Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -35 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Vakansie van vakansie

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Petra en ek beplan so 5 of dalk bietjie meer wegbreek Ponta Malangane [Mosambiek] toe.

So middel van volgende maand wil ons so bietjie gaan uitspan daar in 'n Lodge, net so klein brekie van die karavaan.

Ons sal ons kamp net so opgeslaan los hier in Richards Baai en dan vir 'n week so bietjie gaan lui wees.

Ons is heel opgewonde en sien baie uit na die trippie!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 26/05/2017 - 14:25

Dit klink nou baie lekker.  Dis ook nie almal wat vakansie kan gaan hou as hul reeds met vakansie is nie.laugh     Gaan geniet die pamperlang. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 29/05/2017 - 10:20

Dis n puik idee Arie hoe gaan dit met Petra se gesondheid

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 10:31

Eintlik gaan dit wonderlik goed!

Ons is elke oomblik baie dankbaar.

Sy is nie in remisie  nie die kanker groei nog steeds maar baie stadig.

Sy het natuurlik baie nagevolge van die ses jaar se chemo en bestraling dooie voete en hande dooie tong, kan niks proe en praat met n sleeptong.

Maar dit is niks teenoor dit wat sy al moes deurmaam.

Dankie vir die belangstelling, ons waardeer dit opreg.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 11:00

Ek is bitter jammer om die te lees oor Petra.   Ek het dit nie geweet nie.   Ek haal my hoed af vir julle wat, onder sulke omstandighede, 'n kamplewe geniet.    Dat Petra duidelik nie gaan lê het nie ten spyte van moeilike simptone, soos jy noem.  

Ook dat jy ons altyd nog kan vermaak met jou oulike stories.   My hart gaan uit na julle albei, julle is waarlik vir ons 'n voorbeeld.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 29/05/2017 - 11:27

Freda,

Jy moet nog vir Arie en Petra ontmoet. Van die gaafste en pragtigste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Het nog altyd lekker saam met hulle gekuier.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 11:40

Ai julle laat my klein voel!!!!!

Baie dankie vir jul mooi woorde, ons [Petra en ek] waardeer dit opreg!!

Stoffel ons kuier ook baie lekker saam met julle en jul ondersteuning beteken vir Petra vreeslik baie, moet se ons het op die forum, die wegsleep forum en ons leefstyl [permanent kamp al van die beste en opregte [mag ek noem] eerbaarlike mense ontmoet.

Sonder julle ondersteuning en gebede het ons dalk al lankal handoek in gegooi?!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 12:04

Dit sal vir my 'n voorreg wees om Arie en Petra te ontmoet.   'n Vrou wat elke dag vir onse Arie kan hanteer, moet iets besonders wees.   laugh     Ek weet sommer ek en sy gaan goed oor die weg kom.yes

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 12:17

Hey, ek is 'n baie maklike mens om mee saam te leef!!!

As Petra gereeld my klere optel, was en stryk [soos ek dit wil he] my bed opmaak, kos maak, my koffie en dop aandra, en al die vroulike takies verig, dan gee ek glad nie om as sy 12 uur vanaand al gaan slaap nie, ek verkies dat sy eers 2 uur gaan slaap, julle weet mos 'n vrou raak vreeslik maklik lui en ek vind as sy voor 12 gaan slaap sukkel sy om 4.30 op te staan om my kar te was en so.

Nee wat ek gun haar maar om so nou en dan 12 uur in die bed te klim.

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Mon, 29/05/2017 - 12:49

Arie --

die weerlig gaan jou nog eendag raakpiets met daai Petra (werksure)  storie. HeHe.

Is daar nie iets soos 'n blinde sambok of een met donkerbrille in die Volksgeskiedenis nie.???

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 29/05/2017 - 13:10

Arie, werklik jammer om van Petra se gesondheid te verneem,  ons bid vir julle, en glo dat julle albei met hierdie voorbeeld van hoe om positief te bly,  vir ons ander sal "aansteek".

Ons kla gans te maklik en dink ons het probleme, maar daar is altyd iemand wat veel groter beproewinge deur gaan.

Sterkte met jul voorgenome wegbreek, gaan voluit en geniet elke oomblik.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 13:38

Andre, jy verstaan heeltemaal verkeerd;

Kyk dit is omdat ek die wereld se respek vir Petra het, niemand hou daarvan dat iemand oor jou skouer loer as jy werk nie.

So wat ek doen [hoe swaar dit ook al is] ek wys vir haar dat ek haar ten volle vertrou om al daai klein vroulike takies in en om die huis te doen.

As sy byvoorbeeld skottelgoed was vat ek maar 'n bier en die koerant en gaan sit op die stoep, dit laat haar voel dat ek haar vertrou om daai takie goed op haar eie te doen.

Dit is nie altyd maklik nie maar ek volhard, loop maar altyd weg as sy die vloer was of my klere optel en ophang of wegbere.

Ek sal haar ook nooit kritiseer nie, as my broeke nie opgehang is op die hanger soos wat ek dit wil he nie, sal ek stil bly, ek haal dit net af en gooi dit op die vloer langs haar bed. So sal ek ook as ek voel die potte is nie mooi blink geskuur nie dit net weer terug in die wasbak sit, ag so kan ek baie voorbeelde gee. Ek is beslis nie een van daai bullebak mans wat heeldag sy vrou loop en kritiseer nie, mens kan dit altyd op 'n mooi en beskaafde manier doen.

Ek sal ook nooit haar kookkuns kritiseer nie, as die ete nie na my smaak is nie, sal ek sonder om haar te kleineer die bord op die vloer sit vir die honde en dan vir my 'n take away gaan koop.

Mans kan gerus leer om 'n klein bietjie meer respek aan hul vrouens te betoon, dit sal sorg vir minder egskeidings en vir die dames 'n beter selfbeeld gee.

Ag ek kan vir ure oor  die onderwerp skryf, ek is immers al 48 jaar baie gelukig getroud en vertel elke dag vir Petra hoe gelukig sy ook is, maar hierdie is 'n kamp forum nie 'n huweliks berader forum nie.

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Mon, 29/05/2017 - 13:48

Ai Ai Arie,

Kom ons bêre haar gesondheid net vir 'n oomblikkie dat ons dit nie ook by die geskerts insluit nie.

As ek jou maniere van doen so lees kom ek al meer agter dat Petra 'n diep gelowige mens moet wees.

Glo sy bid maar daagliks vir Genade want as sy vir Krag moes vra en dit sou kry HET SY JOU LAANKAL BAIE HARD Ge........

Bly om te verneem dat sy om een of anner duistere  rede nog nie  moed opgegee het met Mnr Arie nie HeHE He

Besonderse vrou die Petra van jou. angel

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 14:07

Aangesien Petra nou so lekker vakansie hou, hoef sy mos nou nie nog 'n vakansie binne in 'n vakansie te hê nie.  Lyk my jy moet alleen Mosambiek toe gaan sodat jy behoorlik kan gaan rus.  Jy moet gedaan wees van bier drink, koerant lees, broeke neergooi en honde voer.  Ek is seker Petra gun jou die rus.

Dan kan jy sommer ongestoord jou verkyk aan al die mooi goedjies wat heen en weer verbyloop.  Nog iets wat Petra so mededeelsaam mee is.

Pasop dat sy net nie, terwyl jy weg is, bid vir  'n rewolwer nie.  As jy terugkeer, blaas sy jou dalk nog voor jy uit die kar geklim het. na 'n ewige rus. laughlaugh

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 30/05/2017 - 10:35

Ek wil net graag beaam wat reeds hier geseg is...
 

Watter wonderlike mense. Ek het die voorreg gehad om hulle te ontmoet in RB. en dit was werklik n voorreg. 

Gaan en geniet elke oomblik.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus