6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Weetie Forum Herstel en terugvoering neef Herman -11 minutes ago
Antwoord op jou vraag Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -20 minutes ago
Ek het 'n vragie....  Sal… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -13 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -14 hours ago

Nou waaroor die groot bohaai

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Nou waaroor die groot bohaai ?  Ek teken vanoggend aan en merk toe gesprekke oor my afwesigheid op.  Ek sien ook my goeie vriend, Chris, gaan my moontlik skakel en dalk 'n draai by my kom gooi.  Natuurlik is hy baie welkom as hy wel sy draaie gegooi kan kry, want ek het nog nie van hom gehoor nie.

Ek is kwaad vir niks en vir niemand nie.  'n Week of wat gelede is my lus geblus om op die forum te gesels en ek het bloot 'n tree teruggegee om asem te skep totdat ek weer lus het om weer te gesels.

Nouja, daardie geselslus het vanoggend aangebreek.

Centurion

Voortrekker

Mon, 17/09/2018 - 11:23

Nouja, daardie geselslus het vanoggend aangebreek.

Dit is goeie nuus!   smiley

Die bohaai? -    die mense hier raak geweldig ongelukkig as hulle geliefde vriende te lank afwesig is.

Gee vir Chris 'n groot druk van my af as jy hom raakloop wink

0

Nes ek gedink het - Len is groter as die moontlike redes waaroor daar bespiegel is. Maar toegegee, mense kan mekaar baie maklik mis verstaan op sosiale media.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/09/2018 - 11:50

Lenna, jy is my hero!    Sjoe man, ek is nou so verlig, ek gaan sommer 'n dop skink so vroeg in die oggend.   En hom lig op Len, Seeg en Spek.   Julle het my skoon op hol gehad!blush     Moenie dit weer aan my doen nie, my senuwees kan dit nie hou nie.

Daarsy, die oulike forum is weer op dreef.yessmileyheart

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/09/2018 - 12:14

Voories, moenie vir my en Len gedagtes gee nie!!laugh

O ja, ek wil nog vir Spek ook sê.  Kondig asb in die toekoms faaaaaiiiiits op die regte manier aan.  Soos ons gewoond is.laugh  He-he, jy het nog nie jou vermoë verloor om dramas te veroorsaak nie, my maat.   Wat sal ons ooit sonder jou doen?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/09/2018 - 21:20

Len - ongelukkig kon ek nie al my draaie betyds maak nie. Ek het maar net voor 7 vanaand by die huis gekom. Maar nou ja, ek was ge-"worried" omdat jy so skielik "weggeraak" het. Maar ek is nou baie bly dat jy wel weer terug is tussen ons. Kom ons hoop ek kan by 'n volgende geleentheid wel by jou inklok vir 'n koffietjie. Ek het vandag knap by jou verby gery toe ek van Marion Holm se huis (in Uitzicht) na Brackenfell nywerheidsgebied gery het.

Ek is verlig om te sien dat een van die mees sinvolle bydraers tot verskillende forums, wat ek reeds met jou kon deel, nog deel van ons is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/09/2018 - 14:42

Hi Chris, geen probleem nie dan maak ons dit 'n volgende keer.  En as dit nie uitwerk nie, sien ek jou in Mei in die Wildtuin !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus