Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

NUUS - ford brand weer?

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Verbeel ek my of het ek vanoggend weer iets op die radio gehoor van  Ford Figo's en nog ander modelle wat ook groot "call backs" ervaar asgevolg van moontlike brand gevare?

Weet iemand hiervan?  In SA?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/06/2017 - 14:24

Voorie, ja dit is so maar dit is beslis brandstigting!!!

Dit is net fords wat deur blankes besit word wat brand, die in die plakkerskampe kom niks oor nie?

Die brande kom ook oor 'n wye area voor, sou dit alles in een beperkte area gewees het kon dit dalk 'n fabrieks fout gewees het.

Ek het ook op faceboek gesien dat daar 'n paar manne met rooi oorpakke met petrol kannetjies naby die fords opgemerk was.

Dus sal die logiese afleiding wees dat dit absoluut brandstigting moet wees.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 23/06/2017 - 15:26

Een van die KUGAs wat "Herstel is" het ook nou die dag sommer begin brand.  Daar is n paar van die Eco Sports ook..  

 

Ek ry nou maar my ou tjoppie saam en as ek n Ford sien haal ek my braaistel uit...

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/06/2017 - 15:34

Weereens duidelike bewys van Malema se brandstiting, daai motor was dan herstel en tog brand dit weer.

Ek glo hy wil ons land met vuur vernietig en hy begin by die heel groot ikone, volgende sal die Pajeros wees.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/06/2017 - 15:34

Weereens duidelike bewys van Malema se brandstiting, daai motor was dan herstel en tog brand dit weer.

Ek glo hy wil ons land met vuur vernietig en hy begin by die heel groot ikone, volgende sal die Pajeros wees.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 23/06/2017 - 18:46

Nee, Arie, jy hakkel nie, jy bewe.  Onthou, ons is "oor die muur", nou bewe ons.laugh

Dankie dat jy my reghelp met die kleur van die petrolkannetjie-draers se oorpakke.  Hier kyk ek die heeltyd uit vir ouens met geel en groen oorpakke!   Nou sal ek weet waarvoor ek moet oplet.   Ek wonder wat is die kleur van die kannetjies.   Wil darem my deel doen dat daar nie nog Fords uitbrand nie.wink

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 23/06/2017 - 19:19

Ek is redelik versigtig deesdae as ek parkeerplek soek, as daar enige Fords naby staan, ry ek eerder verby!!!, EN!!!< ek is doodernstig!!! En ook jammer vir die eienaars van sulke voertuie!! Dis baie, baie tragies, eintlik!!!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 23/06/2017 - 21:10

Frans, dit pas my. Almal is bang om naby my te parkeer en tot die "high-jackers"loop wye draaie om my.

Ek geniet my kuga nog en hy sleep so lekker

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 24/06/2017 - 08:00

Vir eers, grappies op 'n stokkie.

Die media (en veral die sosiale media) kan soms wreed wees, soos laerskoolkindertjies soms wreed kan optree teenoor maatjies wat deur trauma gaan of gestremd is.

Ford doen nou die eerbare dinge om sommige Figo en Icon voertuie (waarvan sommiges al 13 jaar gelede vervaardig is !) te herroep vir 'n gratis herstel van 'n hoëdrukpyp in die kragstuurstelsel.  Volgens die media het Ford nou weer bloedneus gekry !

Dit is alombekend dat voertuie van alle fabrikate soms teruggeroep moet word vir herstellings, maar omdat Ford nou hierdie keer die regte ding doen, word hulle nou weer uit 'n ander hoek geklap.  Wat wil die media en mense nou eintlik hê, 'n herhaling van die Kuga fiasko of sensasie gesels/berriggewing ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 24/06/2017 - 08:22

Gesie, ek is al by my "mid life crisis" verby en ek is nou by die "three quarter crisis" van my lewe  -  het nou eers snaakse opinies !

Nee, ek oorweeg nie op die oomblik 'n Ford nie, die Nissan Pathfinder gee my nog teveel plesier, maar twee van my drie kinders ry en sleep met Ford Rangers en ek is nogal beïndruk.  Ook, hou ingedagte dat my eerste sleepvoertuig in 1969 (voor jou geboorte) was 'n Ford Anglia wat Ford nie meer kan terugroep nie omdat hy nie kragstuur gehad het nie en sy enjin was destyds nog van gietyster gemaak !  Ek hoop jy begryp nou waar my lojaliteit vandaan kom.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 08:26

Ek hoop oom onterf daai kinders! Hul ondeurdenkde dade stel nie net hulself in gevaar nie, maar ook almal rondom hulle! smileydevil

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 08:41

En oom Len, berispe daai kinders, die volgende ding wat hul sal wil doen is om n Pajero te koop! Gryp in voor dit te laat is !

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 09:10

Oom Len, ek lees op sosiale media dat Ford n tin foil fabriek in putsonderwater gekoop het om die vervaardiging van hul enjin tops meer ekonomies te maak, wonder of dit waar is?

LOL, ek soek nou lekker skoor, wag laat ek bokse gaan pak.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 24/06/2017 - 13:45

Gesie, sien wat gebeur as die kinders hier kom praat, julle het die ding heel aan die stert beet!

Oom Len kan mos onmoontlik nie sy kinders wil onterf oor hulle FORD ry nie, dit is iets om op trotes te wees dat sy kinders die intelegensie aan die dag le om FORD te koop?

Len daai ou Angliatjies was darem 'n top karetjie, daai goed het puik vertoon op die resies bane, ook baie goed gedoen op die destydse "Nine Hour races" op Kyalami!

Die lekerste van daai ou Anglia's was dat die voeltjies op geen manier op die agteruit kon mis nie!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus