My kragbox van Penta gee probleme vanaf Vrydag enige lede van Hartenbos wat my kan verwys na n persoon wat my sal kan help hier plaaslik
Len Dankie…
Len
Dankie hulle was hier om na my box te kyk daar is niemand hier wat dit kan herstel nie
Ek sal maar so aan sukkel tot eiende november dan sal ons terug wees in Port Elizebeth
Ons kamp November by Strandskloofpark sal daar ook maar hoor dalk is daar iemand wat aan die box kan werk
Ek is...
Ek is teleurgesteld - ek het my Exclusive by Tuinroete Woonwaens gekoop en het daarna nog altyd baie goeie diens gekry. Ek is seker as hulle wou help, kon hulle 'n plan gemaak het deur byvoorbeeld uit een van die talle gebruikte waens 'n eenheid "geleen" het totdat joune herstel kon word.
Ek stel ook belang in wat Willem hierbo vra.
Willem Die krag…
Willem
Die krag het vrydag aand net af gegaan en ons kry hom net nie weer dat hy werk nie,kan net noem my ligte en mover is nog vanaf battery krag
So die kragkas is nog die wat ingeboude laaier het
Len Die persoon wat…
Len
Die persoon wat vandag hier was gaan more iemand bring wat gaan probeer om my te help
Volgens hom kry jy nie meer die tipe nie en nie enige persoon werk aan hulle nie ,daar is glo n man in Jefferysbaai
Dit klink of die…
Dit klink of die batterylaaier in die kragboks foutief is. Stroombrekers is maklik vervangbaar indien foutief is. Indien batterylaaier foutief is, Neels moet batterylaaier diskonnekteer en ander batterlaaier koop en langs kragboks installeer. Batterylaaier koppel met 4 drade: 2 drade vir life en neutral en ander 2 drade vir + en - van die battery
Noem net nie deel van my…
Noem net nie deel van my probleem Saterdag aand het langs my n groot tak uit n boom op my buurman hier se karavaan geval R18000 se skade
Neels, om jou uit die…
Neels, om jou uit die verknorsing help. Gaan na groot elektriese handelaars toe en koop Lavato batterylaaier of enige tipe triggle charge laaier.
Ek werk my krag direk vanaf…
Ek werk my krag direk vanaf die kragpunt van karavaanpark op die stadium ,so die kragkas nou buite werking
my vraag is omdat my ligte nog vanaf my kragkas werk terwyl daar nog krag in my battery is as ek n laaier direk op my battery sit sal dit enige probleem wees
Ek glo nie Neels, ontkoppel…
Ek glo nie Neels, ontkoppel net die krag kas van die battery.
Willem/Neels
Neels, kan jy vir ons 'n foto neem van jou kragboks asb ?
Probeer gerus 'n ander karavaan se kragkabel tussen die oord en jou karavaan toets. (Baie ouens hou 'n kortetjie en 'n lange in hul wa. Iemand kon dalk oor jou kragkabel "getrip" het en sodoende 'n draad losgeruk het, veral omdat die onderbreking in die aand plaasgevind het).
Willem, as Neels die kragboks ontkoppel van die battery, dan gaan hy nie ligte hê nie. Ek stem egter saam, as 'n mens net tydelik die battery wil laai met 'n ander laaier, doen dit in die dag en ontkoppel dan die kabels op die battery.
Len ja, wat ek bedoel is om…
Len ja, wat ek bedoel is om die ingeboude laaier van die battery te ontkoppel.
Die Classique het ook so probleem gehad en 'n ou in Pta. Noord het dit vir my herstel.
Ek het op die Exclusive die probleem gehad dat die sekerings nie mooi kontak gemaak het nie en het toe 'n "Big pen" se veertjie so 5mm geknip en dit dan saam met die sekering in gedraai wat die probleem op gelos het na ek die pompie so verloor het weens swak kontak.
Len Ek het drie van…
Len
Ek het drie van die kabels en nie een werk nie ,kan net noem dat daar n brandreuk by die kas is
Len ek nie so goed met die laai van fotos nie as ek n sel nr het kan ek een stuur
Willem
moet ek beide kabels ontkoppel as ek die battery laai ,is een genoeg
Neels, so lyk die Lavato…
Neels, so lyk die Lavato batterylaaier. Kry dit 12V of 24V. Ek het dieselfde 12V laaier vir my Fleetline installer. Ek het dit by krag DB op die vloer gesit.
Neels het jy toe reggekom…
Neels het jy toe reggekom met jou kragboks?
Blykbaar was die tripswitch…
Blykbaar was die tripswitch die probleem en skade binne box veroorsaak het





Neels,,,,,
Neels, Tuinroete Woonwaens (tussen Hartenbos en Mosselbaai) behoort jou te kan help of na iemand verwys wat hierdie tipe herstelwerk doen. Hulle telefoonnommer is (044) 695-2602.