Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -54 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Die eerbaarlike woord

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Mede lede, vriendinne, vriende, deelnemers en ook nie-deelnemers, ek wil julle vriendelik versoek,  om tog die woord "eerbaarlik" te verban. Ek het 'n e-pos gekry waarin 'n persoon my vriendelik gevra het, dat ons asb moet ophou met die gespot. (Die woord is 'n eg erkende woord, ek dink)

Dit staan julle vry om my tee te gaan, dit is 'n vrye forum, en julle het die keuse.laugh

Hiermee hoop ek wragtig nie,  ek begin 'n faaaaait nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/09/2018 - 10:57

Ag nee wat Freda, ek dink nie die kool is die sous werd nie. Dit gaan net onnodige onaangenaamhede veroorsaak.

Ons is mos DIE vriendelike forum.yes

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 04/09/2018 - 11:14

Johann dit vat nie veel verbeelding om te raai watter persoon vir jou die ONEERBAARLIKE epos of boodskap gestuur het nie.  

Dit staan my vry om te sê wat ek wil en te skryf wat ek wil. Geen persoon met die Jannie Jammergat houding gaan my daarvan weerhou nie.  Dit moet seker baie moeilik wees om so eensaam deur die lewe te gaan..

Kwaad is jou eie. Die persoon wat jou kwaad gemaak het is lankal weg dan kwaad jy nog. ....  

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 04/09/2018 - 11:14

Neem ook nie skelm fotos van lede en publiseer op ander media!

Die skoolhoof ontbied ons ook nie na sy kantoor toe nie!

Die skoolhoof bel ons ook nie ses keer 'n week en dan praat hy so aanmekaar en vertel hoe goed en oulik hy is, dat jy nie kans kry om 'n woord in te kry nie!

Jy word ook nie kort kort gedreig met skorsing nie!

Nee wat hierdie is 'n uiters EERBAARLIKE forum.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 04/09/2018 - 11:41

Johann ek sal nie die woord Eerbaarlik verban nie.  Dit is tog so 'n mooi beskrywende woord en het nou al deel geword van my persoonlike woordeskat.   Watse ander woord moet ons dan gebruik?  Daar is nie nog so 'n woord in die afrikaanse taal nie?

Nee wat, Die Knaap  wat vir jou die epos gestuur het soek seker net weer 'n bietjie aandag vandag?   

 

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 04/09/2018 - 12:00

Arie ja, in my geval was dit nie net 'n dreigement nie, sonder dat ek weet hoekom (seker omdat my hart nie by myself was nie) is ek afgegooi.   smiley  smiley  smiley  laugh

Jy word ook nie kort kort gedreig met skorsing nie!

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 04/09/2018 - 12:02

Ek dink ook hierdie is die regte plek om dit te noem, in aansluiting by dit wat Arie hierbo genoem het. 

Sedert die ontstaan van kampforum was daar en is nogsteeds baie pogings van mense om ons forum en lede en ook my kredietwaardigheid te ontspoor.   Dit wil vir my voorkom dat hoe meer hierdie persone dit probeer doen, hoe sterker ons groep word?

Ek beskryf dit toe aan jaloesie en ook 'n gebrek aan persoonlike waardigheid vannaf die persone wat ons so teenstaan.  Hoekom anders sal hulle dan so optree?    

Om dan te beaam wat Arie sê;   Hierdie is 'n baie Eerbaarlike forum en groep mense en ek het persoonlik soveel gegroei deur met julle saam te kuier en lewe.  Hier maak ek ook die beste vriende ooit!

Aan diegene wat so deur jaloesie of watookal ons probeer slegpraat en afskryf, gaan kruip asseblief terug onder die klip waar jy vandaan kom as jy nie 'n positiewe bydrae tot die samelewing kan lewer nie.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 04/09/2018 - 12:35

Eerstens wil ek net graag sê, as dit regtig 'n "vriendelike versoek" (volgens Johann) en nie aanvallend of dreigend was nie, hoekom het die persoon nie die vrymoedigheid om dit self direk op hierdie forum te versoek nie.   As hy die moed van sy oortuiging gehad het om dit te doen, sou dit dalk beter ontvang word as om dit net van Johann te vra.   Johann is tog nie die enigste persoon wat die woord gebruik nie.

Die woord "eerbaarlik" het aanklank gekry op hierdie forum en word amper as 'n Kampforum woord beskou.   Ek gebruik dit nou en dan, maar wanneer ek dit doen, het ek nie 'n spesifieke persoon in gedagte nie en doen dit regtig nie met die bedoeling om iemand te na te kom nie.  Ek glo die woord word grappenderwys gebruik en die persoon se hele probleem sal opgelos wees as hy dit so beskou en eerder net 'n sin vir humor daaroor aanneem.  Ek het al baie keer iets gesê of 'n stelling op die forum gemaak en dan word ek daaroor gespot.   Ek sien die humor daarin raak en gooi nie my speelgoed uit die kot daaroor nie.

Wat my pla, is dat die persoon blykbaar ontsteld raak om dit te lees, so ek sou graag wou weet hoekom hy dan aanhou lees hier, terwyl hy seker glad nie belangstel in die forum nie.   Ja, goed ek erken hy kan seker redeneer dat hy vry is om te lees wat hy wil, maar net so is ek vry om 'n woord te gebruik as ek wil.   Dit is immers nie 'n vloekwoord nie.

Ek stem saam hierdie is 'n vriendelike forum met geen onenigheid nie en ons mikpunt is beslis nie om mense seer te maak nie.    Ons kan seker nou ons karakter toon deur die woord nie meer te gebruik nie, maar regtig mense, ons is darem ook nie kinders wat gaan toelaat dat iemand vir ons voorsê om die knie voor hom te buig nie.   Ongelukkig, die woord kon dalk later uit sy eie 'n stille dood gesterf het, maar met hierdie insidente word daar eintlik net weer nuwe lewe daarin geblaas.

As Voortrekker sou versoek dat ons die woord nie meer gebruik nie, sal ek daarby inval, maar dit lyk nie of hy so daaroor voel nie.   Dit is te verstane, hy gaan hom immers nie laat voorsê wat om op sy forum te doen, veral oor onredelikheid nie.    Mens moet seker ook maar die ou sêding onthou, soms moet jy maar slaap op die bed wat jy vir jouself opgemaak het.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 04/09/2018 - 13:20

Johann laat daai email soos water van n eend se rug afval nee wat hierdie is n puik forum ek stem saam julle insette en hier praat ons openlik met mekaar net soos Willem se En Anton jy is reg in dit wat jy se die person moet ons los en beter dinge kry om hom self besig te hou

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/09/2018 - 13:40

Goed, dit klink my, die woord "eerbaarlik" is 'n lekker woord om iets, of iemand, positief mee te beskryf.

Ons is dit dus eens, dat dit sal voort bestaan as 'n gawe woord wat in ons daaglikse taal gebesig sal word.

Ek voel hoegenaamd nie aan geval, of te na gekom deur die e-pos nie. Wat my betref, is dit water onder die brug deur, laat die forum loop soos stroop😂

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/09/2018 - 13:56

Wou nog byvoeg, ek wou eers niks hier noem nie, maar as "duly appointed minister van vrede, en binnelandse sake, en nog iets anders, kan nou nie daai hoed kry nie"wink, het ek dit my plig geag om die vredes hoed op te sit.👍

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/09/2018 - 16:27

Ai ou Spekkies het baaaiiiee lank laas rede gehad om referee te speel. Wens hy wil terug kom, ek mis hom.

Arrie, jou popcorn masjientjie bestaan ook seker nie meer nie.😀 

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Wed, 05/09/2018 - 00:07

Dit was juis die ynste woord wat Anton by die Afrikaanse forum aan ons bekendgestel het wat vir my 'n lokaas was om te kom loer watter woordskatte kruip nog tussen julle kamplyne weg. 

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Wed, 05/09/2018 - 07:38

Darem maar groot bederf as mens familie raaklees in die kuberruim! Ek dra groete oor hoor, as jy selfde daardie kant sal maak. Ek volg die drade so suutjies en kyk wat skitter tussen julle ABC'tjies. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus