Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -4 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Brand van skole ens....

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Meeste van ons is maar geneig om na die mense, wat alles brand en plunder, as onosel barbare te verwys.

Len skryf dit toe aan werkloosheid, en heel terreg ook, ek wonder hoeveel van moes al vir jare in absolute armoede en wanhoop leef, daar waar mens later geen uitweg meer sien nie??

Is dit nie dalk soos die man wat sy vrou vir jare mishandel, en op 'n dag verloor sy alle insig en maak hom dood?

Ek het so bietjie sit en nadink oor die wereld se geskiedenis;

Die Franse rewolusie, waar die armste van armes, absoluut keelvol geraak het as hulle sien hoe goed leef die aristokrasie. Hulle het in opstand gekom, alles geplunder, afgebreek en gebrand. Miljoene waarde se kunswerke vernietig, juwele in die water gegooi, goed wat hulle baie rykdom kon verskaf.

Vroeg in die 1900 toe die Rusiese bevolking in opstand gekom het, en Komunisme tot stand gekom het. Die armes het die Tsars en ander rykes se huise afgebrand, weereens juwele en duur kunswerke vernietig.

Kort voor die eerste wereld oorlog het die armes in Engeland, amper vir London vernietig.

Ek skryf wat nou hier gebeur toe aan uiterste wanhoop, jy sien net geen uitweg meer vorentoe nie, jy leef in uiterste moeilike en haglike omstandighede. Jy voel of niemand na jou probleme luister of iets daaraan wil doen nie, dan verloor jy alle redenasie vermoeens en uit absolute woede wil jy net alles voor jou verbrand en vernietig

Ek praat nie daai tipe optrede goed nie, ek probeer net om dinge uit hul perspektief te sien, en dan wonder ek - hoe sou ek opgetree het? Dit is die maklikste ding om in "weelde" te sit en kritiseer, die mense as [klomp vloek woorde] onosele barbare te beskryf.

Ek glo nie ons kan ons vir een oomblik indink hoe dit voel om absoluut niks te besit nie, en ek is nie sarkasties as ek se ons leef in weelde, vir daai mense lyk ons soos miljoeners.

Dalk moet ons voor ons op "Face Book" 'n klomp snert kwytraak, net so bietjie dink en dalkies so bietjie empatie te betoon?

 

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 26/07/2018 - 13:59

Tye verander...

Vroeër jare by my werkgewer (35 jaar) was daar altyd gestaak vir loonverhogings en dinge wat die werkers ongelukkig gemaak het.

Nou se dae gebeur dit selde dat ek mense in hulle massas sien staak en die rede daarvoor is eenvoudig Daai staker het nou ook `n verband om te betaal `n motorpaaiement en skoolgeld vir die kinners water en elektrisiteit.

Ek het al jare terug met `n paar van die jonger werkers gesels en die antwoord is/was altyd dieselfde " Ek het niks om te verloor nie" Niemand gaan my informele huis by my afvat nie ek het nie `n motor om te betaal nie ens ens..

Ongelukkig is daar nog steeds die massas al is hulle formeel in diens geneem wat nog steeds nie veel het om te verloor nie. En dan is daar die wat regtig niks het nie en wanhoop hulle dwing om so op te tree.

Laastens is daar die wat baie het maar steeds so sal optree bloot omdat hulle inherent kriminele is en elke oproer ,protes en opmars sien as `n geleentheid om iemand anders se eiendom aan homself toe te ken.

 " Moenie die massas wat niks het onderskat of ignoreer nie. Hulle het dalk niks om te verloor nie maar alles om te wen"

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 26/07/2018 - 14:27

Ek dink daar is nog n rede . Dalk is dit die grootste van almal.... Ek is nie bewus van sulke plunder togte in die res van Afrika nie, maar wel hier. Ek dink dit is omdat die "gepeupel" koek belowe is ...  daarvan het natuurlik dadels gekom.   My pa het jare terug geseg mens belowe n kind niks as jy dit nie vir hom gaan gee nie, nie eers n pak slae nie...

Die geskiedenis is besig om hom self te herhaal en daar is nog geen duidelikheid oor wie segrond gaan vir wie gegee word nie maar die massas dink almal gaan nou n plaas kry...  daar word weer verwagtinge geskep wat op teleurstelling gaan uitloop en dan gaan dit nie net skole wees wat gaan brand nie.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/07/2018 - 19:10

Deon jy is reg - groot verwagtinge is geskep en daar gaan niks van kom nie, dit gaan nog GROOT moeilikheid veroorsaak.

Ek het dalk die prentjie te veel vereenvoudig, ek het maar net aan die grond beginsel geraak, daar is natuurlik baie ander redes wat bykom.

Soos Danie noem, mens moet baie versigtig wees vir die ou wat absoluut niks het om te verloor nie!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 26/07/2018 - 20:10

Dit is juis hulle wat die groot gevaar (in rooi) is.

mens moet baie versigtig wees vir die ou wat absoluut niks het om te verloor nie!!

Baie maklik om hulle te ooreed om te plunder en te moor, en dit is presies wat jm dien, met false lee beloftes.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 26/07/2018 - 20:21

Baie is belowe waarvan min gekom het geld gaan na staad kas en dan raak geld weg en daar word nie gedoen wat gese is daar gedoen word. Ons land is so deurmekaar

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/07/2018 - 22:15

Interessante opinies. Ek kan miskien byvoeg dat die onberyplike vernietiging van infrastruktuur soos skole, klinieke, ambulanse, brandweer-waens, treine, busse, ens word gedoen om die aandag van owerhede te kry.

Die regering en munisipaliteite luister nie na die basiese behoeftes van mense wat niks of bitter min het nie en spring eers om te luister en te praat as infrastruktuur klaar vernietig is.

Maar dan ook, kriminele elemente maak dan van sulke situasies gebruik om in die chaos te plunder.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 27/07/2018 - 04:14

Alles wat hierbo gesê word, is waar.  Wat ek nie kan verstaan nie, kan die regering dit nie insien nie?   Het hulle al ooit vir hulself gesê dit is ons skuld dat die mense so optree?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 27/07/2018 - 08:09

Miskien moet mens kyk na die regeringsform van die "moderne" era. Volgens my is die onregeerbaarheid van die bevolking die resultaat daarvan. In derde wereldse lande waar ongelettertheid en geweldadige optrede die grootste meerderheid van bevolking uitmaak, wil kapiltalisme eenvoudig nie werk nie omrede almal gelyk is, of veronderstel om te wees. Ons kan dit duidelik sien uitspeel hier in ons land.

Om n oplossing vir die probleem te kry is moeilik. Mens kan waag om te se deur dar geskiedenis homself herhaal, dat soos in vorige lande waar dieselfde "vryheid" bereik is, en als totaal verval het daarna. Die in mag daar het hulself verryk ten koste van die res van bevoling om sodoende n gemaklike bestaan in die chaotiese tyd te kan ervaar. Hier by ons het ons eie president dit gedoen, goeie voorbeeld vir die res....

So, als wat verniet gekry is, of die nalatenskap van die onderdrukker, is elk geval van geen waarde nie. Beter om onder n boom skool te gaan as om daagliks binne die te leer.   Grondbesit gee elke mens n gevoel van belangrikgeid, al kan of gaan jy nie daarop woon of boer nie, en die kwessie is baie belangrik, anders gaan ons dalk die pad van ons buurland loop, dit is baie moontlik. Nie n goeie vooruitsig nie.

So die skole brand en geweldadige optrede is volgens my die opgekropte woede en magteloosheid van die massas. As ons regering nie gestand doen aan die mense se verwagtinge nie, is ons op pad na die afgrond.

 

 

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 27/07/2018 - 09:03

"gepeupel" koek belowe is ...  daarvan het natuurlik dadels gekom.  

.. en die tipe optrede is aan die orde van die dag, dit is normaal, word aanvaar, van kleins af, dit is hoe die lewe is, hoe dinge loop, hoe anders?    

Dan is daar weer baie wie dit anders sien - dit is abnormaal, dit word nie aanvaar nie, van kleins af, dit is nie hoe die lewe is nie, dinge moet nie so loop nie, dit moet anders!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 27/07/2018 - 10:21

Freda, die regering leef in weelde en gee nie 'n vlenter om nie. Hulle het chaos gesaai,  nou maai hulle choas.

Sou hulle ophou met naam veranderings, kon elke person (gesin) 'n huis gehad het met al daai geld wat op dit uit gegee word, ja ek weet die natte het dit ook gedoen, maar nie ten koste van die armes nie.

Verkwisting en korupsie vat dit wat oorbly ook nog, en verhoog net die belasting stelsels om nog meer uit die reeds vuis voos belasting betaler te tap.

As mens stil sit, en heeltemal eerlik met jouself is, dink ek, ek sou ook so op getree het,  natuutlik sonder die moord en roof vir die lekker darvan. 

Die misdadigers byt net die situasie uit, stook op, sodat ons kan steel.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 27/07/2018 - 11:01

Hier in die Baai is 'n pragtige 26 jarige vrou Donderdagmiddag in haar huis oorval en doodgesteek terwyl haar baba van 1 maand oud in sy kot lê en slaap.   Op die stadium word net haar verloofring vermis.  Ek weet dit het niks te doen met die onluste nie, maar dit is hoe die hele samelewing nou is.  Geen respek vir wet en orde en maak dood, sonder om 'n oog te knip.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 27/07/2018 - 15:36

Verkiesings is daar om jou woede uit te druk en verandering mee te bring (stem)! Hoekom aanhou vir die "Tsar`s" stem. Maak `n mens dan nie jou eie kooi so op nie?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 27/07/2018 - 15:52

Gesie, mens bereik 'n punt van totale magteloosheid en jy voel niemand luister na jou nie, dus om 'n kruisie te gaan trek beteken op daai stadium ook nie veel vir jou nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 26/04/2020 - 08:49

So sien ek op nuus daar is al meer as 400 skole geplunder van hulle afgebrand my vraag hoekom ??????

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus