Naand sê vriende, ek is redelik raad op.
Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie, sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.
Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea". Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.
Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.
Met Jurgens wat nog nie vol in produksie is nie, weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.
Willem, as ek mag vra, wat…
Willem, as ek mag vra, wat het daai verandering van die ronde kas gekos?
Johann, kan nie met…
Johann, kan nie met sekerheid sê nie, ek het die wasbak gekoop en Jaco van Pta. Oos Woonwakliniek het dit gedoen, so R5,500.00 einde November 2014.
Johan, ek het nog n plek in…
Johan, ek het nog n plek in Silverton gekry. Sal hulle mord kontak.
Sal jou op hoogte hou
Daar is 'n groot hout…
Daar is 'n groot hout handelaar in East Lynne, net van Stormvoël af. Die plek se naam is Woodcentre. Hoop dit help, Johann.
Ek het hot en haar gebel, al…
Ek het hot en haar gebel, al die ouens sê 16mm die minimum wat hulle kry, ek het toe besluit om 'n heel nuwe blad te maak.
My vrou wil niks weet van daai ronding uit gooi nie, glo te lekker pak plek.![]()
Nou ja, ek het vandag maar vir my 'n stuk blad bestel wat baie naby die ou blad se kleur is, sal dit teen volgende Donderdag kry.
Intussen het ek die strip werk begin, my vrou wil ook nie meer die mikrogolf in gebou hê nie. Ek moes dit dus uit haal en 'n nuwe stuk blad bo op die oorspronklike sit om die skaaf merke weg te steek.
Dit lyk maar sleg sover, hoop ek kry dit weer aan mekaar😃
Sterkte oom
Sterkte oom.
Dis heel maklik om die veranderings te doen.
Dankie, ek moet sê, ek was…
Dankie, ek moet sê, ek was bietjie geskok met van die hegpunte onder die blad. Party het nie eers skroewe in gehad nie, die kant teen die karavaan muur was in stukke gekraak![]()
die kant teen die karavaan…
die kant teen die karavaan muur was in stukke gekraak
Wel nou kan jy dit lekker opfix! ![]()
![]()
Johan, Sterkte met jou…
Johan, Sterkte met jou joppie. Stem met jou vrou oor daai ronde kas meer pakplek en is meer gemaklik as gewone kas vir kombuisware.
Petra is ook mal oor daai…
Petra is ook mal oor daai rondekassie, lekker baie pakplek.
Ek het nou met die afronding…
Ek het nou met die afronding van die bestaande regop panele begin, om alles die selfde hoogte te kry, moes twee so 10mm korter sny, geen probleem nie. (Dit is 3ply en kon sommer met die jigg saw sny)
My probleem is egter dat die paneel voor teen die bank so 20mm laer is as die res van die "hoof" panele (die skuins hoek kassie en die middelste regop panele van die smal kassie in die middel.
Ek sal maar moet stop, en wag tot ek die nuwe blad op sit, meet hoeveel ek kort kom, en 'n stuk plank sny, en dit aan die binnekant in las.
Dit klink maklik vir julle slim mense wat so mods doen, maar ek was 'n pen pusher😂
Johann, dit is hoedat my kas…
Johann, dit is hoedat my kas lyk sonder die boonste blad en sonder die wasbak.

Sal weer 'n foto laai sodra dit klaar is
Stoffel, lyk my mos jy het…
Stoffel, lyk my mos jy het ook besluit, "bite the bullet" en doen die ding![]()
Kon jy toe die kleur van jou keuse opspoor?
Geniet wat jy doen, ek beny julle handige mense.
Ek is juis van vroeg af in die wa besig vanoggend, ek sit met so baie klein probleempie. Die oorspronklike blad het aan die onderkant, sulke stutte (baie dik plywood) gehad wat uit gesny was waar die regop panele staan, nou, nie al die regop panele is ewe hoog nie. Ek moet dus nou met 'n lang stewige plank sit en meet en pas waar moet ek hoeveel af sny, sodat die nuwe blad gelyk , en oral vas gesit kan word. Klein uitdagintjies, maar ek glo as ek kkaar is, sal ek tevrede wees.
Sterkte oom...
Sterkte oom met daai stutte.
Ek gaan maar op 'n ander plek moet begin lees, net nou haal ek ook goed in my wa uitmekaar en dan kan ek dalk nie weer kamp nie. ![]()
![]()
Johann, het nog nie…
Johann, het nog nie materiaal gekry nie. My plan is om plywood te gebruik en net verneer op te plak. Wil juis hierdie weet 'n man gaan sien wat ek ken. Hy bou kombuiskaste en het blykbaar verskillende verneers wat 'n ek dalk kan gebruik. Sal jou op hoogte hou sodra ek iets gekry het





@ Danie, baie baie dankie…
@ Danie, baie baie dankie vir jou moeite, ek waardeer dit opreg
Ek sal more Brits Karavane en die plek bel.
Ons gaan die laaste week van November Buffelspoort toe, en dan kan ek by albei plekke gaan draai maak.
@ Stoffel, ek hou baie van wat jy wil doen