Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 11/06/2017 - 08:34

Goeie more almal, Gesie inkluis!!!

Freda, ek is bly julle kon lekker kuier!!!

Wat die brande aanbetref, ek het lankal vermoede gehad daar mag brandstigting betrokke wees.

Gesie, soos jy sê, dit is eintlik voorafbeplande moord!!!, MAAR,  wat die brandstigters aanbetref, HULLE besef nie eerns dat dit ook hulle EIE mense is wat dalk alles kan verloor nie.  Ek wil nie vinger wys of klippe gooi nie, maar MY vermoede is dat oral, selfs hier in Noordwes- Coligny, Lichtenburg, Schweizer, ORAL waar die brandstigtery plaasvind, 'n sekere politieke party se leier se aanhitsing BAIE daarmee te doen het.

Al wat ons kan doen is hoop en bid dat daar êrens iets sal gebeur wat hulle tot ander insigte sal laat kom, en dat die reën sal kom en die brande blus, en daar groot verligting ook in die WesKaap sal wees.

Freda, weereens net vinnig ene vir jou!!!

.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/06/2017 - 09:07

Goeie more aan almal, hier in die Vuil Driehoek is dit vanmore 'n heerlike dag.

Dit is so ontstellend om van al die brande te hoor, my vrou sê dat iemand naby Van Stadens ook nou gevra het dat daar gebid moet word vir hulle, dit brand erg daar.

Brandstigters, is gewetenlose monsters.

Die mens het nog 'n kans (beter kans as die diere) om te ontsnap van die brande, maar wat van skilpaaie om nie eers van 'n algehele eko-sisteem te praat nie.

En ja, dit is beplande opsetlike moord,  daar is glo reeds vier mense gevang. Gooi die peste in die vuur.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 11/06/2017 - 21:38

Verskoon tog, ek het vergeet om vanoggend te kom groet.  Net voor ek nagsê, gou die volgende :-

Ek is maar versigtig deesdae om te reageer op boodskappe wat oor die sosiale media versprei word.  Dit word wel goed bedoel deur sommiges wat dit aanstuur, maar talle hiervan is vals soos byvoorbeeld die foto van hoe die storm verlede week by Lambertsbaai woed of die foto van 'n motor wat omgewaai was 'n foto tydens 'n sikloon in Indië.

Ek twyfel sterk oor die brandstigting storie want dit is nog nooit êrens amptelik deur die bekende mediahuise bevestig nie.  Ek is vas oortuig dat die geweldige stormwinde heelwaarskynlik goed-bedoelde vure (veral in plakkerskampe) laat handuit ruk het.  Dit is ook bekend dat die stormwind kragdrade beskadig het en dit is hoogs waarskynlik ook 'n rede hoekom vure oral oor 'n wye area uitgebreek het as gevolg van kortsluitings op grootskaal.

Uit die aard van die saak kan wetstoepassers nie brandstigting uitsluit nie netsoos wat hulle nie enige ander oorsaak kan uitsluit nie.

Nou gaan ek slap, goeie nag aan almal en ek gaan prober om môreoggend te kom groet.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/06/2017 - 22:25

Koenaait Len, goeie nagrus vir vir almal.

Ja die sosiale media is soms meer 'n las as 'n hulp, ek gaan ook nou slaap, anders gaan ek oor 'n uur en 'n half moet more sê ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/06/2017 - 08:13

Goeie môre al die getroue groeters en die wat mettertyd uit die vere sal kruip !

Dit mag lyk of ekself nie vroeg uit die vere is nie, maar ek het darem al Die Burger dwarsdeur gelees, insluitend die begrafniskennisgewings. (Tog snaaks hoe 'n mens op 'n sekere ouderdom in dié tipe beriggewing begin belangstel. Wanneer is die oorledene gebore en hoe vergelyk dit met my geboortedatum, wanneer is die begrafnis, gaan dit 'n verassing of teraardebestelling wees, vanwaar is die oorledene en les bes, watter begrafnisondernemer is ter sprake).  Dis natuurlik nie 'n besondere prestasie om die papierdun koerant op 'n Maandagoggend dwarsdeur te lees nie, maar darem.

Ons het gister 'n koue, natterige dag gehad, maar nie veel reën nie.  Vandag, more en oormôre word ligte reën voorspel wat natuurlik wonderlik sal wees.  Intussen is die berge tot sover as Piketberg spierwit van die sneeu  -  nie net mooi nie, maar uiters noodsaaklik.

Lekker dag aan almal !

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/06/2017 - 08:22

Goeie more vriende, dankie, ek drink saam koffie vanmore.

Hier by ons is dit redelik bewolk en amper koud, snaakse weer vir die tyd van die jaar hier.

Len, jy moet maar vinnig lees aan daai Die Burger, as jy te lank deur die koerant blaai,  gaan jy jou opkomende reis na oom Paul se plaas mis, tyd wag nie.?

Nico, is jou wa klaar? Julle sien seker uit na die kamp?

Dusty, dankie, koffie was lekker.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/06/2017 - 08:30

Voorie, moenie so hard slurp aan daai koffie nie, jy maak die mense wakker ?

Ek dink Frans kry vanmore koud daar in Klerksdorp. Sal maar die ketet aan die kook hou vir die laat slapers?

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 12/06/2017 - 13:40

So kom ek nou eers by julle uit om dag te sê.   Ek wou vanoggend maar toe kom Oom Jeep koffie drink hier en ons het 'n lekker vroegmore geselsie.   Daarna met ander dinge besig geraak.

Ek en Colin het netnou na die gebrande areas gaan kyk.  Dit was ver van ons af, in die Robberg gebied en naby die Plettenbergbaai lughawe.   Groot stukke aarde is afgebrand, jy sien net swart oorblyfsels van bome en bosse.  'n Paar huise gesien wat afgebrand het, dit is nie 'n mooi gesig nie.  Maar daar is baie huise wat lyk of dit moes afgebrand het, wat nog net so staan.  Pikswart om hulle, mens kan amper nie glo dat hul die brand oorleef het nie.  Hier en daar smeul dit nog.

Ons gaan vroegmiddag vuur maak en Johan & Elma en Benkie gaan hier by ons kom vleisbraai.  Dit is 'n lekker middag, gladnie koud nie en net 'n ligte briesie.

Vir wat oorbly van die dag, hoop julle het 'n goeie een.

(Ek drink nou tee, dankie)

0
Centurion

Dusty

Tue, 13/06/2017 - 06:10

Goeie more. 

Het nie n horlosie om tyd te sien nie. Sien dit is nog donker buite. Gaan nou opstaan en koffie maak. 

Is koelerig hier in Warmbad.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 13/06/2017 - 07:44

More sê mense, hoop almal geniet 'n heerlike dag.

Dankie Dusty, koffie was sommer vorentoe vanoggend, so 2 uur na jou?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/06/2017 - 07:56

Klaar met my tee en drink al koffie.  Dit lyk of dit 'n mooi dag gaan word hier in Plettenbergbaai.   Ons gaan saam met Johan & Elma en Benkie vandag met die ferrie boot met die rivier opvaar, tussen die berge in.   Die aanvraag vir die vaart is min hierdie tyd van die jaar maar hulle is bereid om met net ons 5 dit te doen.

Lekker dag vir almal.  Hou die blinkkant bo.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/06/2017 - 07:57

Dusty, ek beveel aan jy gaan vir berading  -  wie op dees aarde staan 04:00 op in die oggend as hy (en sy aanvaar ek) vir 'n mid-week webreek in Warmbad kuier ?

Nee man, daar moet fout wees !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/06/2017 - 08:04

Nouja, nadat ek hierdie mannetjie vasgevat het, goeie môre aan almal wat hier lees.

Freda, julle moet maar op julle hoede wees, ek het verstaan daar is 'n sterk wind wat vandag opsteek vanaf Plett op met die ooskus, verby PE, as ek reg onthou.

Die wêreld hier by ons bly natterig en koud.

Lekker dag aan almal.

0
Centurion

Dusty

Wed, 14/06/2017 - 06:53

Goeie more almal. 

Vanag was nie so koud gewees nie. Gaan nou koffie maak en dan my stappie vir die dag doen.

Len, dit is nie so vroeg nie. Die tyd op my inskrywing is so 2 ure verkeerd. Ek dink Freda sin was dieselfde. Sal vir Anton vra om dit reg te stel.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/06/2017 - 07:02

Goeie more almal, mooi dag vir julle, ketel gons lekker, dankie Dustie koffie is gaaf.

Dusty, hier op my tablet wys dit nou 07:01, sal kyk wat wys die plasing se tyd.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus