Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -17 minutes ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -38 minutes ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -42 minutes ago
Wessel November 2026 Johann L -54 minutes ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago

Penta kombuis blad.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Naand sê vriende, ek is redelik raad op.

Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie,  sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.

Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea".  Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.

Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.

Met Jurgens  wat nog nie vol in produksie is nie,  weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 04/11/2018 - 17:40

@ Danie, baie baie dankie vir jou moeite, ek waardeer dit opregyes

Ek sal more Brits Karavane en die plek bel.

Ons gaan die laaste week van November Buffelspoort toe, en dan kan ek by albei plekke gaan draai maak.

@ Stoffel, ek hou baie van wat jy wil doenyes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 04/11/2018 - 18:19

Johann, kan nie met sekerheid sê nie, ek het die wasbak gekoop en Jaco van Pta. Oos Woonwakliniek het dit gedoen, so R5,500.00 einde November 2014.

0
Pretoria

leeu

Mon, 05/11/2018 - 08:43

Daar is 'n groot hout handelaar in East Lynne, net van Stormvoël af. Die plek se naam is Woodcentre. Hoop dit help, Johann.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/11/2018 - 17:46

Ek het hot en haar gebel, al die ouens sê 16mm die minimum wat hulle kry, ek het toe besluit om 'n heel nuwe blad te maak.

My vrou wil niks weet van daai ronding uit gooi nie,  glo te lekker pak plek.devil

Nou ja, ek het vandag maar vir my 'n stuk blad bestel wat baie naby die ou blad se kleur is, sal dit teen volgende Donderdag kry.

Intussen het ek die strip werk begin, my vrou wil ook nie meer die mikrogolf in gebou hê nie. Ek moes dit dus uit haal en 'n nuwe stuk blad bo op die oorspronklike sit om die skaaf merke weg te steek. 

Dit lyk maar sleg sover, hoop ek kry dit weer aan mekaar😃

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/11/2018 - 12:38

Dankie, ek moet sê, ek was bietjie geskok met van die hegpunte onder die blad.  Party het nie eers skroewe in gehad nie, die kant teen die karavaan muur was in stukke gekraakdevil

0
Middelburg

Noel

Fri, 09/11/2018 - 21:05

Johan, Sterkte met jou joppie. Stem met jou vrou oor daai ronde kas meer pakplek en is meer gemaklik as gewone kas vir kombuisware.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 10/11/2018 - 09:24

Ek het nou met die afronding van die bestaande regop panele begin, om alles die selfde hoogte te kry, moes twee so 10mm korter sny, geen probleem nie. (Dit is 3ply en kon sommer met die jigg saw sny)

My probleem is egter dat die paneel voor teen die bank so 20mm laer is as die res van die "hoof" panele (die skuins hoek kassie en die middelste regop panele van die smal kassie in die middel.

Ek sal maar moet stop, en wag tot ek die nuwe blad op sit, meet hoeveel ek kort kom, en 'n stuk plank sny, en dit aan die binnekant in las.

Dit klink maklik vir julle slim mense wat so mods doen, maar ek was 'n pen pusher😂

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 12/11/2018 - 07:15

Stoffel, lyk my mos jy het ook besluit, "bite the bullet" en doen die dingyes

Kon jy toe die kleur van jou keuse opspoor?

Geniet wat jy doen, ek beny julle handige mense.

Ek is juis van vroeg af in die wa besig vanoggend, ek sit met so baie klein probleempie. Die oorspronklike blad het aan die onderkant, sulke stutte (baie dik plywood) gehad wat uit gesny was waar die regop panele staan, nou, nie al die regop panele is ewe hoog nie.  Ek moet dus nou met 'n lang stewige plank sit en meet en pas waar moet ek hoeveel af sny, sodat die nuwe blad gelyk , en oral vas gesit kan word.  Klein uitdagintjies, maar ek glo as ek kkaar is, sal ek tevrede wees.

 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Mon, 12/11/2018 - 07:40

Sterkte oom met daai stutte. 

Ek gaan maar op 'n ander plek moet begin lees, net nou haal ek ook goed in my wa uitmekaar en dan kan ek dalk nie weer kamp nie. winklaugh

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 12/11/2018 - 07:51

Johann, het nog nie materiaal gekry nie. My plan is om plywood te gebruik en net verneer op te plak. Wil juis hierdie weet 'n man gaan sien wat ek ken. Hy bou kombuiskaste en het blykbaar verskillende verneers wat 'n ek dalk kan gebruik. Sal jou op hoogte hou sodra ek iets gekry het

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus