Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Chargemaster MK5

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het 'n probleem en kort raad.

Die Gypsey het 'n Chargemaster MK5 in.

Die 220v werk 100% maar die ligte wat op 12v werk wil nie werk nie sad. Die laaier op die battery werk.

Waar begin ek soek?

.

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 01/12/2021 - 19:51

Ek aanvaar 'n smeltdraad het geblaas. Omdat geen 12V-sekering punte op jou Chargemaster sigbaar is nie, moet dit iewers anders wees.  Kyk onder een van die banke op die vloer (gewoonlik langs die yskas) vir 'n room-kleurige boksie waar die smeltdrade in is.  Ek het aan twee Super Sports gewerk waar die "fuse"-boksie onder die bank was.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/12/2021 - 09:10

Môre Stephan

Werk jou 12 volt selfs sonder 'n battery ge installeer? As ek reg onthou kon my Jurgense se 12 volt werk, selfs sonder 'n battery. Indien dit die geval is, het jy dalk net 'n stukkende smeltdraad erens.

Indien jou Gypsey wel 'n battery in die stroombaan moet hê, kan dit wees dat die battery dood is. Selfs met die stelsel op krag, 'n werkende laaier, kan die 12V uitset dalk ontbreek, omdat die battery nie laai nie, en optree as 'n stroombreker.

 

0

Hello Wessels

As die battery nie in is nie, werk die 12V ligte nie. As die battery in is werk dit wel.

Ek het weer getoets en kry geen lading deur van die laaier na die battery toe nie (bly op 1,2 tot 1,8V).

Al die smeltdrade gekyk en almal is reg. Die ligte werk as die battery in is maar ek weet dit sal nie hou nie want die battery laai nie. Die battery is reg en laai op 'n eksterne laaier

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 03/12/2021 - 16:00

Stephanus, dit is dus duidelik dat die laaier binne-in die Chargemaster foutief is.  Jy sal die Chargemaster moet laat herstel.  Dit strook egter nie met jou aanvanklike mededeling nie :  "Die laaier op die battery werk."

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 03/12/2021 - 16:12

Hello StephanS

Dus lei ek af dat jou laaier nie werk nie. Ontkoppel die laaier van die battery, en meet dan die volts oor die drade wat aan battery gekoppel moet word. As daar geen spanning is nie, beteken dit die fout is in die laaistelsel. Die stelsel moet ongeveer 13.8V uitsit na die battery, as dit nie gekoppel is nie. 'n Pap battery sal ook tot 13.8v gelaai word, en dan sal die stelsel die stroom na "trickle" verlaag. 

Meet jou battery apart, as dit volgelaai[>12.7V] is, en jy koppel dit aan die laaier moet jy ook dit meet. Kan jy stroom meet? Kyk of die laaier stroom lewer aan die battery.

Ek vermoed iets het die gees gegee binne in die laaier se beheer. Het dit nie dalk ook 'n smeltdraad in nie.? Jou laaste sin seg alles " die battery laai op 'n eksterne laaier"

 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 05/12/2021 - 20:52

Nee Wessels. Het nou half vasgestel dat dit moontlik die 220v wat na die laaistelsel toe voer is wat die probleem gee. Ek het 'n Sparky vriend wat môre of Dinsdag gou gaan kom loer.

Van elektries weet ek meer as my vrou en sy weet gewoonlik alles laughlaughlaugh

0
Ceres

Robin

Fri, 27/09/2024 - 19:08

Good evening all,

I have problems with my charge master mk 5 unit in my Caravan. 220v is working fine but the 12v side ligts is not working. Tested the unit and get 12v ac output at the unit . Must this be AC or DC. I have replaced all the fuses and get current readings throug the fuses at 4v wich i dont understand and then from there up to the lights, Testing by the lights no power. Is there fuses situated elsewhere than underneat the bench and in the light fitting itself? Another question can the old style tubes be replaced with led tubes and what would the code be for the tubes.

I have a gypsey Romany 1996 model.

Also does someone maybe have a wireing diagram availible for the chargemaster mk5 unit.

Regards.

Robin

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/09/2024 - 19:54

Welcome at the forum. I hope that some members can help to solve your problem.

I have only one comment, the 12v output, to my mind, must be DC. 

Furthermore, I don't understand your statement " current through the fuses at 4V" Dis you replace the fuses with the correct type, just maybe the resistance of the fuses is too big, resulting in low current.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus