Naand sê vriende, ek is redelik raad op.
Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie, sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.
Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea". Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.
Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.
Met Jurgens wat nog nie vol in produksie is nie, weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.
dit het nogal nie sleg uit…
dit het nogal nie sleg uit gekom nie.
Baie netjies. Wat sê vroulief? Of het sy dit nog nie gesien nie? ![]()
Sy dink dit is "redelik"😂…
Sy dink dit is "redelik"😂
Oom Johann, dit het baie…
Oom Johann, dit het baie baie mooi uitgekom.
Sy dink dit is "redelik"😂…
Sy dink dit is "redelik"😂
![]()
Altyd ruimte vir verbetering!
Net so Anton, veral 'n pen…
Net so Anton, veral 'n pen pusher soos ek![]()
Altyd ruimte vir verbetering!
Dit is vir my vrek lekker om dinge, so ver moontlik, self te doen, dit verskaf baie meer plesier eerder as om dit te laat doen, en nog te betaal ook nog![]()
Johann, wys jou net. Daar…
Johann, wys jou net. Daar het jy ook nou iets ontwerp/gebou. Baie mooi
Johann, baie stadig. Ek het…
Johann, baie stadig. Ek het vandag die hout gekoop om die geraamte mee te bou. Sal die naweek weer daaraan werk. Ek wag nog ook vir terugvoer van die verneer van 2 persone af
Stoffel, ek het so gesukkel…
Stoffel, ek het so gesukkel met veneer, die plekke bo genoem, het net gesê, hulle verkoop nie "marble" veneer nie, en verkoop ook net "sheets van 2m x 3m x 12mm (plus minus). Ek moes 'n vol grote sheet en 20m edging vat.
Ek het baie oor, maar ek gaan dit wel kan gebruik, altyd iets om met dit te maak.
O ja, Brits Karavane het nou…
O ja, Brits Karavane het nou nog nie terug geantwoord nie, en ek moes die Penta klaar kry voor eerskomende week. (Ry Sondag Buffelspoort toe vir 'n week)
Puik gedoen Johann ! Niks…
Puik gedoen Johann ! Niks fout met jou hande nie.
Baie mooi, Johann. Nie…
Baie mooi, Johann. Nie geweet jy is ook een van die handiges op die forum nie.![]()
Johann, Pen pushert of te…
Johann, Pen pushert of te not - daai is 'n puik joppie!
Wel gedaan Johann en baie…
Wel gedaan Johann en baie netjies gedoen. Lekker om dit self te doen en voel trots daarop. Gee my lewerse tools as die rekenaars!!
Johann, kon darem weer tyd…
Johann, kon darem weer tyd kry om weer n bietjie aan my kas te werk. Ek het darem verneer gekry. Omdat daar heelwat eikehout kleur in my wa is het ek "light oak" verneer gekry.
Stoffel, ek hou dop vir…
Stoffel, ek hou dop vir fotos, geniet die veranderings, dit is lekker om goed aan te pas, om jou te pas👍
Stoffel, ek hou dop vir…
Stoffel, ek hou dop vir fotos, geniet die veranderings, dit is lekker om goed aan te pas, om jou te pas
Johann, kon darem weer bietjie aan my kas werk. Dit is soos dit nou lyk. amper klaar. Nog net die skarniere wat ek moet gaan kry en ook die sluitknippe en nog bietjie afronding. Ek kon darem hierdie verneer in die hande kry. Byna dieselfde as die kas se boonste blaaie






Nou ja, eindelik klaar met…
Nou ja, eindelik klaar met die blad, en dit het nogal nie sleg uit gekom nie.
Ek het sommer ook terwyl ek besig was, breë rek teen die ronde kas se kante vas gesit om die skinkborde en broodborde, aan die een kant regop teen die paneel vas te druk, asook aan die teenoor gestelde kant dieselfde vir die borde gedoen.