Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Skool Reunie's

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek wonder nou al 'n geruime tyd wat geword het van my matriek jaarmaats en die vrinne saam met wie ek 'n 5 jaar pad gestap het.  Std 6 to 10 is seker nogal 'n belangrike tyd in 'n jong mens se lewe met die oorgang van snotkop tot volwassene?

So wonder ek die afgelope klompie jare al of daar al enige poging was om 'n reunie te hou vir my class of '92 frown  -  want ek was nog nooit gekontak of enigiets nie, en wie se taak is dit nou eintlik om so iets te reël?   Is dit die skool of die hoofseun of wie?

So lyk dit vir my of daar nog geen poging aangewend was om ons groepie weer bymekaar te bring nie -  dit is nou die Klas van 1992 van HTS Bellville.

EK was gelukkig om so 'n rukkie gelede te kon kontak maak met my Tegniese Tekene onnie.  Kan julle dit glo, hy gee nogsteeds skool  by HTSB en gaan einde hierdie jaar aftree.   Ek het so bietjie met hom gesels, hom mnr genoem en toe gereël dat hy vir my die klas lyste vir die matrieks van 1992 uit die argiewe gaan haal, scan en aanstuur.   Ek het dit gister gekry en toe het die werk begin.

Te dankie aan Facebook kon ek darem vordering maak en het ek toe 'n groep gestig met bietjie HTS '92 grafieka en het die 2 klas vrinne wat ek gehad het bygevoeg.  Met die lys het ek toe deur 130 name gewerk (6 klasse - van 4 Afrikaans en 2 Engels) en het begin mense soek.  Dit het my amper die hele dag geneem.  

EK kon nie glo hoeveel van die name het ek vergeet nie, en om hulle weer te kon noem was nogal 'n ongelooflike ondervinding.  EK moes seker vandag 100 persoonlike boodskappe uitgestuur het op FB na mense wat ek dink mag dalk die wees wat op die lyste is.

Wel, die vrugte sover van my werk lyk heel goed?    Ons groep staan vannand alreeds op 30 en die mense klets en grap al klaar lekker saam oor die goeie ou dae!  Die skool lied is al gesing en verlange na rottang pakslae uitgespreek. smiley   Ons het 'n klompie klas foto's op sovel as ander foto's van onnies en dinge uit die verlede en almal is baie opgewonde om weer van mekaar te hoor en as groep saam te kom, al is dit op sosiale media.

So ja, toe was dit op die einde niemand se verandwoordelikheid om die wiel aan die rol te sit, behalwe my eie nie!   Hopelik sal ons nou die groep lekker kan groei en met ons 30 jr uit hoërskool (oor 4 jaar) 'n lekker reunie te kan hou!

Wie van julle het sulke groepe of nog kontak / reunie's met skoolmaats?

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 11/10/2018 - 02:16

Ons het so 14 jaar gelede so n tipe van n groeps reunie by my laerskool gehad. Almal wat die skool bygewoon het kon daar bymekaar kom. Het maar net 1 of 2 bekendes daar raak geloop. Het ook jou naam en die jare wat jy daar was op n houttafel neer geskryf.

Die skoolhoof van daardie tyd was daar en hy was toe al 91 jaar oud. Sy geheu was nog verbasend goed gewees daai dag. Toe my broer hom weer aan hon voorstel draai hy na sy vrou en vertel vir haar staaltjies wat daai tyd gebeur het.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 11/10/2018 - 03:44

Toevallig gaan ons weer hierdie naweek  12 - 14/10/2018 ons saamkuier hê. Ons gaan hierdie jaar naby Dundee kamp, braai, drink, gesels , lag, lag en lag.

Die afgelope 4 jaar het ons elke jaar n amptilike saam kuier en dan so deur die jaar sommer sukle spontane oor en weer kuier en braai.  

Dit is nie n reunie nie, Dit is net so n paar van ons wat saam begin skool gaan het en nog steeds vriende is vanaf 1968. Hierdie jaar is die 50 jaar. 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 11/10/2018 - 07:58

Ek was ook nog nooit by 'n reunie of na een genooi nie.  Die Uncle se skool hou elke jaar 'n funksie vir oudleerlinge, nie vir 'n spesifieke klas nie.  Dit word nogal goed bygewoon.

Voorspoed met jou reëlings, Voories.   Dit is nie maklik om 'n groep mense, wat nou oor die hele land versprei is, bymekaar te kry nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 11/10/2018 - 14:41

Ek wonder hoeveel van my vriende leef nog, ek weet van ten minste agt wat nie meer met ons is nie.

Sterkte met die reelings Anton yes

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 11/10/2018 - 19:17

hoe gaan dit met jou ou flame (s)?

Dit was daai jare 'n meerderheid seunskool.  Die 2 girls wat daar was het moterwerktuigkunde geswot frown

Sterkte met die reelings Anton

 Nee Johan, ek gaan nie daai doen nie.  Het nou my deel gedoen en die groep bymekaar gebring, ek dink iemand anders moet die party reël.

Ons staan na vandag op 48 lede - ek is verbaas!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 10/06/2022 - 09:33

Ons FB groep het al 64 lede en ek het onlangs gehoor dat 'n hele klopmie ongelukkig nie meer met ons is nie.

Hierdie jaar sal dit 30 jaar wees sedert ons matriek geskryf  het.   Ek het so 'n maand gelede die idee geplant en vraag gevra of hulle sou belangstel om bymekaar te kom en die uitkoms van my voorstel was dat ons die 1ste Oktober 2022 ons 30 jr Reunie by HTS Bellville gaan hou.   Die manne is almal baie opgewonde.

Dit gaan ons eerste reunie wees.  Ons het ook 'n Whatsapp groep gestig so 2 weke gelede om reëlings te finaliseer ens en daar word 'n hond uit 'n bos geklets.  Dit voel werklik of ek teruggaan  in tyd met al die gesprekke en herinneringe wat bespreek word en foto's wat geplaas word.     Meeste van die mense is glad nie herkenbaar nie  laugh

Natuurlik was die eerste reëling gewees om 'n bottel wyn of 6 ter herdenking te hé  smiley

wyn

 

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 10/06/2022 - 11:39

Ek het destyds nie tot matriek gegaan nie, het wel van die klas maats op fb probeer opspoor maar daar was geen geluk nie.  daar was 'n paar wat ook in 1971 in Std.8 was maar nie in my klas nie.  Dit toe maar laatvaar .

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 10/06/2022 - 11:44

Aangesien Oktober skoolvakansie is en ek glo my gesin gaan toelaat dat ek alleen afgaan Kaap toe nie, het ek gedink om dit sommer in 'n vakansietjie te verander, dalk kan ons weer die suidelike gedeelte van die Weskus toer, Veldrift tot Yzerfontein...

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 11/06/2022 - 13:27

Ons het destyds met WegSleep so een gehad by Gariep om dit sentraal te hou vir die Gautengers en Kaapenaars.  Ongelukkig kon ek dit nie maak nie want dit was my oudste dogter se troue.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 12/06/2022 - 13:50

Anton, miskien moet jy weer 'n nuusbrief uitsit met Kampforum Reunie as 'n gedagte, lanklaas 'n nuusbrief gekry.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/06/2022 - 07:42

Wanneer is dit?

Oktober wanneer julle by Yzerfontein is.  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 13/06/2022 - 07:58

Wildehont - ek en die burgemeester het gisteraand gesels en ons gaan mooi moet besluit en beplan hoe ons die ding gaan aanvat en wat ons as gesin wil doen.    Die opsie het ook opgekom dat ek maar afvlieg en Uber vir die reunie - die rede hiervoor was omdat ons ook al deur die jaar gesels het om dalk Sodwana toe te gaan in Desember / Januarie  -   dan gaan ek beslis nie 2 toere binne 'n kwessie van 3 maande kan doen nie.     Ons gaan dus maar bietjie nader aan die tyd 'n besluit maak, en natuurlik gaan dit afhang van watse deals ek voor daardie tyd kan inbring smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus