Nou ja so kom alle goeie dinge tot 'n einde, more vroeg moet petra maar begin die kamp afbreek.
Ons wil woensdag oggend hier vertrek Shammah toe, bietjie op die kaart gaan loer, wil maar so effens ompad ry, Vivo en Dendron om ry, net om weer bietjie iets anders te sien. In al my jare van toer nog nooit by daai twee plekke uitgekom nie, sommer bietjie die Blou Berg ook bekyk.Ek vertrou dat die pad karavaan begaanbaar sal wees?
Groot afskeid vamore in die kerk gehad, pastoor Danie ry ook Woensdag en omtren helfte van die kampeerders hier. Baie roerende diens gewees, Danie, en gemeentelede moes maar kort kort trane afvee - shame Danie se stem het maar erg gebewe en soms heel weg geraak.
Mens kan nie help om te wonder wie van die ou klomp gryskoppe sal volgende jaar weer saam met ons hier wees?
Hierdie was weereens, soos al ons ander kampeer plekke absoluut wonderlik gewees, so verlief geraak op die plek dat ek volgende jaar sommer vier maande geboek het, lekker om van hier af vir so dag of twee Botswana toe te ry, Mapunbukwe, naby genoeg vir 'n dag uitstappie, en as jy so voel is oom Paul se plasie ook net naby genoeg vir 'n dag uitstappie.
So klompie ou vriende hier weer raakgekamp en hope nuwe wonderlike vriende gemaak, vrek lekker saam met 'n spul van ons ou Rhodesia vriende gekuier. Petra se broer en sy familie het vir 'n week kom kuier, en toe die anner daar in Zim dit hoor toe kom hier sommer 'n hele spul van ons ou pelle saam. Lekker ou oorlog stories vertel [en herleef] lekker gelag vir party van ons se ervarings daar in die oorlog. Weer eens met groot dankbaarheid die SA lugmag se chopper pilots wat ons kom uithelp het daar in die Noorde.
Manne van staal met GROOT harte gewees, mens kon met vertroue in enige kontak situasie ingaan met die volle vertroue dat sou jy ernstig gewond raak, sou dat ouens met die chopper jou kom uithaal, selfs onder die ergste teenvuur!!
Ja ek los maar 'n stukkie van my hart hier in die pragtige bosveld - soos die Jode se, die mense wat hier woon is egte "Mensche"!!
Ja Freda, Arie is ons YSTER…
Ja Freda, Arie is ons YSTER man, 'n regte man van staal. ![]()
Arie, geniet maar die…
Arie, geniet maar die pakkery. Dit is mos maar deel van kamp en net lekkerder as jy weet dat jy net van kamp verskuif.
Arie, ja so trek is groot…
Arie, ja so trek is groot werk.
Bly julle twee het dit so geniet.👍 hoop om julle weer hier rond raak te kamp, hou die volgende saamtrek dop.
Sterkte met die oppak Petra …
Sterkte met die oppak Petra![]()
Ja Arie ons het ook lekker saam met julle daar gekuier so op die forum. Dankie dat jy dit met ons deel
Veilig reis!
Freda, ja ek kan ook nie…
Freda, ja ek kan ook nie dink dat ons al ooit gekamp het waar dit nie lekker was nie.
Ons is ontsettend geseend om so lewe ter mag lei, ons is dubbel geseend om in so pragtige land te mag bly - dink net as ek nie hiernatoe gekom het en in Nederland gebly het!!!
Sou nooit my wonderlike vrou ontmoet het nie, sou daar met al daai rasse spanning tussen die Molukkers en Nederlanders moes saamwoon, vasgedruk in 'n klein spasie tussen duisende mense!!
Nee ons bessef nie altyd die wonderlike voorreg om in die lieflike land te mag woon, en dan nog genoeg geld te he om die lewe te kan geniet - al kla en moan ons heeldag?
Baie sterkte met jul op…
Baie sterkte met jul op pakkery. Ons wat by die huis bly, beny jul kampeerdery en is lekker om nuwe plekke te leer ken en nuwe vriende te ontmoet.
Aai oom Arie, soos een deur…
Aai oom Arie, soos een deur toe maak, maak n nuwe een vol avontuur oop. So prikkel oom my belangstelling en leer my nuwe goed, nog nooit gehoor van Molukkers, moet nou eers gaan google.
Mooi ry Arie, sien julle…
Mooi ry Arie, sien julle dalk die naweek van 9 Aug daar naby Bella!
Oom Vleisballetjies, dit sal…
Oom Vleisballetjies, dit sal erg lekker wees!!
Ek ry tot by Shammah, slaap die aand en ry dan Donderdag Pta toe. My nuwe tent gaan oplaai so bietjie anner besigheid, my makelaar bietjie onner 4 oge beskou en sulke goed. Sal Sondag weer Shammah toe ry en kamp opsit, behoort teen die langnaweek al gesettel te wees.
Arie, ek roem altyd ek ken…
Arie, ek roem altyd ek ken die bosveld kwaai, wragtig nog nie van daai plek gehoor nie. Naby waar is die plek? Ek ken elke meter van die Bella pad tot by Koedoeskop. Wat is die naaste bekende plek aan daai plekkie waar julle gaan penne inkap?
Ek kry hierdie twee plekke ?…
Ek kry hierdie twee plekke ?
Shammah Game Lodge
Shammah Bosveld Vakansieoord
Willem, dit is dan die plek…
Willem, dit is dan die plek naby die garage net af van die N1 af. Dink dit is hy, dankie.
Jy is reg Frik, ons was nog…
Jy is reg Frik, ons was nog nie daar nie - maar ek glo ons sal lekker staan daar?
Ek gaan net nou die laptops…
Ek gaan net nou die laptops inpak, glo nie ek sal weer hier inloer voor so om en by die 6de of 7 de.
Ons los die wa by Shammah en sal eers so einde van die naweek terug wees, dan moet Petra kamp opsit terwyl ek die area verken. Ek werk nie lekker op die forum met my piep klein slim foontjie nie. spesiaal 'n kleintjie gesoek om in my sak te pas, maar hy is te klein om goed te lees of te tik, net reg om WApp aan te stuur of om sy regte doel [bel] te doen.
Julle moet maar sterk staan in my afwesigeheid.
Veilig ry Arie. Frik, San…
Veilig ry Arie.
Frik, San Cha Len is ook daar, daar het ek al gekamp en is baie lekker plek.
'n Hele week sonder Arie! …
'n Hele week sonder Arie! Ek weet nie of dit 'n goeie of 'n slegte ding is nie.
Maar hy sal baie te vertelle hê as hy terug is. Sal hom darem mis.![]()
Veilig reis oom Steekbaard! …
Veilig reis oom Steekbaard! Laat die Pajero mooi loop ![]()
![]()





'n Mooi getuienis van jul…
'n Mooi getuienis van jul verblyf daar, Arie. Ek glo die afskeid in die kerk vanoggend was 'n hartseer saak. Ons glo en vertrou al die ou vriende sal volgende jaar weer saam kan wees.
Ek is bly julle het die tyd daar baie geniet, ja veral met al die gaste wat julle gehad het om dit ekstra spesiaal te maak.
Ek moet sê, vandat ek jou op Kampforum leer ken het, blyk dit nie dat jy op enige plek ooit ongelukkig was nie. Jy en Petra haal die beste en mooiste uit elkeen van jul kampe en is oral tevrede.