Ai man, gister sommer weer opnuut lief geraak vir my ou vroutjie!
Gisteraand so 3 couples hier gekuier, eintlik so "flesje feesje" gewees, sommer so klompie likeurs wat ek in die bottel stoor raakgesien het, toe try ons maar gisteraand so van almal.
Elk geval die gesprek draai toe so dat ons begin wonner as wat sal ons eendag wil terug kom aarde toe.
Ai weejul daar gee Petra my mos die mooiste kompliment, haar woorde "Ek sal wil terug kom as Arie se man"!
Ek het nooit bessef sy het so hoge agting en respek vir my nie, sy streef daarna om my dan in die volgende lewe ook so te bederf soos wat ek haar nou bederf.
Mense ek het omtrent 'n knop in my keel gehad, wys darem dat sy raaksien wat ek alles doen, en dat sy dit bitter graag eendag wil terug doen.
Laat hierdie 'n les wees vir alle mans, bederf julle vrouens en dit sal eendag terugkom!
Ek sit hier met 'n traan in my oog, dat my vroutjie so ontsettend lief is vir my....... nee wag nou so aangedaan gaan maar liewer op die stoep sit sodra Petra vir my 'n rum en coke ingegooi het.
Verstaan nie so lekker nie...
Petra wil terug kom as Arie se man. Klink nie vir my reg nie.
1. Gaan Arie dan terugkom as a double breasted blondine....
2. As Arie, Arie bly, dan het ons 'n gay paartjie hier op hande as Petra terugkom as Arie se man.
Voorie kom help hier as hoofseun van die forum of lees ek verkeerd. ![]()
Haai ja, Lapskag, ek lees…
Haai ja, Lapskag, ek lees dit ook nou so. Sy het nie gesê as Arie se vrou nie! Arie beter nou mooi verduidelik.![]()
Ai tog moet ek nou 'n…
Ai tog moet ek nou 'n prentjie teken?
Duidelik voel Petra dat ek so wonderlike man [egenoot] is en duidelik is sy so effens jaloers.
So sy wil baie graag terug kom as ek. dan kan sy dalk ook "haar" wat "hom" sal wees se vrou wat dan ek sal wees so goed bederf en vertroetel.
Met ander woorde in die volgende lewe wil sy ons rolle omgeruil sien, duidelik wil sy my dan ook lekker bederf en op die hande dra?
Ek sien nou, ek was so bewoee in my eerste skrywe, ek het nagelaat om te noem dat sy wil terug kom as my man en ek dan in haar plek.
Is maar die ouderdom?
Soos ek nou al vrouens en…
Soos ek nou al vrouens en die mensdom leer ken het, lees ek natuurlik die storie en haar wens heeltemaal anders, en dit lyk nie goed vir jou nie Arie? ![]()
Voorie, nee ek het heel aand…
Voorie, nee ek het heel aand oor haar woorde le en dink, ek glo ek vertolk dit reg, met 'n man soos ek kon sy dit beslis nie anders bedoel het nie???
Dankie Arie vir die…
Dankie Arie vir die regstelling. Nou sit ons met 2 stories, die eerste een van vroeg oggend en nou die flou verskoning. Nou wonder ek nog steeds wat is die waarheid, ons sal seker nooit die regte weergawe hoor nie. Soos Len sê, "dalk 'n raps te veel "flesje feesje" in gehad"
Maar sterkte vir jou eendag mater, tot Voorie klink ook nie seker van wat hier aangaan nie.
Dink net hoe lekker gaan…
Dink net hoe lekker gaan Arie dan tent op en af slaan. Praat nie eers van daai penne in slaan nie. Wonder of Arie dan nog Petra sal wil speel ?
As ek nou in reinkarnasie…
As ek nou in reinkarnasie geglo het, het ek nou gewens ek kan daai een beleef.
Kan sien hoe slaan Arie, of is dit nou Petra, of dalk selfs Parie, nou is ek verward, tent penne in, om nie eers te praat van tent op slaan nie![]()
Petra gaan tent opslaan en…
Petra gaan tent opslaan en Arie gaan die penne inkap! ![]()
Nou ek het al darem so 'n…
Nou ek het al darem so 'n bietjie saam met Petra en Arie saam gekuier en dink die gesprek het iets soos dit gegaan.
Arie "Nou Petra, as jy eendag kan terugkom aarde toe as wat sal jy graag wil terugkom my skat?"
Petra: " As ek eendag kan terugkom aarde toe sal ek wraggies wil terugkom as Arie se man"
Vriende: " Nou hoe dan so Petra .... Lag lag "
Arie: "O aardetjie tog hier gaan ek nou 2de kom "
Petra: " Man, dan sal ek ook net die heeldag aan my pyp sit en suig en Rum drink terwyl hy my moet bedien en al die werk doen. Hy het darem 'n koning se lewe laat ek julle dit vertel! "
Petra en Arie saam gekuier …
Petra en Arie saam gekuier
Het ook al 'n paar keer saam gekuier en moet sê my siening is dat Arie weer vir Petra op die hande dra.
Nou weet ek ook nie
Nou is ek ook gekonfiekieleid maar wat ek wel verstaan sal Arie meer kos moet maak en minder help met kamp opslaan en afslaan of is ek nou gekonfiekieleid![]()
Die ding nou mooi sit en…
Die ding nou mooi sit en ontleed, wat ek gedink het was 'n pragtige kompliment was toe al die tyd 'n sarkastiese opmerking omdat ek dan glo niks doen nie???
Ai dat mens iets so maklik verkeerd kan verstaan!!
Stoffel, dankie dat jy darem vir my opkom, jy moet nog net vir Petra daarvan oortuig?
Nou sê ek weer : TIEN uit…
Nou sê ek weer : TIEN uit TIEN vir Petra! Toemaar, Arie, ons hoor darem wat Dusty in jou verdediging sê.





Tien uit tien vir Petra. …
Tien uit tien vir Petra. Ek dink as ek sy was, sou ek dit ook gesê het.
Moet net nie te groot kop kry nie!!