Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Vat jou goed en trek!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ons is vandag 'n week by Forever Plett.  En vandag gaan ons vir die derde keer kamp opslaan!

Ons eerste staanplek het al die boksies getiek.  Totdat ons een nag geslaap het.  'n Boom, langs ons staanplek, dra ryp bessies en die vlermuise hou partytjie daar in die nag.  Dan beblerts hulle ons tent en karavaan, dit lyk of ons masels het.   Ons gaan koop 'n silwerseil om oor die tent te gooi, maar die tweede nag loop die karavaan nog erg deur.  Nee, so kan ons nie aangaan vir 30 nagte nie.  Ons sal moet trek.  Dis mos maklik, jy dra sommer net alles oor na die nuwe staanplek,  Totdat jy dit begin doen, nogal harde werk gewees die tweede opslanery.

Die mense langs die rivier kry nie vlermuise nie, die gras is bietjie beter en daar is nie bome nie.   En die uitsig is mooi verby!   Nouja, dan trek ons rivierwal toe.   Ons staan te heerlik, Colin gooi sommer vislyn vanaf die staanplek in die rivier.  Die wind waai met rukke vanaf die see, dan weer vanaf die rivier, tussen die berge deur.  Maar niks erg nie, ons is gelukkig daar.

Tot gister.  Die stormwind in die Kaap besluit toe hy wil 'n draai maak in Plettenbergbaai.  Om meer spesifiek te wees, by Forever Plett, waar Colin en Freda kamp.   Om 'n kersie op die koek te sit, breek daar 'n vuur uit by Knysna en Eskom se drade brand af.  Nou sit ons boonop sonder krag.

In al die jare wat ons kamp, het ons nog nooit so 'n wind beleef nie.   Dit tref die tent dat hy klap soos 'n geweerskoot.   Of hy bol op soos 'n  ballon wat enige oomblik in die lug gaan opstyg.  Dan slaat hy terug na binne en stamp meubels onderstebo.  Ons hang aan die pale vir al wat ons werd is en Colin bring nog versterkings aan.   Die weerberig op YR het gesê ons gaan Donderdag baie sterker winde kry en ons besef ons kan nie langer so aangaan nie.  Van die pale begin al buig.   Terwyl Colin tent oppas, begin ek pak.  Dra los goed na binne die karavaan, lig die bed, dra tafels en stoele in.   Ons soek hulp met die tent, maar die kantoor se fone is af oor die kragonderbreking.  Colin spring in sy bakkie en ry om hulp te gaan soek en Freda moet die rowwe, woeste tent oppas!   Hy kom terug met twee manne en hulle trek hierdie hele tent, met sye en al, net so van die karavaan af.  Bondel dit en nog los goed, binne in die bakkie.

Ek staan in die oop karavaandeur en 'n helse wind waai daai deur met 'n slag toe.  Tref my vol op die voorkop!   Ek bars sommer in trane uit, nie net omdat dit seer is nie, sommer net oor alles!

En daar sit ons toe.   Colin se bui is van so aard, ek vermoed hy gaan nou hak en terugry huistoe.   En dis koud en ons kan nie eers koffie maak nie.   OK, nou maar deur die kamp gaan ry en besluit waarheen nou.   Ons bure het intussen ook opgepak en soek ook ander blyplek.  Agter die ablusieblok, met ons rug na die rivier, kyk in bosse vas, omringende bome, maar darem nie onder bome nie, met min son, sal ons derde opslaanplek word.   Dit is verbasend hoeveel minder wind daar is.

Terug by die karavaan bring Colin vir ons 'n gasstofie in, sodat ons darem kan koffie maak.  Dit raak donker, ons het twee klein liggies wat darem help.  Brood en viennas is op die spyskaart vir aandete.   Nee wat, los die koffie, wat ons nou nodig het, is 'n dop.  Sonder ys.  Agtuur toe kom die ligte aan.  Dit was so mooi, ek kon amper 'n foto daarvan neem.

Deur die nag het die wind gewaai maar ons was warm en veilig in ons bed.   Ons gaan netnou trek na die ander staanplek.  Hopelik gaan die wind ons toelaat om vir die derde keer hierdie week, kamp op te slaan.   

Wat 'n gedoente!!!  laugh

Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Thu, 08/06/2017 - 07:40

Ai Tannie Freda

Wat n gedoente, ja kyk, as die wind uit daai berge in die rivier afkom, dan waai hy. Ons het laas jaar Aug so 5 staanplekke vanaf die slipway teen rivier gestaan, weg van die N2 se kant af, en mense, dit was die koudtse wat ons al gekry het in onse lewens.

Ons het besluit om daar te staan omdat dit paved sites is, teen die rivier, mooi uitsig en meer son, maar ooowee, dit was n moerse fout, vir daai tyd van die jaar!!!!

Ek hoop en vertrou dit sal jul laaste skuif in die 30 dae daar wees, agter die ablusie met jul rug na die rivier is basies die beste wat julle nou kan doen, maar daai heatertjie sal moet werk in die aande!

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 08/06/2017 - 08:03

Ai tog, Freda, wat 'n storie!!!!, dit maak mens sommer gaaatvol!!!, as dinge so gaan!!!

Ek kan hulp aanbied!!!, staanplek onder skadunet, VERNIET, min uitsig, maar feitlik windvry!! Af en toe GRATIS dop!!!! 

Dra maar ons "sterktes"oor aan Colin!!!, o, blikses, wonder wat Oom Jeep-hulle gaan maak!!! ASKIES!!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 08/06/2017 - 08:55

Die vuur het nou al Plettenbergbaai toe getrek.  Die rook kom tot hier in die oord oor die berge.  Die bestuur hier se ons is nie in gevaar nie, dit brand in die Robberg area,  maar ons raak half bekommerd nou.   Daar is brande in PE ook, so van hier tot daar kan dalk vure opvlam langs die pad.  So om Baai toe te ry kan dalk ook 'n fout wees.   Ons gaan maar eers hier langs die rivier bly staan want hier is nie bome nie, tot ons weet wat aangaan, voor ons oortrek na die ander staanplek.

Die vuur in Knysna is iets ysliks.   Mens hoop hul kry dit onder beheer voordat die hele dorp uitbrand.

Johan Viljoen het my vanoggend gebel (Oom Jeep).  Hulle is oppad maar gaan van Graaff Reinet deur Uitenhage ry en die George/Knysna pad vermy.  Ek het hom vertel wat die toestande hier is, maar hy sien kans daarvoor.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Thu, 08/06/2017 - 15:37

Aai tannie Freda, sterkte daar.

Ek voel nie so goed en het bietjie af gevat vandag, dalk more ook.

Bly hier in Pietersburg, vanogged so tien uur, nogal warm, nou baie anders, die wind waai en begin koud te raak. Die snaakste ding, ek kan voel hoe die koue oor my voete begin rol, soos n wasem, en ek dink ek ruik die koue, nooit gedink ek sal koue kan ruik nie.

LOL, miskien is dit al die meds wat die dokter my gegee het, maar weer anders hier. Is gewoond an die lekkerste winter weer gewoonlik in Pietersburg.

Sterkte daar.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 08/06/2017 - 16:16

There was a nut case who once had quite a lot to say about pegging techniques........................... Wonder who that was?

But yes... my innige medegevoelinise......I know the angst of having to move...

not nice.... really not nice....

On two different occasions I was un-serimoniously kicked off my spot by a fast rising dam level..... The second time in the wee houres of the morning....

You'd think I'd learnt the first time..... not no pitch close to the water....

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/06/2017 - 18:05

Freda, sterkte vir jul beproewinge nou,  dit is nie lekker nie, maar oor 'n jaar kyk jy terug en glimlag as jy die verhaal met mede kampers deel.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 08/06/2017 - 18:06

Warren, we have camped under many bad windy conditions in our lives already.  After all, we live in PE.wink  But yesterday's wind was something else!  Colin's pegging was actually fine, the pegs all remained put, some of the rubber rings broke.  Two of the poles in the roof started to bend, but fortunately did not break.  Our neighbour's poles actually broke.  Maar ons het weer geleer, moenie staan waar jou hart vir jou sê nie, staan waar jou verstand vir jou sê.

Wilsur en Geeswatwandel, dankie vir die goeie wense.  Hoop jy is gou gesond, Geeswatwandel, en moenie bekommerd wees nie, ek ruik ook al die koue!

Die brande was baie erg hier om Plettenbergbaai.  Ons het vandag by die Spur gaan eet en gesels met 'n jong paartjie wat laasnag hul huis moes verlaat oor die brand wat al hoe nader gekom het.  Hy het ons vertel van die vrees wat die mense laasnag deurgemaak het.  Die twee het trane in hul oë gekry toe hulle ons vertel.  In die bittere koue moes mense uit hul huise padgee en hul besittings net so los.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 08/06/2017 - 18:12

Johann, ek het netnou vir Colin dieselfde gesê.yes   Vriende en familie  bel ons om te hoor of ons OK is en dan sê hy vir hulle Forever Plett sien hom nie weer nie.  Ek sê vir hom, jy kan nie FP blameer vir die weer nie, die dinge gebeur.   Nou glo ek ons gaan lekker kamp hier vir die volgende drie weke.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 08/06/2017 - 21:28

Hel Freda, dis nou 'n ding !  Eers voëls en vlermuis mis, toe die windstorm en nou die rook van die brande......en dan die getrekkery ! Maar oor 'n paar dae dink julle terug en lag dan lekker oor die hele ou spulletjie.

Ek hou van jou vertelling toe die tent afgeslaan is en julle sonder krag in die karavaan sit en eers nadat julle 'n gasstofie in die karavaan inbring, kon julle 'n ou koffietjie maak.  Dit laat my nou onwillekeurig dink aan die ouens wat so behep is met buite-kombuise.  As die weer skielik so verander dat jy niks buite kan doen nie, dan kom daardie binne-kombuisie waarvoor ek en my beste so lief is, darem baie handig te pas.  Met ons stokou Exclusivetjie sit slegte weer ons glad nie af nie  -  die battery verskaf die nodige beligting en water in die krane en gas neem oor vir kook of koffiewater en hou sommer die yskas ook koud.

Ek glo julle gaan nou lekker verder kamp.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/06/2017 - 21:49

Om aan te sluit by Len,  as ons terug dink aan lekker kampe, dan kom die "moeilike" kampe as die lekkerste lag stories eerste by mens op.

Ons het so horkaan by Swadini beleef, baie lank terug,  drie dae sonder krag, geskeurde tent, gebreekte pale,  maar steeds bly dit een van ons aangenaamste herhinnetinge.

Ons glo en vertrou dat julle ook hierdie kamp as 'n lekker vertel storie gaan herroep.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 09/06/2017 - 07:52

Ons Raven is ongelukkig nie van binne ingerig vir sulke nood situasies nie.  Ons kan nie binne kos maak nie, wel die ketel aansit vir koffie natuurlik.  Maar as die krag af is, is alles af.  Ons het ook nie 'n buite kombuis aan die karavaan nie.  Ons tent is ingerig soos 'n   "Open plan kitchen/lounge/TV room/dining room".laughlaugh     O, en sommer 'n Bar room ook!

Ja, ons is vol moed vanoggend.  Dit is 'n mooi windstil dag.  Ons gaan die tent vir die derde keer opslaan, hoop dit is darem die laaste keer.smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 09/06/2017 - 08:32

Freda eish sterkte ja dis n gedoente maar alles sal wel uit werk lekke trek lekke penne inslaan en drink n warm koffie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus