6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -55 seconds ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago

Forum onderhoud en skuif

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeie dag lede.    Ons het die afgelope week kampforum weggeskuif by afrihost na 'n server wat beter geskik is vir hierdie platform, by Magic Bullet

Saam met die skuif is daar ook "updates" gedoen en die forum web addres is geskuif van www.blad.kampforum.co.za    na www.kampforum.co.za    In die skuif proses was die blad.kampforum "webwerf"  of gewese webwerf nie beskikbaar nie.  Asgevolg hiervan was dit nie moontlik om op enige ou skakels of kort paaie by die webwerf aan te sluit nie.

Gelukkig is alles nou weer terug na normaal en kan altwee tipe skakels weer gebruik word om na die nuwe addres  www.kampforum.co.za  op die nuwe server te wys.

blad.kampforum is nou 'n sub domain gekoppel aan webwerf en sal met tyd uitgewerk word soos die nuwe skakel gebruik word.

Ek vra omverskoning vir enige ongerief of frustrasies vir diegene wie nie kon aanteken nie (ons het julle gemis!).  Ek belowe, niemand is verban nie!  laugh

 

Dankie vir julle ondersteuning en vir al die lekker kuier en deel en foto's ...en...en....  Die werk aan die webwerf is gedoen juis omdat hierdie groep so awesome is en ek graag 'n lekker betroubare platform in plek wil sit vir ons om nog baie lank te gebruik yes

Vaalpark

Johann L

Thu, 26/07/2018 - 08:12

Sterkte met die proposals Anton👍

Lolla, ons hou duim vas dat Anton die knoop gaan deur haak, dan was jou en die kabouters se op offerings nie verniet nie👍

Centurion

Voortrekker

Thu, 26/07/2018 - 08:58

forum is vinniger van die "verplasing" af?

Johann beslis yes    Ek is BAIE gelukkig met die werk wat gedoen is.   As julle onder aan die webwerf kyk is daar 'n magic bullet skakel, kyk gerus wie ons webwerf nou host en hoekom ek glo dit is die beste roete vorentoesmiley

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 26/07/2018 - 10:12

Jammer, Lolla, dat jy so moet suffer vir ons onthalwe.    Baie dankie vir jou opoffering ook.  

Nou kan ons lede nie darem iets bydra om te help met daai budget nie?   Heeltemal opsioneel, vrywillig en anoniem......    Hoe voel julle daaroor?

Pretoria

Slowstrike

Thu, 26/07/2018 - 10:23

Ons almal weet dat Anton to dusver al die onkoste van die ontwikkeling en onderhoud van die forum dra. Ek persoolik  glo dat `n ieder en elke gebruiker  van die forum sal sonder om te skroom met graagte `n bydrae sal maak tov die uitgawes vir die instandhouding van die forum.

Ek persoonlik dink dit is die regte ding om te doen. Ja die forus sal groei en danlk later vir Anton `n inkomste kan genereer maar dit kan nog lank vat. Ons praat te min ingels hier vir hom om die "Google / Facebook etc) advertensie gedeelte te gebruik om geld te verdien.

Veskaf `n rekening nr waar die wat wil `n bydrae kan maak dit sal voorwaar `b voorreg wees om dit te kan doen.

Groetnis

 

Pretoria

Slowstrike

Thu, 26/07/2018 - 10:24

P.S. Sterkte met daai proposal ek weet hoeveel werk in daai goed ingaan en soms is die uitkoms nie na wense nie dan probeer mens maar net weer.

Centurion

Voortrekker

Thu, 26/07/2018 - 10:24

Hoe kan ek vergeet!?   Ek het dan ook so bake gebid vir leiding en dat die skuif en werk 'n sukses sal wees en dat hierde platform iets kan wees waar God se liefde wys.   Baie dankie Groot oom!smiley

Centurion

Voortrekker

Thu, 26/07/2018 - 11:05

Dankie Danie en Freda.  Dit sal darem lekker wees as die forum 'n inkomste verdien en ons net kan kamp vir 'n lewe !smiley 

Die tyd moes kom dat ek iemand slimmer as ek betaal om die platform tot op die volgende vlak te neem en laas week het dit gebeur.   Maande van wonder hoe, en toe kry ek die regte mense en nou is dit gedoen - ek slaap ook sommer beter smiley

Ek gaan die skakel eenmalig HIER plaas waar die inligting is vir borge as enigiemand 'n bydrae wil lewer smiley - dankie!

Centurion

Voortrekker

Thu, 26/07/2018 - 11:22

Google adsense?   Ek het seker al 20 keer aansoek gedoen in die laaste jaar en dit is soos jy se, google hou nie van ons gesprekke hier op kampforum nie en wil ook nie hier adverteer nie laugh - so dan moet hulle maar aangaan en ons sal afrikaans en kamp hier praat.devil

Centurion

Lolla

Thu, 26/07/2018 - 11:40

Baie DANKIE. Opreg baie dankie aan elke forum lid. En sooooo baie dankie vir die borge wat ek alreeds sien inkom het. Ekt sommer trane in my oe. DANKIE. 

Centurion

Lolla

Thu, 26/07/2018 - 11:48

Nou wil ek sommer weer een groot saamtrek hou waar AL die lede saam kan kamp. smiley

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 26/07/2018 - 14:36

Ooo, julle praat so ek kry sommer trane in my ooge.

Dan moet ek my been hare skeer dan is Freda nie alleen nie surprise

Oops en ek doen dit want ek hou nie van die baie hare nie.

Johan (Lapskag) en ook jou onderarm hare ook

En dit doen ek ook, so nou wonder ek waar pas ek in wink

Wens ek kan soos Harry wees sonder 'n bang haar.  smiley

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus