6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -12 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

EZEMVELO - deur Segekook

Meyerton
Submitted by Segekok on
Forums
Klein Juweel  naby Bronkhorstspruit

Kort anderkant Bronkhorstspruit lê daar n klein juweel van n kamp plek. Dit is die EZEMVELO NATUUR RESERVAATOngelukkig is die pad na die plek baie sleg en ek sal nie weer met my woonwa  gaan nie.  Hier is die GPS punt vir die hek van die reservaat.(S25° 42.501' E28° 55.800')

Ezemvelo ezemvelo


Soos ek gesê het die pad is nie geskik vir n pad woonwa nie.  Ek het my woonwa daarheen gesleep maar teen n 20km/h. Vir die wat met tente en boswa kamp is dit n moet.  Daar is lastige ape so hou maar altyd die kos goedjies dig toe.  In die aande hoor jy die jakkalse roep en die rooi bokkies kom slaap in die kamp terein. Daar is heelwat wild en jy kan lekker stap, fietsry of selfs so n bietjie visvang.(catch & release)

ezemvelo

 

 

 

 

 

 

 

Die tariewe is ook baie billik eintlik goedkoop.  Die Ablusie blokke is baie oud en kort aandag maar was gereeld skoon gemaak. Opwas geriewe vir die skottegoed  is by reg langs die ablusie blokke. 
Elke kamp plek het n kraan en braai. Daar is ook krag en n gewone  3 punt sok word gebruik.
Hier is so nog n paar fotos..

ezemvelo

ezemveloezemvelo

 

 

 

DASSIE: Dankie Segekok mooi foto's maar jy moet nie so neerhalend van die opsigters praat nie .Wat is n kamp sonder n Kamp Kommendant

SEGEKOOK:

dassie het geskryf:

Dankie Segekok mooi foto's maar jy moet nie so neerhalend van die opsigters praat nie .Wat is n kamp sonder n Kamp Kommendant smile

Daardie Kamp Kommendante maak tot die kratte oop. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus