme is nou minder as 19%. Dit is die Kouga wat net 7% het. Die Groendal dam het 39% maar is klein en het eintlik minder water as die Kouga. Twee weke gelede lekker reën gehad maar min invloed op die damme. Ek glo die Kaap is ook nog nie regtig uit die moeilikheid nie. Hul moet seker ook goeie opvolg reën kry om die situasie te red. Daar is sprake dat waterbeurte by ons ingestel gaan word.