Ek raak regtig baie bekomerd oor ons mense se toekoms, die absolute haat en woede wat ek op FB sien oor die onbenuligste ou dingetjies?
Die mense vat vlam, dit vloek onder vrouens se klere in, selfs vrouens vloek so, die absolute rasse haat van beide kleure af, en dan die ding dat almal anders moet geblameer word, ons is self NOOIT verkeerd nie.
Mense dit moet tog erg wees om met soveel haat en woede heeldag saam te leef?? Daar is nie 'n enkele ding wat reg is nie. Alles word gesien as 'n duistere sameswering om jou in te doen, alles is 'n inside jop, niemand word meer geglo nie??
En dan vir elke ou dingetjie moet 'n plek geboikot word, magties, ek mag nie Sasol ingooi nie, mag nie by Spur eet nie en nou is dit Dros se beurt.
Almal soek nou die fout by Dros en die meisietjie wat verkrag was se ouers die skuld.
En hier dog die stupid Kaaskop dit was die verkragter se skuld, nee blykbaar het Dros die ding verkeerd [!?] hanteer, die ouers [asof hulle nie al genoeg self verwyt en smart het nie] het skynbaar nie goed genoeg na die dogter gekyk nie!!!
Daar word nou gevra dat ons Dros moet boikot, really, what next!? Snaaks ek sien omtrent geen boodskap waar die ouers en dogter opgedra word in gebede nie, niemand wat simpatiseer met hulle nie, nee dit is 'n gevloek en geskel en oproepe tot boikot?? Snaaks ook dat ek nie enkele post kon kry waar die verkragter veroordeel word nie, kan nie help om te wonder as hy swart was, wat sou die reaksie dan gewees het?
Dit is genoeg om enige mens in depresie te sit.
Oom Arie. dit gaan baie…
Oom Arie. dit gaan baie dieper as net dit. Ek dink dat die blanke bevolking bang is vir dit wat (MOONTLIK) hulle toekoms is. Baie swart mense reken dat dit nou hulle beurt is on die septer te swaai en die dinge te kan besit wat die blankes al die jare gehad het.
Kinders word groot met geweld om hulle heen elke dag. Selfs die tv programme is van geweld deur spek. Die speletjies wat op die rekenaars gespeel word is net so vol geweld.
Die voorbeeld wat deur die ouers gestel word speel ook n baie groot rol in hoe kinders optree. Geweld het nou al soveel n probleem by skole geword dat daar drasties na onderwysers se veiligheid omgesien sal moet word. Die geweld eindig ook nie daar nie die groot kanonne in die regering blaas dit aan want hulle kan finansieel daarby baat
Dros... waarom daar nou teen hulle n aksie is kan ek nie verstaan nie.... dit is nie eers een van hulle werknemers wat die daad gepleeg het nie. Ek weet nie of mense nou wil hê dat Dros die skuld moet vat nie. Ongelukkig is dit so dat baie ouers dink as hulle gaan uiteet dit die kelner se werk is om na hulle kinders te kyk..
Maar my groot ding is..... sogelank ons as Suid Afrikaners van hulle en julle praat sal daar nooit eenheid in hierdie land wees nie. Die politikuste is die grootste sondebokke hier. Daar word lankal nie meer aan politiek deelgeneem om die mense te dien nie maar eerder net vir eiegewin
Wat die vloek aanbetref..... "Vloek is die kruk van die met gesprek gestremdheid"....
( Ja ek vloek ook soms)
Deon, baie groot waarheid,…
Deon, baie groot waarheid, daai "Ons en Julle of Hulle"
Ja ek glo ons almal vloek soms, maar om dit so op swart en wit te sit is n bietjie erg?
Stem saam met al jou ander opinies, maar dit maak my hartseer?
Ek kon nie glo toe ek die…
Ek kon nie glo toe ek die mannetjie se gesig vandag sien nie. Hy lyk welopgevoed, onskuldig, 'n goeie seun. Wat sou hom besiel het? Die feit dat die meisietjie bebloed was, wys net hoe wreed hy teenoor haar was. Nee, ek blameer nie Dros nie. Ek weet nie of dit waar is nie, maar een van die ander eters daar het blykbaar agtergekom die man hou die kind dop en volg haar na die toilette? Hoekom het hy/sy nie iets gedoen nie, dalk die "child minder" by die speletjies plek gewaarsku, sy was blykbaar bewus daarvan dat die dogtertjie toilet toe gegaan het. Toe die ouers nie die kind sien nie, het hulle dadelik haar begin soek. Ek voel so jammer vir die kind.
Op 'n ligter noot, Spur is seker verlig dat hul vir 'n verandering nie in die spervuur is nie.
En daar boikot ek nog steeds…
En daar boikot ek nog steeds die SPUR ![]()
Ek vra niemand anders om dit te doen nie, praat ander ook nie om nie.
As julle dit nie like nie, is dit maar n probleem wat julle self moet uitwerk. As jy nie saam stem nie is dit goed en ek respekteer dit. Moet nie my siening probeer verander nie, want ek gaan ook nie joune probeer verander nie.
Elkeen maak soos hy/sy goed dink, reg of verkeerd.
En daar se ons
En daar se minister Ram vir VN daar is geen plaas moorde nie wat sal jy nou meer se
As n persoon eenmaal lieg,…
As n persoon eenmaal lieg, kan jy dan enige iets glo wat hy in die toekoms sê ![]()
Ek het n staflid wat vir my gesê het hy het die kantoor se posbus gereeld gaan leegmaak en het weer gaan oopsluit twee weke,terug en daar was geen pos nie.
Ek kon hom nie glo nie want ek verwag pos. het toe self gaan kyk. Posbus was van binne gesluit en ek kon hom nie oopkry nie. Is toe binne in poskantoor in. Hulle sê toe vir my hy is al ses maande terug gesluit omdat ons hom nie betaal het nie. Herinerings strokie is binne.
Het ses maande se pos uitgehaal.
Staflid bly nogsteeds sê hy het hom leeg gemaak. As jy lieg lieg jy.
As hy enige iets nou vir my sê, dan sê ek die woord POSBUS.
Party mense ken hie die…
Party mense ken hie die verskil nie, en sal binne sekondes twee weergawes van een feit weergee, hang af met wie hy praat?
Dalk wil ek dit net onder…
Dalk wil ek dit net onder oom RAM se aandag bring..... Oom Jan het nog nooit in die Kaap geland nie. Daar was nooit n oorlog in Suid Afrika nie .............
'n Mens kan....
Anton, 'n mens kan sien jy is nog nat agter die ore. In die huis waar ek groot geword het (dis nou jarre gelede) het die tuinbooi (Engels garden boy) ons tuin help versorg en die vuilgoed-booi het ons vullisdrom leeggemaak. Die melk-booi het by ons huis melk afgelewer.
En hier dog ek, "booi" is…
En hier dog ek, "booi" is Engels vir seun![]()
Dankie Len. En hier sit ek…
Dankie Len. En hier sit ek in my onkunde en glo nog al die jare dat "booi" 'n woord is wat gebruik was deur die generasie wat my voorgaan om te verwys na 'n swart man. Nou weet ek dit word gebruik om te verwys na 'n melk man, 'n man wat 'n vol vuilgoed sak van 'n asblik verwyder en 'n man wat in die tuin werk. ![]()
Of dalk die "Riksha Booi"…
Of dalk die "Riksha Booi" van Durban?
Julle mag nie meer daai…
Julle mag nie meer daai benaming gebruik nie! Pasop vir die skoolhoof!! Hoeveel keer moet ek julle waarsku? ![]()
Ekskuus...
Ekskuus, ek het nie geweet "booi" word met 'n "k" gespel nie.
Dan moet miesies (Mrs.) seker ook verbode wees.
Die mense by die werk weier…
Die mense by die werk weier om my meer BAAS te noem.
Nou word ek OUBAAS genoem.
Ons kleuring en indier noem my Harry
Een sê tot "chief" vir my.
Chief? Gewoonlik as 'n…
Chief? Gewoonlik as 'n Indier my chief noem dan is hy besig om planne te maak om my in te doen ![]()
En die goeie raad is....
Behandel mense soos wat jy graag behandel wil word.
Goeie maniere kos niks nie.
:-)
Johandup ek hou baie van jou…
Johandup ek hou baie van jou siening dat jy mense moet behander soos jy behandel wil word.
Met die inflasie koers en die rand se verswaking gaan maniere binne kort baie duur word ![]()





Mmmmm....
Ja Arie, tragies nê ?
Boikotte : ek glo my standpunt hieroor is bekend genoeg. (Dis 'n "booi" ding wat party van ons aangeleer het !)
Haat & woede : Ek vermoed dit is die resultaat van die gesiglose sosiale media wat haat en woede aanstig, en dit is besonders aansteeklik want hoe erger die een vloek en skel hoe meer vloek en skel die ander een. Ek is oortuig daarvan in 'n gewone geselskap sal hierdie persone nooit sulke taal besig nie.
Maar nouja, meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.