Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -9 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -9 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/06/2017 - 10:34

Dag sê aan alle kampeerders, sommer klaar ge-ontbyt ook al want party mense groet mos met hoe lekker hulle garnale en kreef geniet het.

Toe raak ek so honger, ek maak sommer 4 snye toast met grondboontjie botter en baie heuning, twee gebakte eiers en groot emmer koffie.

Mag julle dag mooi loop.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/06/2017 - 10:47

Daai is mossie ontbyt nie, dis skaars 'n voorgereggie??

Ontbyt by my is;

Vrugteslaai met vars room

Oats of Matabella pap

3 tot 4 gebakte eiers met bacon of n kleinerige skaaptjoppie

3 snye roosterbrood met kaas en Seville lemoen marmalade

Genoeg filterkoffie

Dan kan 'n man hou tot middag ete!

Ek is vreeslik gelukig met 'n baie vinige metabolisme, tel nooit gewig op nie, dra al die selfde grote broek vir die laaste 40 jaar, lank en skraal dus ek mag maar eet.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/06/2017 - 11:02

Jou gelukkige bogger.   Ek kyk net vir kos om gewig op te tel.   Dis 'n groot ontbyt daai.  Is jy seker jy jok nie vir ons nie?  Joune ook, Johann.   Ek wil nie vir julle twee bymekaar sien sit en brekfis eet nie!

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/06/2017 - 11:20

Ek het mos al gese, ek praat altyd die waarheid behalwe as ek jok!!

Maar ja daai ontbyt werk regtig maar nie elke dag nie, net Saterdag oggende. Dross hier het 'n special vir pensioenarise Buffet ontbyt koffie ingesluit vir R 25 per kop. Ek eet elke Saterdag soos hierbo genoem, voor Dros die special gehad het het Petra maar elke Saterdag vir my so ontbyt aanmekaar geslaan. Moet darem erken ek eet eers weer die aand na so ontbyt!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 17/06/2017 - 07:28

Dit is Saterdag, dit is langnaweek, almal lê seker 'n bietjie in vanoggend.

Daar was sterk wind voorspel vir Plett vandag, maar tot sover is dit tjoepstil en die voëltjies sing tog te mooi terwyl dit lig word.

Geniet julle koffie en 'n baie lekker dag vir almal.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 07:34

Hallo, hier is ek ook, vergeet dit is lang naweek anders sou ek ingele het.

Probleem as mens nie werk nie elke dag is dieselfde, mens weet nie van vakansie dae nie, sondae weet ek darem as die klokke so vroeg al lui!

NEEE man!!!! die kerklokke nie myne nie!

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 07:42

Ek het mos 'n klokkie langs my bed, ek lui dit as Petra vir my koffie moet bring, waaraan het jy nou weer gedink?!

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 17/06/2017 - 08:13

Hier sit ek nou en probeer indink die groot "klokke" wat oom Arie oral saamdra.

Ek weet die permanent kampeerders moet aan alles dink en maar inpak, maar jou eie klokke?

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 17/06/2017 - 08:49

Goeie more almal, ja ek het so bietjie ingelê (nuwe woord betekenis, dit beteken mos eindlik om perskes in te lê om gebottel te word?)vanoggend.

Ons worrie mos nie oor Saterdae of langnaweke nie, ons is te oud en oor die muur.??los daai worries vir die "jonges".?

Mooi dag vir julle.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 08:50

Nou hoe sal ek anders Petra se aandag trek as my glas leeg is, of die vleis op die kole moet gedraai word, die bed is nie netjies opgemaak nie?

Ek is nie een van daai mans wat op sy vrou skreeu nie, ek lui die klokkie soos n beskaafde mens, wysdie glas vir haar of wys na die vuur, dan weet sy wat om te doen.

Anyhow, ons gaan nou ry vir ons Saterdag ontbyt, gaan vandag die Lodge se ontbyt in plaas van Dross probeer, blykbaar ook baie lekker.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 17/06/2017 - 08:51

Arie, ek het nou so lekker gelag oor die klokke, jy moet dit nou nie oordoen nie, netnou skud Petra jou dat die klokke vir jou lui.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 08:54

Hey, jy mag my nie spot oor my woord nie, dis n pragtige Afr woord.

As jy my spot gaan ek nooit meer saam met jou albaster of top speel nie!

0
Centurion

Dusty

Mon, 19/06/2017 - 04:33

Goeie more aan almal wat hier kom inloer,

Verlof is verby en so ook die lang naweek. Sit nou en tee drink en die koffie is aan die gang.

Sit nou en wonder, gaan ons ook nou 15 Junie kry as 'n vakansie dag as gevolg van Donderdag se taxi probleme? Daar was ook klip gooiery betrokke gewees.

Lekker dag en week vir elkeen

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 19/06/2017 - 07:41

Môre sê,

Ons was 4 karavane wat ons "frostbite" naweek gehad het, wat 'n heerlike naweek.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 19/06/2017 - 07:48

More Dusty en almal wat nog op pad is.   Ek hoop almal het die langnaweek geniet.  'n Nuwe week lê voor, mag dit 'n goeie een wees.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 19/06/2017 - 07:54

More Wilsur.  Ek is bly julle het die naweek geniet, hoop nie die frostbite was te erg nie.  Ons word nou wel nie gebyt deur  ryp nie, maar die koue lug, veral in die oggende, voel of dit jou behoorlik byt.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 19/06/2017 - 09:01

Goeiemore! Ek het so bietjie later ontwaak vanoggend.   Wie gaan inelkgeval maklik uit die bed klim as daar 'n 18mnde klein kaboutertjie met sy warm asempie in jou nek blaas, opgekrul in jou in met die kleine warm lyfie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus