DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
Voorie, dit sal mos baie…
Voorie, dit sal mos baie lelik wees om daai klein mensie te steur as hul nog so lekker slaap, jy is verskoon.?
Johann, ja. Die kinders…
Johann, ja. Die kinders moet nou begin sodra die skool vakansie begin en ek moet die tent se pale uit sort.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
More draai die seisoen dan word dit stelselmatig weer vroer lig. Vanoggend nie te koud hier waar ek is nie.
Lekker dag vir elkeen
More almal…
More almal
Ja vandag is die kortste dag van 2017. Binnekort kla ons weer oor hoe warm dit is.
Lekker dag almal
Goeie more! Drink maar…
Goeie more! Drink maar moeilik aan die koffie vanoggend. Dink aan my liefste ma wat nou ingaan vir ope hart operasie. En aan my pa wat daar by die hospitaal sit en wag.
Goeie more aan 'n ieder en …
Goeie more aan 'n ieder en 'n elkeen, mag julle 'n baie produktiewe dag geniet.
More mense…
More mense
Anton
Sterkte ou mater ons glo en vertrou dat alles goed sal afloop.
Groetnis
Goeiemore
My tee is lekker dankie, veral in die koue. Die seisoene mag wel draai vandag, maar Julie en Augustus lê nog voor, dan is dit nog winter!
Sterkte met jou ma, Voortrekker. Dit is 'n groot operasie, hoe oud is sy? Ons hoop alles loop goed af en dat jou pa ook sal sterk wees. Laat weet ons hoe dit gegaan het as alles verby is.
Lekker dag vir almal.
Sterkte Anton, skuus man, ek…
Sterkte Anton, skuus man, ek dink ons het omtrent gelyk geskryf, ek het nie jou inset gesien nie.
Dink aan jou ouers, en veral aan jou ma, vertrou dat alles goed sal gaan.
Môre sê, Sterkte daar Anton.
Môre sê,
Sterkte daar Anton.
Anton baie sterkte vir julle…
Anton baie sterkte vir julle.
Ons dink aan julle en hou julle in ons gebede!
Dankie Julle! Freda my ma…
Dankie Julle! Freda my ma is 69 jr oud. Die operasie word in Bulgarye gedoen.
Sjoe, dit is ver weg. …
Sjoe, dit is ver weg. Gelukkig kan jy by haar wees in jou gedagtes en in jou gebede. Sy is darem nog nie heeltemal oud nie, so eerder nou die operasie, as later.
Dankie en sterkte
Dankie vir die laat oggendkoffie!!!
Anton, STERKTE aan julle almal, en ons GLO dat alles wel sal afloop met die operasie daar vêr!!!!, ek glo almal hier dra haar en jou pa op aan die Groot Geneser!!!!
Dankie Frans!
Dankie Frans!
Anton,…
Anton,
Sterkte vir julle. ek weet en glo dat dit goed sal gaan. Die GROOT GENEESHEER is in beheer en hy sal die dr. se hand vashou
Ek sit hier op die lughawe…
Ek sit hier op die lughawe koppie koffie in die hand,
Ek sit wag vir my kinders om te land,
Groen mamba vir pa wat stress
Al my pelle se kinders tuis........
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Sit nou en tee drink. Sal vir die volgende 4 weke bietjie later inkom. Vriend/kollega ry saam met my en hy kan nog vir die volgende 4 weke nie bestuur nie. Hy het geval en 2 ribbebene gekraak en 1 ribbebeen op twee plekke gebreek. Was nou af vir 6 weke en een breek nog nie aan gegroei nie.
Lekke Woensdag vir elkeen
Anton,…
Anton,
Hoe het die operasie toe verloop?
Johann,
Geniet die tyd saam met jou kinders





More almal, heerlike koffie…
More almal, heerlike koffie op die winters oggend geniet dankie. Mooi dag aan julle.
Willem, bly julle het die kamp geniet, nou gaan jy volle aandag aan daai 3B gee, ons wag vir fotos.