Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -4 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

'n Baie spesiale paartjie

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek wil graag hulde bring aan 'n pragtige jong dametjie wat vandag ses jaar gelede "Ja" geantwoord het. Nogals so half spesiale man het ook op die selfde tyd net voor haar ook "Ja" ge-antwoord.

Jonika, wat kan ek se, baie geluk met jul sesde huweliks herdenking, en baie dankie dat jy ou Anton kalm kan hou met al sy frustrasies van ons spul hier oppie forum!

Anton, my vriend, jy het 'n juweel - pas haar vorentoe net so mooi op soos oor die laaste ses jaar, ek is so bly dat oom Angus die dag vir julle tweetjies spesiaal gemaak het!

Byt vas altwee van julle, nog net 43 jaar dan is julle gelyk met Petra en ek.

Nogmaals baie geluk mag julle nog wonderlike jare vorentoe beleef, en dan sal ons maar nou sing "Kinders by die dosyne"

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 28/10/2018 - 08:49

Ja Arie die lewe en al sy daaglikse bekommernisse en onsekerhede kan 'n mens baie maklik onder kry. Ek glo dit waarna jy verwys as oogklappe kan ook vertaal word as ongeloof?  Ongeloof is dan seker direk 'n resultaat van geloof in al die leuens wat rondgaan en vertel word?

Eintlik is ongeloof 'n baie eenvoudig ding om te verstaan vir ons gelowige mense wat as dwase uitgemaak word. Die eenvoudige veklaring van ongeloof waarna ek (die dwaas) verwys is die resultaat van dié een wat leuens oor God vertel.  Daardie een (Lucifer) wil nou daagliks rondloop en alle mense verlei om te glo dat God NIE sal voorsien nie, dat God NIE bestaan nie. Die Leuens dat alles van JOU as mens afhang en dat die menslike dinge en uitdagings rondom JOU groter as God is en dan ook die leuen dat God se skuldoffer en vergifnis NIE voldoende is nie.  

Ek is baie dankbaar dat ek gister by die gebedsbyeenkoms kon gewees het saam met my vroulief. Wat beteken dit vir my?    Gebed en geloof in God beteken dat ek hom herken as skepper,  voorsiener en as die een wat in beheer is.  Gister het ons Hom benader en gevra om beheer te neem oor die situasie in ons land en in ons lewens.  Ons het die leuens eenkant toe geskuif en ons oë en vertoue op Hom gerig! (Nie op Angus nie,  op God)

0
Worcester

Bolander

Sun, 28/10/2018 - 19:39

Neem uit die verlede [6jr] alles wat goed en lieflik is [uit die Woord] en bou die toekoms daarop.Geseend is die wat die WOORD in ere sal hou en julle getroude lewe daarop bou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus