Met die Currie Beker wat nou weer begin het, dink mens terug aan die dae toe dit dié rugby kompetisie in die land was. Die ondersteuners het omtrent mal geraak oor hul span en week na week was die stadiums volgepak. Dit het as 'n ware die plek van Springbokrugby gevat, die jare toe die Bokke verban was oral.
Na isolasie en veral met die koms van Super Rugby verander dit toe heeltemal en daar is gladnie meer dieselfde entoesiasme of belangstelling nie. Gisteraand het ek na die wedstryd tussen die Leeus en Griekwas gekyk en dit so geniet (nie omdat die Leeus gewen het nie), en dit was tog te lekker om na so baie mooi drieë te kyk, deur albei spanne. Ek het besluit hierdie jaar gaan ek weer die Currie beker ordentlik volg. Heelwat van die beste spelers is natuurlik nou by die Bokgroep, so dit is interessant om bietjie ander spelers te leer ken. So het ek bv. gisteraand 'n groot "liking" gekry in die losskakel (Reynolds) van die Leeus. Ek dink hy kan vir Jantjies 'n ding of twee wys.
Ek het nie verlede week die Bulle en Cheetahs se wedstryd gekyk nie, maar gaan vanmiddag kyk na hulle teen die Sharks. Die opposisie behoorlik opsom.![]()
Arie en Spekkies! Volgende week is dit myse span teen jullese! Op Loftus....
Wie is bereid om tellings…
Wie is bereid om tellings vir vandag te voorspel?
Sharks 22 Lions 11
WP 62 Bulle 3
Laat my dink aan 'n hele…
Laat my dink aan 'n hele klomp jare gelede toe die destydse ou Noord-Transvaal ook 'n swak seisoen beleef het. Ek het van Johannesburg af terug Kaaptoe gevlieg op 'n Vrydagmiddag. Noord-Transvaal sou die volgende dag teen Natal speel en het ook vanaf Johannesburg gevlieg. Een of ander "bright spark" het dit goed gedink om by die "gate" waar die Noord-Transvalers na die vliegtuig gegaan het 'n A4-plakkaat op te plak wat as volg gelees het: "Noord-Transvaal sal voortaan geborg word deur Spoornet. Hulle sal dan bekend staan as Verloornet".
Onthou................
Onthou asseblief, kyk baie mooi, as die grootskerm se kameras op Nuweland vanmiddag op my inzoom, ek sal vir julle waai !
Verder, geniet die slagting.
Waar sit jy, Len? Ek gaan…
Waar sit jy, Len? Ek gaan sowaar vir jou soek. Ek glo ek sal jou herken.
Waar sit jy, Len? Soek net…
Waar sit jy, Len?
Soek net vir die handsome ou omie ![]()
Aan die soorweg...
Aan die spoorwegkant, dit wil sê die teenoorgestelde kant van die hoofpawiljoen, daar waar die weste son jou ordentelik piets totdat dit agter die hoofpawiljoen verdwyn. (My dae van hoog en droog (behalwe vir die kele wat klam gehou word) in losies sit is lank reeds verby).
My span is uit! Geluk…
My span is uit!
Geluk aan die Sharks, hulle het verdien om te wen. Hul voorspelers was te goed vir die Lions. Jantjies het ook te veel balbesit in die Sharks se hande geskop. Die Lions het teruggekom in die tweede helfte maar dit was nie goed genoeg om die beste span op die veld te wen nie.
Nou vir WP en die Bulle.
Ons krag het afgegaan kort…
Ons krag het afgegaan kort rukkie voor halftyd, Toe loop die Bulle met 5 punte voor. Die man by die hek sê die hele area is af. Nou kan ons nie verder kyk nie. Ons sal iemand in die Baai moet bel of weet iemand hier wat aangaan?
Dankie Voories. Daar kom…
Dankie Voories. Daar kom ons krag darem nou weer aan. Rescan nou eers.
Lekker gelukkig ne...paar…
Lekker gelukkig ne...paar lekker groot scores gewees. 🤔🤔. Mos al klaar in die final gewees voor die game... Amper... Maar ja baie geluk
OomLen, jy het darem maar goeie waarde vir geld gekry vandag 😎
Beslis, dit was 'n baie…
Beslis, dit was 'n baie goeie wedstryd gewees, geluk aan die WP.
Die Bulle het goed gespeel -…
Die Bulle het goed gespeel - my senuwees was klaar.
Ek het so gehoop WP moet teen die Lions speel in die finale ![]()
Bulle het baie goed gespeel…
Bulle het baie goed gespeel.
Eintlik het hulle verdien om te wen met hulle spel.
Ongelukkig kan en nie nou saam met hulle hartseer wees en huil nie.
Dit is maar Persoonlike redes.
WP JOU LEKKER DING. ![]()
P.S.
Baie die geval van Bulle en Vrystaat baie jare terug. Mens wat weet sal dit goed onthou, toe Bulle Vrystaat getrap het in die game voor die finaal en toe beker verloor het teen Vrystaat in die finaal. Toe niemand Vrystaat n kanse gegee het nie.
Len, ek kon jou toe jie sien…
Len, ek kon jou toe jie sien nie, wonder of jy daar was ? ![]()






Ja Voorie is eintlik baie…
Ja Voorie is eintlik baie lelik, ek het daai in 'n oomblik van swakheid vir hom gestuur, ek veraai my span eintlik baie sleg.
Ek het aangeneem hy sou dit as hoogs vertroulik hanteer????