Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -11 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -17 hours ago

Modes oor die jare

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Was die naweek by die kinders om, al ons foto albums met al ons fotos oor die jare [tot en met die digitale fotos] is daar by my dogter hulle.

Sit ek so en deurblaai in een gemerk 1972. Verkyk my aan ons klere drag, maar verlang tog terug na die dae wat mens nog "opgedress" het vir 'n "Do"

So baie fotos waar ons omtrent uitgevat was om te gaan fliek. Petra het panty hose aan hare is opgedoen, vals oog winpers, gesig perfek ingekleur, hoehak skoene die lot. Ek met 'n wit hemp dag pak klere en blink gepolitoertde skoene?

Kerk toe, was vir my so mooi die vrouens met hul hoede, handskoene, sien op die een foto en ek kan dit goed onthou, Petra het sulke gehekelde goed gehad wat net so om die vingers hak en dan om die pols vasmaak. Dan was daar so mooi gehekelde patroon bo - op haar hand. Man so nie gedroom het om sonder 'n pak kerk toe te gaan, die ouer omies het ook 'n hoed opgehad, wat natuurlik afgehaal was soos hy die kerk binegaan.

Snaaks ek gril nog steeds vir mense wat met 'n pet in 'n gebou rondloop of nog erger sit en eet. Was vir my so mooi as 'n man sy hoed of pet lig as hy iemand groet?

Dan natuurlik daai lekker uithang - die jaarlikse dinee van die instituut van bankiers en ander soortgelyke dinees. Altyd kans vir die vrou om geld te blaas, daar is nie 'n manier wat sy kon gaan met 'n uitrusting wat sy al aangehad het nie, nee alles nuut van onderklere tot skoene en oorkrabertjies en handsakkie. Kon nog nooit daai hansakkie verstaan nie, so piep klein verspotte dingetjie, sy kon skaars haar lipstiffie daar in kry - maar dit kos 'n klein plasie se geld!!

Dan het ek natuurlik my aandpak met 'n 'Cumberband" [dink dit is re gespel] aangehad met 'n pikswart strikdas. Ai 'n man het darem baie "grend" gevoel as jy so opgedress was.

Was ook bevooreg om na verskeie militere "Do's" te mag gaan. Ons vriend Andre sal ook kan vertel - daai militere aandrag, man dit was darem mooi, die vloot s'n het vir my altyd uitgestaan as die mooiste militere aandrag.

Ek mis regtig daai geleenthede waar mens nog regtig kon uithang en baie moeite doen met jou klere en voorkoms.

Petra reken ook sy het altyd baie spesiaal gevoel, veral in die top eetplekke waar die kelners ook donker pakke gedra het met so wit lap oor die arm, en dan die dame se stoel vir haar uitgetrek het en terug gestoot het.

Ek onthou die "Executive restourant" bo in Absa Towers, die kelners het ook pakke gedra, en die messe en vurke was egte silver, ook so silver bord onder die porselein bord, man 'n mens het regtig spesiaal gevoel.

Ek mis daai dae!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 18/10/2018 - 19:33

Ek onthou dat ons heeltemal moes op dress net om te gaan fliek.  Na danse het mans pakke gedra en vrouens lang aandrokke.  Ja, die klein aandhandsakkie was eintlik net 'n bykomstigheid, het nie veel beteken nie.    Uiteet was 'n geleentheid, netjies aangetrek,  nie iets wat jy sommer elke week doen nie.

Maar die casual manier van dinge doen deesdae,  maak die lewe seker baie makliker.

Dit is vandag nog vir my mooi as 'n man sy keps lig, of selfs net aan dit vat, as hy mense groet.  Vir my is dit 'n baie manlike gebaar, wat respek toon en afdwing.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 18/10/2018 - 20:48

Ek dra maar sedert Junie redelik gereeld 'n "cap" - 'n "flat cap", oftewel 'n oumans "cap". Ek vergeet van die ding op my kop (so gemaklik is dit) en vergeet dus maklik om dit af te haal as ek in 'n restaurant (of enige ander plek) is. En ek vergeet ook om die ding te lig as ek dames groet. Maar Ralie is gemaklik met my nuwe "cap" maniere - en dit is al wat saak maak vir my.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/10/2018 - 21:14

Ek is baie lief vir my kepse en vergeet ook baie (meestal) om dit af te haal as ek iemand groet,  selfs al baie in 'n gebou in gestap met die kepsie op my kop.

Sal maar moet probeer oplet in die klas.

Arie, ek onthou op 'n stadium het die dames ongeblykte linne gevat, (so in die 80's) dit so op gevromnel,  en dan verskillende kleure kleursel daarop "gemeng", dit was dan ook hoog mode om sulke "sikadilik" klere te dra.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 18/10/2018 - 21:30

Vandat ek al my hare verloor het, dra ek ook baie kepse en beanies.

Hel1 het vir my een spesiaal gebrei vir my verjaarsdag. Het hom lekker gedra in die winter.

Ek mis my snor en baard die meeste. Wenkbroue en oogwimpers is ook nie meer daar nie, praat nie van die res nie. smiley

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 19/10/2018 - 04:16

spaar jy nou geld op skeermesse 

  •  Ek mis my snor en baard die meeste

Sal maar moet probeer oplet in die klas

Anton, jy moet ook oplet in die klas 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 19/10/2018 - 07:48

Kyk ek kan 'n mooi hoed nie weerstaan nie, as ek een sien moet ek dit koop, maar dra dit vir 5 min dan iriteer dit die dinges uit my uit.

Al vrek baie hoede gekoop maar besit niks, moes so ruk terug 'n hoed gaan koop vir 'n Country and Western aand hier by die kamp. Sien toe so pragtige leer cowboy hoed, ek moes hom he, daai aand was die eerste keer en laaste keer, nou aan my buurman geskenk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus