Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -4 minutes ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Currie Beker

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Met die Currie Beker wat nou weer begin het, dink mens terug aan die dae toe dit dié rugby kompetisie in die land was.    Die ondersteuners het omtrent mal geraak oor hul span en week na week was die stadiums volgepak.   Dit het as 'n ware die plek van Springbokrugby gevat, die jare toe die Bokke verban was oral.

Na isolasie en veral met die koms van Super Rugby verander dit toe heeltemal en daar is gladnie meer dieselfde entoesiasme of belangstelling nie.    Gisteraand het ek na die wedstryd tussen die Leeus en Griekwas gekyk en dit so geniet (nie omdat die Leeus gewen het nie),  en dit was tog te lekker om na so baie mooi drieë te kyk, deur albei spanne.   Ek het besluit hierdie jaar gaan ek weer die Currie beker ordentlik volg.   Heelwat van die beste spelers is natuurlik nou by die Bokgroep, so dit is interessant om bietjie ander spelers te leer ken.  So het ek bv. gisteraand 'n groot "liking" gekry in die losskakel (Reynolds) van die Leeus.   Ek dink hy kan vir Jantjies 'n ding of twee wys.   

Ek het nie verlede week die Bulle en Cheetahs se wedstryd gekyk nie, maar gaan vanmiddag kyk na hulle teen die Sharks.   Die opposisie behoorlik opsom.wink

Arie en Spekkies!    Volgende week is dit myse span teen jullese!   Op Loftus....

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 20/10/2018 - 08:14

Ja Voorie is eintlik baie lelik, ek het daai in 'n oomblik van swakheid vir hom gestuur, ek veraai my span eintlik baie sleg.

Ek het aangeneem hy sou dit as hoogs vertroulik hanteer????

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 20/10/2018 - 08:23

Laat my dink aan 'n hele klomp jare gelede toe die destydse ou Noord-Transvaal ook 'n swak seisoen beleef het. Ek het van Johannesburg af terug Kaaptoe gevlieg op 'n Vrydagmiddag. Noord-Transvaal sou die volgende dag teen Natal speel en het ook vanaf Johannesburg gevlieg. Een of ander "bright spark" het dit goed gedink om by die "gate" waar die Noord-Transvalers na die vliegtuig gegaan het 'n A4-plakkaat op te plak wat as volg gelees het: "Noord-Transvaal sal voortaan geborg word deur Spoornet. Hulle sal dan bekend staan as Verloornet".

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 20/10/2018 - 12:22

Onthou asseblief, kyk baie mooi, as die grootskerm se kameras op Nuweland vanmiddag op my inzoom, ek sal vir julle waai !

Verder, geniet die slagting.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 20/10/2018 - 14:02

Aan die spoorwegkant, dit wil sê die teenoorgestelde kant van die hoofpawiljoen, daar waar die weste son jou ordentelik piets totdat dit agter die hoofpawiljoen verdwyn.  (My dae van hoog en droog (behalwe vir die kele wat klam gehou word) in losies sit is lank reeds verby).

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 20/10/2018 - 16:46

My span is uit! crying    Geluk aan die Sharks, hulle het verdien om te wen.  Hul voorspelers was te goed vir die Lions.   Jantjies het ook te veel balbesit in die Sharks se hande geskop.    Die Lions het teruggekom in die tweede helfte maar dit was nie goed genoeg om die beste span op die veld te wen nie.

Nou vir WP en die Bulle.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 20/10/2018 - 18:22

Ons krag het afgegaan kort rukkie voor halftyd,   Toe loop die Bulle met 5 punte voor.  Die man by die hek sê die hele area is af.    Nou kan ons nie verder kyk nie.   Ons sal iemand in die Baai moet bel of weet iemand hier wat aangaan?

0

Lekker gelukkig ne...paar lekker groot scores gewees. 🤔🤔. Mos al  klaar in die final gewees voor die game... Amper... Maar ja baie geluk

OomLen, jy het darem maar goeie waarde vir geld gekry vandag 😎

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 20/10/2018 - 20:24

Bulle het baie goed gespeel.

Eintlik het hulle verdien om te wen met hulle spel.

Ongelukkig kan en nie nou saam met hulle hartseer wees en huil nie.

Dit is maar Persoonlike redes.

WP JOU LEKKER DING. smiley

P.S.

Baie die geval van Bulle en Vrystaat baie jare terug. Mens wat weet sal dit goed onthou, toe Bulle Vrystaat getrap het in die game voor die finaal en toe beker verloor het teen Vrystaat in die finaal. Toe niemand Vrystaat n kanse gegee het nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus