Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -8 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Meyerton

Segekok

Mon, 03/12/2018 - 15:21

Middag almal.  

Met vrydag se pragtige beurtkrag het ons die hele dag se werktyd verloor waar voor ons seker maar moet bly wees.  Die personeel kon almal vroeg loop en die produksie het gaan staan.  Net die regte ding wat ons hier in n baie mooi Suid Afrika nodig het om werk te skep en om die ekonomie te laat groei.  

Gelukkig ket my rekenaar ook in die slag gebly en het ek so 50% van my werk verloor wat nou als weer oorgedoen moet word, ek kla nie ek noem dit maar so terloops.  Die tyd wat van dag aan vir produksie gebruik kon word het ek nou maar met n glomlag in die hart gebruik om onnodige werk te verig en van die "BACKUPS" af moes data gaan haal.  Telkom glimlag breed want die data is mos vir hulle n inkomste. So 30 gig van my 40 gig vir die maand is nou gebruik.

Maar dit gaan goed en daar is darem nog koffie om te drink want ek het mos n gas stoof.

n wonderlike dag word julle elkeen toegewens.

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 03/12/2018 - 20:50

Ek sien nou die hele Vaalpark is in donkerte gehul, net my huis in ons straat is helder verligwink

Ek dink die sake sektor word swaar getref deur hierdie swak bestuurs vermoë, of liewer, onvermoë.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 04/12/2018 - 05:12

Goeie mĂ´re maters!  Julle moet 'n lekker dag hĂ©!  smileyyes

Ek gaan oor  'n uur lughawe toe en vlieg dan Inhambane toe in Mosambiek,  en sal Donderdag aand weer terug wees in Suid Afrika.  Ek hoop darem om so 'n bietjie aanlyn te kan kom van tyd tot tyd en hier te kom inloer, en dalk 'n paar fototjies ook plaas. smiley

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/12/2018 - 05:23

Goeie mĂ´re Stoffel, Arie en Anton, geniet jul dag voluit, so ook die ander wat nog gaan kom inloer.

Smaak my ons gaan warm kry vandag, die hitte het my al vroeg uit die vere, en ek trek nou by my tweede bekertjie, kan ek vir iemand skink?

0
Centurion

Dusty

Tue, 04/12/2018 - 06:17

Wonder ek nou wat het gebeur in Olifantsfonteinweg reg op die snelwegbrug. Kry vanoggend twee trokke daar. weet nie of hulle gebots het of nie. daar was te veel voertuie. die lang trok lyk ook of dit sy vrag verloor het en die staan teen die verkeer heel regs. Vermy daai area indien jy kan

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 04/12/2018 - 07:12

Geniet julle dag almal.

Tik Tok , amper kamp tyd

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 04/12/2018 - 12:56

Spekkies, jy laat my nou terugdink aan toe ek nog gewerk het.  Ek onthou daai gevoel net voor jou verlof begin.   Wel, ek hoop jy gaan baie lekker vakansie hou hierdie jaar en mag dit s-t-a-d-i-g verbygaan.yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus