Ek soek raad. Daar het 'n irriterende kraakgeluid in my karavaan se vloer ontstaan - gelukkig nie onder die bed-gedeelte nie, maar voor in die wa - regoor die deur (wat sekerlik die meeste voete-verkeer hanteer). Daar is al by twee geleenthede aandag daaraan gegee deur Cara-Camp in Somerset-Wes. Dit klink elke keer aanvanklik of die probleem opgelos is, maar kort daarna begin dit maar weer.
Ek het al kassies op die vloer oor vasgemaak, maar niks help nie.
Het iemand raad?
Chris, onder die vloer is…
Chris, onder die vloer is daar balke wat deurloop van die een sykant tot by die ander. daar is skroewe wat die blak aan die vloer vashou. Maak seker die skroewe het nie begin los kom nie. dit kan ook die kraak veroorsaak.
Chris ek is ook baie…
Chris ek is ook baie dankbaar dat dit nie jou bed is wat kraak nie ![]()
Ek sal eerder nie vir Chris…
Ek sal eerder nie vir Chris raad gee hier nie. Toe ek laas vir hom raad oor die DSTV wou gee, was ek amper in die moeilikheid.
Maar ek stem saam met Voories, solank dit nie kraak onder die bed nie, is een probleem opgelos. En dink so daaroor, as dit kraak by die deur, sal julle ten minste 'n waarskuwing kry as ongewenste persone inkom.![]()





Hoop die help
Ek het onthou van Oom Len se draad waar hy raad vra oor die vloer wat kraak. Onder is Oom Willem se raad en heel onder is die link vir daai draad. Hoop dit help
https://www.kampforum.co…