Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 minutes ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -49 minutes ago
Sterkte Verskoning Geert -1 hour ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 25/06/2017 - 09:16

Winterkampeerders weet van laat slaap of dan, laat inlê.  Die son het al oor die berg gekom maar almal is nog toegesluit in hul karavane.   Dit is natuurlik almal mense wat nie kinders by hulle het nie, anders sou dit nie doenbaar gewees het nie.   Hul horlosietjies werk mos nie volgens die koue nie.smiley

Dusty, jy het al my simpatie met daai bessie blertse.  Ons het 'n groot taak, terug by die huis, om van al die blertse op ons karavaan en tent ontslae te raak.  Gelukkig lyk dit of al die ryp bessies en wildevye opgeëet is want dit het opgehou.

Frans, jy praat nou van iets waaraan ons dink maar ook nie wil dink nie.  Ons het reeds afgeskaal van 'n huis na 'n meenthuis maar besef dit sal ook op 'n stadium moet verander.  Jy is reg, dit is 'n  besluit wat ongelukkig een of ander tyd geneem moet word.

Voortrekker, is dit die klomp ou mense op die forum wat jou skoon laat vergeet wat jou ouderdom is?    Solank ons jou jonger laat voel, dan is dit OK.wink

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 25/06/2017 - 11:47

Voorie, ja ek het al 'n klompie koppies agter die rug voor ons kerk toe is, en sit nou weer met 'n lekker koppie Latte.

Die ouderdom raak maar moeilik om te onthou, ek voelanders as jy altyd jonger as wat ek werklik is, maar sodra ek opstaan herhiner my lyf my weer dat ek tog heelwat ouer is.

Interesante punt, ek is een van die baie min ouens wat heel toevallig op my verjaarsdag gebore was, my ma moes haar storie ken om dit reg te kry?

Die lekker daarvan is, is dat ek nou net een datum hoef te onthou!

0
Centurion

Dusty

Sun, 25/06/2017 - 18:08

Freda, die stoele en tafel is gistermiddag al skoon. Moet nog die plaveisel skoonmaak. Daarvoor moet ek die hoedruk spuit gebruik ek dink.

Gaan nou maar my laaste koppie koffie vir die dag drink.

0
Centurion

Dusty

Mon, 26/06/2017 - 05:52

Goeie more almal,

Tee gemaak en so ook koffie klaar geprut.

'n Nuwe week met nuwe en ou dinge.

Geniet die dag 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/06/2017 - 05:57

Goeie more almal !

Lyk vir my ek is eerste op vanoggend  -  baie dinge om te doen voor Saterdag !

Heerlike wintersmôre, wolkeloos vanoggend, maar ons kry darem weer reën oormôre.  Ek sal die wa maar moet uittrek vir die reëntjie want ons mag mos nie karavane was nie en ek ry nie met 'n vuil karavaan nie !  Die plan is om wasmasjien-spoelwater Woensdag op te vang, die wa daarmee te was en dan te wag dat die reën dit mooi skoon afspoel.

Verskoon dus my haas en geniet die dag !

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 26/06/2017 - 06:17

Nou ja, ek hoop almal het lekker naweek gehou en is reg vir die nuwe week.   

Len, jy moet darem nou tot ruste kom anders gaan jy pootuit wees teen die tyd dat julle ry.smiley Jy vertel al maande lank vir ons van jul gesinstoer na die wildtuin en nou is dit hier.  Die tyd gaan so vinnig verby.

Ons maand by Plett is ook so te sê verby.  Ons pak Donderdag op en vertrek Vrydag na Willows in PE.     Alhoewel ons eerste week by  Plett omvergegooi was deur wind, brande en vlermuise, was daar sedertdien geen probleme nie.  Maar ons sien uit daarna om weer "by die huis" te wees.

Lekker dag vir almal.

NS. Ek weet nie hoekom elke paragraaf so afgebaken is vanoggend nie, niks wat ek gedoen het nie.surprise

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 26/06/2017 - 06:18

Jammer, ek sien dit is reg.  Was net terwyl ek getik het, daar was 'n streep tussen elke paragraaf.laugh

0
Centurion

Dusty

Tue, 27/06/2017 - 04:33

Goeie more.

Sit reeds en tee drink. Koffie is besig om te prutt

Kollega het sopas ook in gestap. Hy is die koffiedrinker.

Freda, dit is asof die dae nou vinniger verby vlieg

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 27/06/2017 - 07:45

More Dusty, Voortrekker en al die ander.   Gisteraand en vanoggend is gladnie so koud by ons nie.  Ek het nie eers die verwarmertjie nodig hier waar ek in die tent sit nie.

Lekker dag vir almal.  Hou die blink kant bo!

0

Goeie more,

Lekker snerpend hier in die Oos Rand vanoggend - nog n koffietjie sal sekerlik die ding doen.

Lekker dag vir almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 28/06/2017 - 09:43

Goeie Môre

Is ek wragtig die eerste een wat koffie neem vandag ?

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 28/06/2017 - 15:31

Ons het almal die groetery vanoggend vir jou gelos, Wilsur.  laugh     Ek wonder waar was Dusty dan gewees?   Ons het nou van die dorp af teruggekom en dit is lekker koud.  Het nou 'n warm koppie koffie gemaak, so ek sê maar goeiemiddag.  Hoop almal geniet hul dag sover.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 28/06/2017 - 18:07

Laaaang dag. Gaan nou eerste keer rustig agteroor sit en koffie geniet, en bietjie lees wat alles hier aangaan. Moes Polokwane toe ry vandab vir vergaderings.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/06/2017 - 20:25

Goeie naand almal.

Anton, as iemand die woord "vergadering" gebruik kry ek 'n draai op my maag.  Ek is so bly daardie dae is vir my verewig verby !

Ek kon nie vanoggend groet nie.  Ons mag mos nie karre en karavane was nie vanweë die droogte.  Ek skrik egter 5vm wakker en hoor dit reën lekker hard.  Ek spring uit die bed en kry gou die "mover" aan die gang nadat die stutte opgedraai is en ry die Exclusive uit sy motorhuis.  Maar o genade, net toe die wa buite is hou dit op reën !  Ek het geduldig die hele dag gewag, maar die reën bly weg en môre word sonskyn verwag.  Daar is wel Vrydag weer reën voorspel en ek sal maar die oefening dan weer herhaal.  Ek kan mos nie Saterdag met 'n vuil wa die pad Wiltuin toe aanpak nie !

Nou weet julle hoekom ek nie kom groet het nie.

0
Centurion

Dusty

Thu, 29/06/2017 - 05:45

Goeie more almal,

Tee klaar geskink en koffie ook gemaak.

Vanoggend loop die ysbere buite rond. Nogal koelerig vanoggend. Kan voel daar is 'n byt in die lug.

Geniet die dag

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/06/2017 - 07:49

Goeie môre uit Brackenfell !

Heerlike wintersmôre vandag hier by ons, maar ongelukkig kom die reën eers môre.

Verskoon tog maar my spoggerigheid, maar die een ding na die ander val in plek met ons vertrek oormôre Wildtuin toe.  Die Pathfinder is al gepak met die tent en multi-room, mooi in volgorde soos wat ons opslaan, grondnette natuurlik heelbo.  Die Edesa 3-way vrieskassie se plekkie langs die tente is vir hom gereserveer en hy word reeds op krag in die huis ge-"charge".  Die karavaan tru-kamera se monitor is reeds op die spieëtjie gemonteer en gekoppel.  Die twee-rigting radio is reeds onder die sitplek gemonteer en gekoppel  -  nog net die lugdraad moet op kom net voor ons ry.  (Ek wil mos met die kinders gesels terwyl ons ry !)

In die Exclusive kort nog net ons klere  -  'n redelike voorraad Tafel-bier (uit Namibië, my nuwe gunsteling wat nou by Black-Lable oorgeneem het) tesame met 'n klompie Haneppot en Muskadel wyne (vir koue wintersaande) is ook ingepak.  Selfs die Porta Potti in die toilet is gelaai en gereed vir aksie.  Die watertenk en pype is reeds uitgespoel van ou, staande water.

En raai wat ?  ons TV, dekodeerder en skottel bly tuis want dit is 'n familiekamp en daar gaan gekuier word !  Die kleinkinders moet ook gespeen word van TV-kyk en hulle moet geleer word om die natuurlewe te waardeer.

Nouja, laat ek gaan kyk wat ek nog vandag kan doen.  Maar ai, daardie vuil, stowwerige Exclusive pla my baie  -  ek gaan miskien maar tog 'n emmer of twee water "steel" en gou die spulletjie was voor iemand my sien !

Geniet julle dag  -  ek gaan myne beslis baie geniet. (Ek wonder waarmee gaan ek my besig hou as ons oor 'n maand terug is van die Wildtuin ?)

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 29/06/2017 - 08:29

Wees ook gegroet, hier vanaf Plett.  'n Ysige bytjie in die lug vanoggend, sal so rukkie duur voor ek aan die gang kom.

Ai Len, jou opgewondenheid oor alles is baie aansteeklik.  Ek sien al net so uit daarna soos jy.laugh   Die kinders gaan jou besig hou, as jy terugkom gaan jy kom rus!     Ons het ook een jaar met my seun en sy familie KNP toe gegaan en twee rigting radio's gebruik.  Dit was baie lekker om so met mekaar te gesels.

Wel, ons het die groot taak van oppak vandag.  Alles moet weggepak wees teen een uur, dan kom help Piet ons om die tent af te haal en op te vou.  My Ingelsman sukkel met 'n rugpyn op die oomblik.  Vanaand sal ons vir oulaas vis gaan eet in Plett en more ry ons Willows toe.  Met die koue sien ek uit na die privaatablusie wat ek daar gaan hê.

Lekker dag vir almal.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 29/06/2017 - 08:46

Dankie Dusty, ek sluk gou koffiejie, baie werk vandag (in die koue)!!

Len, voorspoed met die vuil wa!!!, en waterterkort, hoop as julle terugkeer is AL DIE DAMME VOL!!!!

Freda, sterkte met pakkery en trekkery!!!!, sterkte ook aan Colin!!! Ek sal teen naweek probeer gesels met jou per e-pos!!!

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus