M0re Kampers
Na aanleiding van beskrywings van mense onder "gesegdes, het ek gewonder hoe gaan ons mede kampers beskryf as ons boomname moet gebruik.
Byvoorbeeld, die manne /gesinne met die blink nuwe dubbelwiel-waens en nuutste/duurste sleepvoertuie--- dalk as "blinkblare"
Die knorrige ou omie as 'n "suurpruim"
Los nou net asb die blomname uit die gesprekslyn, dit kan dalk uitrafel. Daar is genoeg mooi boomname soos "drolpeer" ensovoorts![]()
Groete
Wessel
Die kampers wat hou van zol…
Die kampers wat hou van zol rook - daggaboom ![]()
Ek laaik daai dropeer...rol…
Ek laaik daai drolpeer...die woord rol so lekker oor die lippe
He-he en wat van die ou wat…
He-he en wat van die ou wat heeldag in 'n "speedo" rondloop? Trosvy
Raasblaar
Middag mede kampers
Dan is daar ook nog die Raasblare, dis nou die kampbure wat tot laat lawaai, of wie se kinders voortdurend skree/kerm vir aandag.
Lank gelede in Berg en dal het van my kinders die nag deurgekerm, tot groot radeloosheid van ons. Die volgende oggend bied ons bure toe medisyne aan, die egpaar was beide kinderartse en kon sommer hoor wat die moeilikheid was. Ons was maar te dankbaar, en erg verleë.
Groete
Wessel
Tannie die ou wat alleen…
Tannie die ou wat alleen kamp -Enkeldoorn, wat is 'n dame wat alleen kamp, al wat ek kan dink is "Suurvy" of dalk "Droe vy, net nie seker of dit bome is nie?
Suurvy
middag kampers en kamperesse
Ai, ek het so hard probeer om julle by die skoon name te laat bly.
As ek reg onthou is 'n suurvy eintlik 'n struik/bossie wat in die duineveld aan die Suidkaap voorkom. Tipies soos daar in Vermaaklikheid wat onlangs so gebrand het.
Groete
Wessel
Ons het dan ook ons hier 'n …
Ons het dan ook ons hier 'n "haak-en-steek" Akasia man.![]()
Skerp Freda
Skerp Freda, ek hou van die ou wat heeldag met sy speedo rondloop !
En ou Jannie-jammergat kan wees "Treurwilger".
Maar die boom is mos weg …
Maar die boom is mos weg![]()
En ou Jannie-jammergat kan wees "Treurwilger".
Nou wie gaan ons die titel…
Nou wie gaan ons die titel van Waboom gee ? Nee Arie dit het niks met die disselboom te doene nie, die hout was vir briekskoene gebruik ![]()
die hout was vir briekskoene…
die hout was vir briekskoene gebruik
Neef ek kan aan n paar dink ![]()
Len nee.. Ek praat sommer so…
Len nee.. Ek praat sommer so oor die algemeen.
Daai boom waarvan Johann praat is soos onkruit... Hy gaan weer iewers opkom....
Spekboom, so op die fotos…
Spekboom, so op die fotos hier nogal paar kampers wat daai titel kan kry.![]()
Nou wonder ek self wie is…
Nou wonder ek self wie is die Waboom waarna daar verwys word?
Nou wonder ek self wie is…
Nou wonder ek self wie is die Waboom waarna daar verwys word?
Anton daar is baie...... hulle is almal lede maar jy hoor of sien hulle geen insette lewer nie....
Nou wonder ek, watse boom…
Nou wonder ek, watse boom sal ek wees?
Wonder ek ook?





Die ou wie....... nooit…
Die ou wie.......
nooit gaan bad of stort nie : Stinkhout of Stinkwitgat
se dop altyd naby is : Doppruim of Kliphout
alleen kamp : Enkeldoring
vol hare is : Harige ghwarrie
gedurig gaan piepie : Perdepis