Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -6 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Wessel November 2026 Geert -7 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -7 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 07/11/2018 - 06:50

Die man was heel OK toe ek hom aflaai.  Sê vir my op die pad, ek moet vir hom water saambring, hy sal seker dors wees as ek hom kom haal.surprise   Ek sê vir hom, Colin daar is water in die hospitaal, weet jy?   En maak oop jou mond en sê hulle moet vir jou tee en 'n toebroodjie bring!  Mans kan soms regtig hulpeloos wees.laugh

Die dokter gaan blykbaar drie goeters met hom doen vandag, inspuiting en iets met "lumber" te doen.  Die pyn is net laag in die rug, dit is eintlik meer in die linkerboud.  As hy lank sit, is die boud seer, as hy lank staan is die lae rug seer.   As hy lê is alles beter.   So, ons lê maar baie.   Nogal lekker..... laugh

Dusty, sterkte met jou suster, hoop hulle stop die bloeding gou.

Dit is pragtig buite na die reën.  Die son skyn en blykbaar gaan dit nou weer warmer  word.  Ons kamp nog net 'n week en hoop vir lekker kamp weer.   Mense wat in 2016 langs ons gekamp het by Dibiki, en met wie ons goeie vriende geword het, kamp op die oomblik by Willows tot die 22ste.  Hulle gaan by ons kom kuier by Van Stadens en dan sal ons weer by hulle gaan kuier by Willows.  Kan nie wag om hulle te sien nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 07/11/2018 - 07:51

Goeie more aan almal hier, ook die wat nie hier is nie! Mag jul almal 'n geseende dag beleef.

Ek het vroeg lekker ver gaan stap, dit is 'n lieflike vars oggend na al die water en ys wat hier geval het. 

Onder 'n boom gaan sit en die sons opkoms bewonder terwyl ek so aan my pyp suig. Ai die lewe is darem goed vir ons, ons vergeet so maklik van al ons seeninge?

Aan almal wat probleme het, die Uncle, Stoffel se kinders, en dalk nog wat ek vergeet het, sterkte aan almal julle is in ons gebede.

Ook 'n vir die wat staar siekte het - sterkte, persoonlik het ek gelukig nie daai siekte nie, ek het maar net baie min slaap nodig, so 4 ure uit 24 is vir my oorgenoeg.

Ek staar darem nie, staan op, maak koffie, lees of "surf die net" of gaan stap, lekker as die wetreld om jou slaap, dan kan mens lekker jou kop mooi skoon kry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/11/2018 - 10:43

Môre sê Kampforum.

Sterkte vir jou sussie Stoffel, en met die hospitaal dinge uncle Colin hoop dit gaan beter.

Geniet julle dag in vrede.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 07/11/2018 - 15:53

Ons sal eers more kan sê of dit gewerk het, Dusty.  Hy voel fine, het nog bietjie pyn in die boud.  Maar hy loop hier rond en help langsaan by my susterskind om op te slaan.   Die dokter het hom pynpille gegee vir vannag, so dit is seker nie veronderstel om heeltemal so gou net weg te wees nie.   Ek weet ook maar nie, jong.   Daai boud beter môre reg wees, anders skop ek hom op die ander boud!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 08/11/2018 - 06:07

More more.

Anton was jy nie op stand by vir die forum gisteraand nie ? Ek het probeer kontak maak, maar niemand was beskikbaar nie. Ek wou foto's laai smiley

Geniet julle naweek.

Ek gaan al vanaand begin kamp by Soetdoring, maar werk more deur die dag. Is mos 4 km van my huis af.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/11/2018 - 06:54

Goeie more almal, geniet vandag voluit.

Harry, julle moet dit geniet.

Freda, laat weet wat maak Colin se boud na die skop (jy het mos gesê jy gaan hom reg skop)

Stoffel, hoop jou kinders is nou gesond.

Almal wat een of ander kwaal het, sterkte.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus