Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -24 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vaalpark

Johann L

Thu, 06/12/2018 - 15:31

Hehe, ek kry julle klein bietjie jammerwink

ons moet nog werk tot 14 Desember

 Ek ook!

Julle beurt kom, dan lag julle weer vir ons wat Desembers die tuin roete doen, 15 dae in die voor tuin, en 15 dae in die agter tuin, ons ry natuurlik met jan tuis bly se tjor

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 06/12/2018 - 20:30

Oom Johann ons doen ook die tuinroete en as ons moeg is vir die tuinroete, sal ons die wynroete aanpak. laugh

Welkom terug Anton

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/12/2018 - 22:45

Welkom terug Voorie.

Ek het ook 21:00 terug gekom van die tandarts, die arme Dr. lê nog in ICU vir meer as 'n week.  Twee van sy dogters en seun help nou maar na hulle skofte uit.  Die seun ry elke middag van Middelburg af om te kom help.  Die oudste dogter kom van haar praktyk in Cullian elke middag.

My bek wou nie heeltemal dood gaan nie, nou sit ek met my dikbek en kan nie slaap nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 07/12/2018 - 05:44

Goeie more almal. Geniet julle dag. Nog 2 weke voor ek afry Danabaai toe. Dit is nie my jaarlikse verlof nie. Nee, dit is eers Maart.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 06:02

Goeiemôre almal!   Dit is weekend!  Julle moet dit geniet! 

Gerhard ek hoop daren die tandarts het 'n mooi dogter? smiley​​​​​​

' n Lekker dag en naweek  vir almal!    Dig is lekker om terug by die huis te weesangel

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 07/12/2018 - 06:29

Geniet julle dag.

Ek het n nuwe dubbeldeur Coke vertoon yskas gekoop, vir Yvonne se catering.

Hy staan nog buite in die reen. Sukkel om hom in my huis te kry. Hy is baie groot en vrek swaer, meer as 200 kg.

Die ou een (enkel deur) het Yvonne tweedehands gekoop vir R 3500.00. Hy breek gereeld en sy herstel koste rekening staan al op merr as R 7000.00. Laaste regmaak n maand terug was R2000.00 toe breek hy weer n week terug. Waarborg was 8 maande. Waaier vervang, waaier het nou weer ingegee, nou sê hulle, dit is n elektriese fout, want waarborg dek mos dit nie en vra R 700 vir reg maak. 

Genoeg is genoek. Gat vol. Nuwe een het 2 jaar waarborg.

Geniet julle dag en naweek.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 07/12/2018 - 06:44

...almal. Dis Vrydag en ek doen vandag net mooi niks.

Die boubedryf is maar stil so aan die einde van die jaar.

Mooi dag vir julle.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 07/12/2018 - 07:15

Sterkte daar Willem met die mond die koffie hier langs my loop soos stroop so skink maar vir jou ook een in lekke vrydag vir almal vrede

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus