DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1191 views
Môre aan almal…
Môre aan almal.
Ek onthou die koffie draad op die wegsleep forum. Wonder nou net of ons nie ook elke maand n nuwe draad kan begin nie. Hierdie een is nou al lank en mens moet omtrent blaai tot by die einde.
More almal
Die krag was af toe ek wakker word en daar vergeet ek dat ek mos op die gasplaat kan water kook vir my tee.![]()
Sit toe vir die rivier en seevoëls en kyk, met 'n tong wat uithang van lus.
My slaapbrein was seker nog nie heeltemal wakker nie.
Ek kan 'n hoofstuk skryf oor ons weer by Forever Plett. Eergisternag was ysig koud en ook vroeg gisteroggend. Na die son oor die berg gekom het, het dit baie warm geword (bergwind). Die wind het seker gister ses keer, of meer, opgekom, gewaai en weer gaan lê. Dan roer daar nie 'n luggie nie. 'n Rukkie later waai dit weer. Gisteraand was behoorlik warm buite en ons het laasnag die duvet van ons moes afgooi, so warm was dit. Colin het vermoed ons gaan van die Kaap se stormwind deur die nag hier kry, dit het twee of drie keer gewaai, maar net vir 'n rukkie, dan gaan lê dit weer. Iets is aan die broei met die weer hier, maar ons weet nie wat nie.
Waar is Arie dat hy so stil is?
Segekok, as jy op die …
Segekok, as jy op die "Onlangse inset" van die koffiedraad kliek, dan kom jy by die laaste bladsy uit. As jy op die Aktiewe Forum Onderwerp (Koffie) kliek, dan kom jy op bladsy 1 uit.
Word daar nou glad nie meer…
Word daar nou glad nie meer koffie gedrink hier nie? Is julle nou op die winter sop?
Ek sal seker maar nou vir myself moet koffie maak of hoe? Lyk my nie iemand gaan vir my bedien vandag nie.
Enigiemand anders vir ietsie warm?
Dankie!!!
Dankie, Voorie, ek is maar laat deesdae, vroeg opstaan se dinges!!!!! Staan net 6uur op as tuiningenieur moet kom!!!, OF, as die pyne en skete die wekker lui!!!!
Het darem al ontbyt gehad, eerste koppie koffie gedrink, krag en water gelees envir Ma weggekry (kar uitgetrek ens) haarsalon toe, noui is ek moeg!!!, Besig met drukwerk, masjiene loop, so, ek SAL 2de koppie NOU kry!!!
Ek dink Freda sit en bekommer oor die winde!!! Johann L kry koud, Dusty in Botswana, en die ander is wie weet waar!!!!!
Geniet die dag, ons kooue sal eers more hier wees!!!
Geniet die dag, ons kooue…
Geniet die dag, ons kooue sal eers more hier wees!!!
Vandag bewe ons! Hier is 'n baie lastige windjie wat hier by ons waai. Ek het nou buitetoe gegaan om in die sonnetjie te staan, maar die wind maak alles bitter k0ud en het ek onmiddelik binne gegaan.
MMmmmmm!!!!
Ek was ook nou vinnig buite, beslis kouer as so uur of wat terug a.g.v. die windjie!!!
Die weerburo het vir ons -2 of -3 voorspel vit vanoggend, maar ek het gister el geweet hulle is een dag te vroeg. Die wind was gister WARM gewees, en dit neem normaalweg so 'n dag of wat vir die KOUE wind om hier aan te kom en DAN eers kom die MINUS temperature.
Die natuur het dit egter nodig, al die tuinpeste en goggas moet dooi!!!, so, ons kla nie!!!
Frans en Voortrekker
Ek het al baie koppies tee en koffie gehad! Ons sit hier opgesluit in 'n karavaan, buite woed die wind soos 'n besetene en dit reën. En vrekkoud. As ek nie so ordentlik was nie, het ek sommer begin met 'n dop vanoggend.
Gister het ons wasgoed in die masjien gedoen, daarna oor na tuimeldroër. Skaars daar begin draai, toe gaan die krag af. Die klere is nou nog daar. Ons moet nou gaan kyk wat aangaan en verder droogmaak.
Van ons ringe het gister gebreek (die wat jy die tentpenne by inslaan). Ons het nuwes ingesit voor ons weg is by die huis en Colin het nie enige spaar hier nie. Nou soek ons alweer dit hier in Plett. Lyk my die plek cater gladnie vir kampeerders nie. Ons het nou Pennypinchers gebel, die verkoopsman het vriende met karavane, hy gaan hul nou bel en hoor of een van hulle nie vir ons 'n paar het nie. Ons moet dit kry voor ons tent opslaan, as ons kan tent opslaan. Op die oomblik lyk dit nie so nie. Frans, jy het mos raad vir alles. Wat kan ons doen as ons nie van die ringe kry nie?
Hoekom moet ek so sufffferrr???
Ek dink 'n lekker brekkie in die dorp en bietjie shopping, is wat ek nou nodig het.
Rubber Ringe
Freda, ek het al lank gelede, toe die rubber ringe groet, sommer lekker dik sterk kabelstroppe (vir Colin CABLE TIES) deur daardie lussie wat rubber ring vashou, gesit, en die stroppe so ongeveer selfde "opening "as wat uitgerekte rubber ring is, getrek, sodat dit 'n " Engelse loop" vorm, en dan die tentpenne daardeur gesit. Mens kan sommer ook 'n "loop" of "lus" maak van stukkie tou, soos wat jy gebruik vir die tentpale, dis ongelukkig soos stroppe NIE rekbaar nie, maar sal tent onder vashou.
Hoop die beskrywing kan vir die Ingelsman 'n idee gee!!! Daai kablestroppe werk goed!!, vir BAIE noodgevalle, ek het altyd sommer 'n pak van 100 gekoop, en saamgery on woonwa.
Deesdae is daar klompi in kar se kattebak, en sommer ook in bagasiewaentjie, al word hy NIE nou gebruik nie!!!, maar ek bêre daar vir noodgeval!. AS ek dalk vergeet het om te koop, gaan leen ek daar!!!
Dankie Frans, dit is wat ons…
Dankie Frans, dit is wat ons sal doen. Die Ingelsman is 'n groot "cable tie fan".
Het ook tien jaar se voorraad op hande.....
En. . . . .
En, moenie skaam wees om VROEG dop te gooi nie, OMSTANDIGEHDE vereis dit soms, MAAR, oppas vir karavaan se DEUR!!!, EN, afmoer van die trappie af!!!
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Drink nou maar 'n laat koffie. Die weer in Botswana was nogal warm gewees. gister was dit 27° gewees.
Het vanoggend terug gevlieg. Land toe op 'n koue O.R.Tambo. Net 8°
Lekker dag vir elkeen
Vir die rubber ringe kan jy…
Vir die rubber ringe kan jy n ou moterfiets binneband opsny sodat dit ringe maak... ek het altyd so n par ekstra in n blik in my wa. Gooi net so n bietjie baba poeier in die blik om te keer dat die rubber nie "PERISH" nie.
freda,…
freda,
Ek het 'n 3meter ripcord in my wa. Sny net 'n lengte gelykaan die rubber ring en smelt die ente aan mekaar. Gebruik 'n 3mm dikte. dit werk baie goed en is net so sterk soos 'n rubber ring wat standaard aan die tent vas is. Sal vanaand die foto daarvan soek by die huis en dan more hier oplaai
Dag sê vriene, baie laat vir…
Dag sê vriene, baie laat vir koffie, maar gooi hom. Hier is dit woes koud, winderige en besige tyd, 'n man het verlede week agter in my vrou se tjor vas gery, nou moet ek haar werk toe vat en weer loop haal, terwyl die kar by die paneel klopper is, sy is mos te lui om op pension te gaan. Verder is dit my tuin dag, sny gras en probeer die dooie blare skoon te blaas.. Kyk hoe lyk haar ou tjorrie?
Rubber ring
Colin vra ek moet vir julle manne vra as hy die rubberring van 'n kondoom afsny sal dit nie dalk werk nie? Ons het net vier, maar sal maar die kans vat dat ek nie preggies gaan raak hierdie maand nie. HA-HA-HA ![]()
Dankie vir al die raat. Ons gaan begin met die cable ties en sien hoe dit werk. Die son skyn nou, ons gaan die karavaan nou oorvat en sien hoe ver ons vanmiddag kom by die ander staanplek.
...hoekom rubber ringe ?
Ek twyfel of die cable ties 'n goeie idee is tydens storm winde. Die rede vir 'n rekbare ruberring is om te voorkom dat die tent skeur in erge wind want die regop pen waarmee dit ingeslaan word, het geen veerkrag nie.
As 'n cable tie in 'n noodsituasie gebruik word, moet dit met 'n veerpen (>) vasgeslaan word.
Rubber ring
Freda
Hie by my in die motor huis lê 'n hele sak vol van daai grys rubber ringe, maar die kondoom ring kan as nood hulp dalk werk. ![]()
Liepe aarde tannie Freda,…
Liepe aarde tannie Freda, doen mens dit nog op daai ouderdom, ek dog mens sit net heeldag en drink koffie en gesels nonsens oor die bure, Sjoe





Goeie more mense, mag julle…
Goeie more mense, mag julle koffie of tee vandag sommer ekstra lekker afgaan.