Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -25 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

kragbox gee probleem

Uitenhage
Submitted by neelsec on
Forums

My kragbox van Penta gee probleme vanaf Vrydag enige lede van Hartenbos wat my kan verwys na n persoon wat my sal kan help hier plaaslik

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/09/2018 - 16:10

Neels, Tuinroete Woonwaens (tussen Hartenbos en Mosselbaai) behoort jou te kan help of na iemand verwys wat hierdie tipe herstelwerk doen. Hulle telefoonnommer is (044) 695-2602.

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 13:37

Len 

           Dankie hulle was hier om na my box te kyk daar is niemand hier wat dit kan herstel nie 

Ek sal maar so aan sukkel tot eiende november dan sal ons terug wees in Port Elizebeth

  Ons kamp November by Strandskloofpark sal daar ook maar hoor dalk is daar iemand wat aan die box kan werk

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 18/09/2018 - 14:22

Ek is teleurgesteld  -  ek het my Exclusive by Tuinroete Woonwaens gekoop en het daarna nog altyd baie goeie diens gekry.  Ek is seker as hulle wou help, kon hulle 'n plan gemaak het deur byvoorbeeld uit een van die talle gebruikte waens 'n eenheid "geleen" het totdat joune herstel kon word.

Ek stel ook belang in wat Willem hierbo vra.

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 14:29

Willem

            Die krag het vrydag aand net af gegaan en ons kry hom net nie weer dat hy werk nie,kan net noem my ligte en mover is nog vanaf battery krag

So die kragkas is nog die wat ingeboude laaier het

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 14:36

Len

      Die persoon wat vandag hier was gaan more iemand bring wat gaan probeer om my te help

Volgens hom kry jy nie meer die tipe nie en nie enige persoon werk aan hulle nie ,daar is glo n man in Jefferysbaai 

 

0
Middelburg

Noel

Tue, 18/09/2018 - 14:37

Dit klink of die batterylaaier in die kragboks foutief is. Stroombrekers is maklik vervangbaar indien foutief is. Indien batterylaaier foutief is, Neels moet batterylaaier diskonnekteer en ander batterlaaier koop en langs kragboks installeer. Batterylaaier koppel met 4 drade: 2 drade vir life en neutral en ander 2 drade vir + en - van die battery

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 14:46

Noem net nie deel van my probleem Saterdag aand het langs my n groot tak uit n boom op my buurman hier se karavaan geval R18000 se skade

0
Middelburg

Noel

Tue, 18/09/2018 - 14:47

Neels, om jou uit die verknorsing help. Gaan na groot elektriese handelaars toe en koop Lavato batterylaaier of enige tipe triggle charge laaier. 

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 18:09

Ek werk my krag direk vanaf die kragpunt van karavaanpark op die stadium ,so die kragkas nou buite werking

my vraag is omdat my ligte nog vanaf my kragkas werk terwyl daar nog krag in my battery is as ek n laaier direk op my battery sit sal dit enige probleem wees 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 18/09/2018 - 18:54

Neels, kan jy vir ons 'n foto neem van jou kragboks asb ?

Probeer gerus 'n ander karavaan se kragkabel tussen die oord en jou karavaan toets. (Baie ouens hou 'n kortetjie en 'n lange in hul wa. Iemand kon dalk oor jou kragkabel "getrip" het en sodoende 'n draad losgeruk het, veral omdat die onderbreking in die aand plaasgevind het).

Willem, as Neels die kragboks ontkoppel van die battery, dan gaan hy nie ligte hê nie.  Ek stem egter saam, as 'n mens net tydelik die battery wil laai met 'n ander laaier, doen dit in die dag en ontkoppel dan die kabels op die battery.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 18/09/2018 - 19:01

Len ja, wat ek bedoel is om die ingeboude laaier van die battery te ontkoppel.

Die Classique het ook so probleem gehad en 'n ou in Pta. Noord het dit vir my herstel.

Ek het op die Exclusive die probleem gehad dat die sekerings nie mooi kontak gemaak het nie en het toe 'n "Big pen" se veertjie so 5mm geknip en dit dan saam met die sekering in gedraai wat die probleem op gelos het na ek die pompie so verloor het weens swak kontak.

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 18/09/2018 - 19:49

Len

      Ek het drie van die kabels en nie een werk nie ,kan net noem dat daar n brandreuk by die kas is 

Len ek nie so goed met die laai van fotos nie as ek n sel nr het kan ek een stuur

Willem

             moet ek beide kabels ontkoppel as ek die battery laai ,is een genoeg

0
Middelburg

Noel

Tue, 18/09/2018 - 22:17

Neels, so lyk die Lavato batterylaaier. Kry dit 12V of 24V. Ek het dieselfde 12V laaier vir my Fleetline installer. Ek het dit by krag DB op die vloer gesit.

0
Uitenhage

neelsec

Sat, 29/09/2018 - 07:59

môre hier uit n warm Hartenbos.Die kragbox het ek saam met seun Port Elizabeth toe gestuur,herstel en R890.00 gekos vir herstelwerk,

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus