Nou waaroor die groot bohaai ? Ek teken vanoggend aan en merk toe gesprekke oor my afwesigheid op. Ek sien ook my goeie vriend, Chris, gaan my moontlik skakel en dalk 'n draai by my kom gooi. Natuurlik is hy baie welkom as hy wel sy draaie gegooi kan kry, want ek het nog nie van hom gehoor nie.
Ek is kwaad vir niks en vir niemand nie. 'n Week of wat gelede is my lus geblus om op die forum te gesels en ek het bloot 'n tree teruggegee om asem te skep totdat ek weer lus het om weer te gesels.
Nouja, daardie geselslus het vanoggend aangebreek.
Nou ja toe......
Nes ek gedink het - Len is groter as die moontlike redes waaroor daar bespiegel is. Maar toegegee, mense kan mekaar baie maklik mis verstaan op sosiale media.
Lenna, jy is my hero! …
Lenna, jy is my hero! Sjoe man, ek is nou so verlig, ek gaan sommer 'n dop skink so vroeg in die oggend. En hom lig op Len, Seeg en Spek. Julle het my skoon op hol gehad!
Moenie dit weer aan my doen nie, my senuwees kan dit nie hou nie.
Daarsy, die oulike forum is weer op dreef.![]()
![]()
![]()
jy is my hero! Laat my…
jy is my hero!
Laat my dink aan daai liedjie :
" I can be your hero baby ....
I can kiss away your pain" ![]()
Voories, moenie vir my en…
Voories, moenie vir my en Len gedagtes gee nie!!![]()
O ja, ek wil nog vir Spek ook sê. Kondig asb in die toekoms faaaaaiiiiits op die regte manier aan. Soos ons gewoond is.
He-he, jy het nog nie jou vermoë verloor om dramas te veroorsaak nie, my maat. Wat sal ons ooit sonder jou doen?
Len ons raak mos bekomerd…
Len ons raak mos bekomerd oor ons vriende hier?
Maar ek is bly jy is weer "lus"
Lus of te nie
Len, ek is BAIE bly jy sukkel nie met 4de tenk nie!!!!
Len - ongelukkig kon ek nie…
Len - ongelukkig kon ek nie al my draaie betyds maak nie. Ek het maar net voor 7 vanaand by die huis gekom. Maar nou ja, ek was ge-"worried" omdat jy so skielik "weggeraak" het. Maar ek is nou baie bly dat jy wel weer terug is tussen ons. Kom ons hoop ek kan by 'n volgende geleentheid wel by jou inklok vir 'n koffietjie. Ek het vandag knap by jou verby gery toe ek van Marion Holm se huis (in Uitzicht) na Brackenfell nywerheidsgebied gery het.
Ek is verlig om te sien dat een van die mees sinvolle bydraers tot verskillende forums, wat ek reeds met jou kon deel, nog deel van ons is.





Nouja, daardie geselslus het…
Dit is goeie nuus!
Die bohaai? - die mense hier raak geweldig ongelukkig as hulle geliefde vriende te lank afwesig is.
Gee vir Chris 'n groot druk van my af as jy hom raakloop