Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -57 minutes ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil stem lokaal November 2026 Geert -2 hours ago

Hernuwing van lisensie

Witbank
Submitted by johandup on
Forums

Ek sien dat uitstaande boetes nagegaan word wanneer jy bg doen.

Is dit wettig want jy kan nie jou lisensie hernu voor alle boetes ens betaal is nie?

Is dit net nog ‘n Aarto slap riem?

Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Wed, 26/09/2018 - 11:26

Dis al 'n paar jaar wat dit gedoen word sover ek weet en as ek reg onthou is die wet verander om dit te wettig.

Ek het nog nooit self uitstaande boetes gehad om dit oor te kom nie. (net in 'n padblokade amper toe gesluit vir 1 baie jare terug )smiley

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 26/09/2018 - 13:39

Nou hoekom sal dit nie wettig wees nie? Mens weet mos as jy oortree dan moet jy jou boete betaal??

Nee wat is reg dat hulle maar die manne vasvat.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 26/09/2018 - 13:45

Lees net op jou hernuwings kennis gewing, ek het wel lank laas gekyk, maar daar op het gestaan dat jou lisensie skyfie nie terug gehou mag word nie, tensy daar 'n uitstaande lesensie / registrasie fooie is?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 26/09/2018 - 15:37

Nee wat is reg dat hulle maar die manne vasvat.

Oom arie ek het al hier boetes deur die pos gekry wat my regestrasie nr, wys maar nie my voertuig is nie.  So ook het ek al E- tollie goed gekry wat ook nie my voertuig is nie maar wel my regestrasie nr....

Die persoon wat die lesensie uitreik by poskantoor of waar ookal het nie die nodige toestemming om hierdie probleem te kan oplos nie.  Om die goed deur die regte kanaal reggemaak te kry kan maande vat. dus as jy nie n lesensie kan kry nie oor iets wat nie jou skuld is nie gaan jy daardie voertuig maar moet parkeer op blokke of jy gaan sonder n lesensie moet ry wat verdere probleem gaan maak.

 

Dit gaan nie regtig so goed in die staatsdiens departemente as  wat baie mense glo nie... 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/09/2018 - 16:12

Ek het nog weinig spoedboetes ontvang omdat ek myself beskou as 'n wetsgehoorsame padgebruiker. As ek vinniger as 110 kph ry, dan jaag ek, gemeet in my standaarde. Maar waar ek al wel oortree het, was in stadiger spoedsones waar ek nie opgelet het dat die spoedbeperking afgebring word nie, of dalk ingedagte was.

As ek langs die pad afgetrek word vir spoed, en op die plek 'n "fine" kry, betaal ek met graagte die boete omdat ek die geleentheid gegee is om my kant van die saak te stel en dalk sommige vrae te vra t.o.v. verskeie tegniese aspekte.

Maar as ek 'n boete deur die pos kry, kan hulle gaan slaap totdat ek dit per geregistreerde pos kry of die dagvaardiging persoonlik aan my beteken word. Spoedboetes is 'n geldmaakfoefie. Dalk verander ek my standpunt wanneer Aarto ook by ons ingestel word, maar intussen beland sodanige boetes in "File 13".

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 26/09/2018 - 16:16

Deon ek stem saam.  Ek is ook 'n baie oneerbaarlike persoon as dit kom by boetes betaal en vergeet gewoonlik daarvan. Ek was nog nooit' n voertuig of bestuirders liksensie weerhou a. g. v onbetaalde boetes of e-tollie gelde nie. 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 26/09/2018 - 16:31

Ek dink dit hang af van munisipaliteite.

Hier rond gaan jy NIE jou lisensieskyfie kry as daar ENIGE uitstaande goed is nie. Nou kan jy seker hof toe gaan?, of watter stelsel jy ook al wil probeer.

Tot wanneer gaan jy sukkel? Hoeveel boetes gaan jy kry omdat jy nie geldige skyfie ophet nie.

Wie het werklik tyd om deur al hierdie drama te gaan?

WIE in hierdie land gaan ENIGE munisispaliteit kan aanvat, teen WAT SE kostes?

Nee, wat, ek betaal waar ek gefouteer het, en stap aan met my lewe, sonder om dikbek te wees oor sulke goed. Beslis nie gemaak vir soveel drama nie. Slapgat? Seker maar. Bangat? Seker maar.

Elke u hanteer maar die goed soos wat hy sy lewe voer. Ek betaal e-tol het skyfie in kar, gebruik die Gauteng paaie net wanneer ons Pta toe gaan vir dokters. Ry LEKKER af KZN toe, met geld op skyfie gelaai, en stop by GEEN lang rye b tolhekke nie, soek die geel teken en gaat deur!!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 26/09/2018 - 16:35

Gerhard, ek weet daar is stede wat dit wel, in my opinie, onwettig weerhou.

Hulle mag nie jou rybewys, of jou motor lisensie terug hou as gevolg van uitstaande spoed boetes of e-tol geld nie. Ek staan onder korreksie?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 26/09/2018 - 16:48

Frans, ek is ook maar "bang gat" en het al baie boetes betaal, na ek natuurlik eers vir vermindering aan gevra het. Ek het die spoed oorskry, ek moet dit betaal.

0
Witbank

johandup

Wed, 26/09/2018 - 19:30

Kry vandag tot my verbasing my 2018 IRP5.

Die posstempel in my eie dorp is 17 Julie 2018.

So hulle is 10 weke agter in een dorp met aflewerings.

Moet nie jou asem ophou vir spoedboete aflewerings.

Die gunsteling is om jou 'n sms te stuur met 'n dreigement dat jy op 'n internet adres moet inteken en registreer. En net daar kry jy 'n waarkuwing dat jy geen regte meer het nie en net moet betaal. So dis 'n paadjie wat niemand moet stap nie - hoe kan hulle net aanvaar almal het internet in die land?

Witbank is absoluut korrup met hulle nuwe geldmaakstelsel van spoedkameras. Mense moet betaal om die fotos te kry, wat so swak gedruk is dat jy die motor se detail nie kan uitmaak nie.

Ek betaal wel die boetes waarvoor ek teken. Maar met die laaste ene het 'n polisie beampte my gebel en probeer vertel dat hy die boete kan laat "verdwyn".

Toe hy hoor ek het die kwitansie wou hy hê ek moet dit kom wys. Het hom vertel ek is nie sy posbode nie. Gesprek was afgehandel.

Ek het besluit om my lisensie 6 maande voor die vervaldatum te hernu. Dit behoort my genoeg tyd te gee om die "boetes" te hanteer.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 27/09/2018 - 07:20

Hier in Secunda johandup gaan dit net so ons liksensie kantoor rapporteer aan Nelspruit en nie Secunda nie  Outa is besig met ondersoek hier by ons  , ons vuilgoed was vir 4 weke nie verwyder nie ons moes self plan maak maar vir die diens betaal jy liksensie kantoor hier by ons een woord PATETIES

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus