6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -11 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago

Ek en die gholf karetjie

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Vroeer die week besluit ek om so bietjie 18 putjies te gaan speel op Simbali gholf Estate.

Huur toe maar 'n karetjie want 18 putjies is bietjie baie om te stap. Net so voor die 7 de putjie ry ek toe naby aan een van die pragtige huise verby met so lekker groot son dek voor. Op die dek le daar toe 'n jong dametjie met so klein skrapse bikini en tan. Man maar sy is omtrent 'n pragtige kind, sulke lang raaf swart hare vooruitstrewend en nog agterbaks ook met sulke lang perfekte bene, gevorm soos wat 'n vrou gevorm moet wees!!

Ek verloor toe heeltemaal beheer oor die karetjie met die wat die pragtige visioen my aandag in beslag neem en daar gooi ek mos die karetjie om dat hy op sy sy le. Ek val daar ver op die gras. Toe ek my oge oopmaak kniel die kind hier oor my, ek dog eers ek is seker dood en nou in die paradys, maar gelukig is ek toe nog in die lewe. Sy help my versigtig op die been en vra of ek seergekry het, bewerig verduidelik ek dat ek oraait is. Sy tog die bewerigheid is van die skok, maar dit was eintlik van haar sagte aanraking! ek wou nog verduidelik dat dit nie skok is nie maar sy wil niks hoor, ek moet nou by haar op die stoep kom sit en 'n whiskey drink vir die skok. 

Se toe vir haar my vrou gaan niks hiervan hoor nie maar sy dring aan dat ek moet sit en iets neem vir die skok! gaan toe maar saam met haar en drink 'n ou whiskeykie, reken sy ek moet maar nog een vat want ek lyk nog baie bewerig en geskok. Se weer vir haar ok, maar my vrou gaan dit wraggies nie like nie. Toe die tweede een op is na so uur dring sy aan ek moet nog een vat, maar nou raak ek bekomerd en verduidelik toe mooi my vrou gaan dalk nou begin kwaad raak, vra sy so half ongeduldig "Nou waar is oom se vrou dat jy so bekomerd is?"

Toe wat ek haar vertel sy le nog erens onder die karetjie!

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 26/06/2017 - 12:07

Nee, julle verstaan verkeerd.  Met oppas bedoel Arie sy moes vir hom sy stokke aangee en drinkgoedjies voorsien.  Seker so nou en dan 'n gholfbal gaan haal.   angel

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus