DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
Goeie Môre Donderdag
Dankie vir die koffie.
Len, ek kan al sien hoe trippel jy daar rond.
Freda, vat dit maar rustig met die Ingelsman en sterkte met die skuif.
Geniet die dag almal.
My werk kom ook aan.

Die Gypsey 3B lyk sommer…
Die Gypsey 3B lyk sommer spoggerig Wilsur! Sal like om nog fotos te sien, weet jy is al geruime tyd besig om dingetjies te doen aan hom.
Gypsey 3B
Daai 3B lyk sommer baie netjies Willem, hy is seker naby klaar.
Wag ook maar in spannijg vir fotos om die projek te kan beskou.
Die twee dogters moet eers…
Die twee dogters moet eers hulle werk doen die vakansie tyd dan sal ek met julle deel. Het gister die rally se pale gedoen en opgeslaan, wou nie vir die kinders wys nie want hulle kom Saterdag kuier maar moes net dit met iemand deel.
Wragtag pragtag!!!!
Willem, dit lyk soos advertensie van "ou tyd" , daardie wa!!! Mens wil sommer naderstaan!!!!
Is nou besig om my laaste…
Is nou besig om my laaste koffie vir die dag te drink.
Sien hulle verwag reen daar by Len. Hy moet dalk maar sy wa uittrek om skoon te reen
Dankbaar.............
Dankbaar vir die reën wat vir môre voorspel word, maar dit is te laat - die wa is reeds skoon ! 'n Sewentig jarige feëtjie het toegeslaan en toe ek weer kyk, is die wa silweskoon - blink soos 'n nuwe, tot die wiele is swart gepolitoer.
My siel behoort nou tot ruste te kom.
Nou wonner ek wat is daai…
Nou wonner ek wat is daai sewentige jarige feëtjie se naam?
Jy is vergewe, as 'n man gaan kamp, moet die ry goed skoon en netjies wees.
My ou moeder het altyd gesê die kombuis moet skoon wees voor enige een kooi toe gaan, as die dokter moet uit kom, sal hy sê die siekte kom van daai vuil kombuis af.
Nou se ek as ek teenspoed kry, en my goed was nie netjies en skoon nie, sal die mense sê dit is omdat jou voertuie so vuil was.
Nou sê ek eers nag, laaste koppie tee gedrink, nou gaan ek kooi toe.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Tee en koffie is gemaak.
Johann, daai was wat almal gese het. As jy nou van die anderkant af kyk en die kombuis is nie skoon en netjies nie sal die dokter se dat jy al lankal begin siek word het. Dat jy nie eens krag gehad het om die kombuis netjies te maak nie.
Lekker dag en geniet die naweek
Goeie more almal. Julle…
Goeie more almal. Julle moet 'n lekker dag he! Hierdie Vrydag koffie is altyd lekker,, maar nie so lekker soos daai Saterdag oggend een wat ek op my eie stoep kan drink nie.
More kamp naweek hier. Gaan…
More kamp naweek hier. Gaan lekker bederf word deur CCSA Suidrand. Marshalls invitation kamp hulle betaal vir naweek vanaand kry ons bunny chow en more spit braai.
Goeie more Ski
More kamp naweek hier.
Jy moet dit geniet!
Vir 'n laaste keer......
Goeie môre vir 'n laaste keer tot oor 'n maand !
Nico (Ski), ek wil nou nie op jou battery piepie nie, maar ek gaan ook van môre af kamp, maar beslis nie net vir 'n naweek-kamp nie !
Julle is nou uiteindelik van my ge-"bragery" ontslae want ek het nou ander dinge om op vakansie in die Wildtuin te doen - daar sal nie tyd wees vir 'n geklets op die forum nie !
Bragery
Goeie more alamal, mooi naweek vir elkeen.
Len ons het daai gebregery terdee geniet, julle moet mooi ry en oom Paul se plaas geniet.
Jy moet jou verjaardag voluit geniet, glo jy gaan 'n dag hê om te onthou. Baie geseende jaar vir jou.
Nico, lekker man, geniet die kamp, dink maar aan ons as jy daai spit so wegpak.
Koffie!!!!!!
Dis VRYDAG, amper tyd vir eerste naweek dop!!!!
Len, mooi ry, geniet, en byvoorbaat VEELS GELUK met die 70ste op die 24ste Julie!!!!!Goeie more almal wat kom…
Goeie more almal wat kom inloer.
Klaar koffie en beskuit gehad. Gereed vir die dag. Heelwat om te doen in die erf.
Geniet die Saterdag
Goeie more Dusty! Hoop jy…
Goeie more Dusty! Hoop jy het n produktiewe erf dag.
Goeie more vrienne, hoop…
Goeie more vrienne, hoop julle dag loop soos stroop. Tweede koppie is lekker dankie.
Goeiemore
My tee baie lekker hier by Willows vanoggend. Ja, ons is veilig hier, opgeslaan en ingerig. Willows het die plaveisel op die privaatsaanplekke groter gemaak en dit beslaan nou die hele staanplek. Geen stof en geen voëls wat meer op ons tjorts nie!!! Privaatablusie, my gunsteling.
Nou ja, ek wonder hoe vêr ry ou Len al? Ek hoop hy het darem geslaap laasnag.![]()
Geniet julle naweek.





Anton, as iemand die woord …
LEN, dit was darem nie 'n tipiese vergadering nie. Ek het darem lekker rondgekruip en op goed geklim en ook weer gesien hoe nog 'n moderne hoe spoed koeldrank verpakkingsmasjien installeer word. 5 ure op site en ook geleer oor (nuwe) Coke SA se onlangse nationale verpakking en verspreidings strategie veranderinge - m.a.w nogal 'n avontuurvolle en insiggewende dag
Maar ek weet goed daai vergaderings waarvan jy praat. Ek het elke maand so 3 van hulle, gewoonlik via skype conference want die mense is wyd versprei - hulle hou gewoonlik vir so 3 ure aan en sit en gaap ek in my stoel meeste van die tyd.