Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -15 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Penta kombuis blad.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Naand sê vriende, ek is redelik raad op.

Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie,  sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.

Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea".  Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.

Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.

Met Jurgens  wat nog nie vol in produksie is nie,  weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 13:04

Nou ja, eindelik klaar met die blad,  en dit het nogal nie sleg uit gekom nie.  

Ek het sommer ook terwyl ek besig was, breë rek teen die ronde kas se kante vas gesit om die skinkborde en broodborde, aan die een kant regop teen die paneel vas te druk, asook aan die teenoor gestelde kant dieselfde vir die borde gedoen.

 

Kombuis Kombuis blad

Kombuisblad

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 14:49

Net so Anton, veral 'n pen pusher soos ekwink

Altyd ruimte vir verbetering! 

Dit is vir my vrek lekker om dinge, so ver moontlik, self te doen, dit verskaf baie meer plesier eerder as om dit te laat doen, en nog te betaal ook nogwink

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 19/11/2018 - 18:29

Johann, baie stadig. Ek het vandag die hout gekoop om die geraamte mee te bou. Sal die naweek weer daaraan werk. Ek wag  nog ook vir terugvoer van die verneer van 2 persone af

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 20:49

Stoffel, ek het so gesukkel met veneer, die plekke bo genoem, het net gesê, hulle verkoop nie "marble" veneer nie, en verkoop ook net "sheets van 2m x 3m x 12mm (plus minus). Ek moes 'n vol grote sheet en 20m edging vat. 

Ek het baie oor, maar ek gaan dit wel kan gebruik, altyd iets om met dit te maak.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 20:52

O ja, Brits Karavane het nou nog nie terug geantwoord nie, en ek moes die Penta klaar kry voor eerskomende week. (Ry Sondag Buffelspoort toe vir 'n week) 

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Mon, 19/11/2018 - 22:53

Julle. Dis wat ou WW nog altyd verkondig.

Die woonwabouers praat nie met kampers om regtig uit te vind wat hulle behoeftes is nie. Bou waens wat se kombuise soos huise s'n moet lyk en niemand kook eintlik binne 'n wa nie.

Maak mens dink ne?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 25/11/2018 - 06:19

Johann, kon darem weer tyd kry om weer n bietjie aan my kas te werk. Ek het darem verneer gekry. Omdat daar heelwat eikehout kleur in my wa is het ek "light oak" verneer gekry.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 02/01/2019 - 06:13

Stoffel, ek hou dop vir fotos, geniet die veranderings, dit is lekker om goed aan te pas, om jou te pas

Johann, kon darem weer bietjie aan my kas werk. Dit is soos dit nou lyk. amper klaar. Nog net die skarniere wat ek moet gaan kry en ook die sluitknippe en nog bietjie afronding. Ek kon darem hierdie verneer in die hande kry. Byna dieselfde as die kas se boonste blaaie

Kas4

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus