Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -30 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Dubbel insette.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek het vir die afgelope maand gesien daar is eweskielik baie dubbel plasing van insette.  Dit is nou as jy n inset lewer en hy verskyn 2 keer.

Ek het baie ondersoek ingestel en navorsing gedoen oor die verskying op hierdie drupal8 platform. 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 18/06/2017 - 08:18

Ek dink ek weet wat dit is, dit gebeur op CP ook.  As jy Save kliek en jou inset gaan nie dadelik deur nie, is jy geneig om save weer te kliek.  Vir elke kliek op save gaan dit een keer deur.  Na jou eerste kliek moet jy net geduldig wag dat dit deurgaan en nie weer kliek nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 18/06/2017 - 09:22

Die kenners het my laat weet dit is algemeen vir n forum van hierdie tipe om n vermeerdering van dubbel insette te wys gedurende die wintermaande.  Op Forum platforms met meerderheid ou mense as lede verskyn dit asgevolg van hande en vingers wat bewe, natuurlik asgevolg van ouderdom gesamentlik met die koue winter.

Die ou mense se vingers bewe blykbaar so erg dat hulle die save knoppie binne n splitsekonde 2 of self 3 keer druk.

Ek het nog nie n trippel inset gesien nie, of verbeel ek my ek het al?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 18/06/2017 - 09:30

Voortrekker, jy soek ons en jy gaan ons kry!   

Ons druk daai knoppie so baie omdat ons jou wil help om die metertjie op te jaag.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 18/06/2017 - 12:07

As iemand my weer oud noem gaan ek my stert in 'n krul trek en vir vyf dae nie myself groet nie, dit sal julle lekker spite!!!

O gits nou dat ek weer mooi dink gaan ek net myself spite, dink nou hoe mislik dit gaan wees as 'n nice ou soos ek nie meer vir my wil groet nie?

Nou dat ek nugter daaroor dink sal ek maar liewer die spottery aanvaar en my stert reguit hou.

Gelukig is vroulief  nog baie lief vir my, kom nou net terug van 'n vrek lekker ontbyt by die "Waterfront Hotel" lekker ge-eet met 'n pragtige uitsig oor die hawe, wat die spysverteering goed aangehelp het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus