Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Wat laat mens "tuis" voel by sekere plekke?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Petra en ek gaan gereeld kerk toe waar ons ook al kamp, altyd die selfde kerk maar net in 'n ander dorp.

Ons geniet dit altyd, party meer as ander maar mens kry altyd 'n goeie boodskap en vrede vir jou siel.

Kom so pas terug van ons kerk hier in Richards Baai........ mense wat 'n belewenis, ons ken gelukig al die Pastoor en die gemeente van vorige jare so ons het gesorg dat ons so 45 min voor die diens begin daar is. As jy later kom moet jy maar buite staan, daai kerk is stampvol! 

Die gemeente is spontaan en almal sing uit volle bors saam, dit klink of die dak gaan lig as ons begin sing. Die Pastoor steur hom niks aan tyd, hy het al vir drie ure aaneen gepreek, [gewoonlik darem net so 2 ure] en niemand was verveeld of ongeduldig nie, mens het altyd 'n effense gevoel van teleurgesteldheid as die diens eindig.

Die Pastoor onthou ons selfs nog van laasjaar, in die middel van die preek vang sy oog ons, en heet hy ons toe dadelik welkom terug hier, soos hy se, ons is sy "Transient Gemeentelede"

Soos Petra se, toe ons terug ry kamp toe, "Dit voel of ons weer huis toe gekom het"

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 07/05/2017 - 17:48

Arie, dit is mos nou die regte gesindheid om mee kerk toe te gaan en terug te ry huis toe.  Dit getuig van die jul opregtheid.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 24/09/2017 - 06:59

Ek wou sort gelyke draad begin toe sien ek die een van Arie. Die mollers van Secunda hou van n plek wat nie te duur is nie ,vriendelike ontvangs skoon oord ek hou baie van bome sodat my wa koelte kry. Jy kry n lekke vibe of nie en natuurlik vriendelike kampers wat geniet wat jy geniet

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 09:19

Een van die belangrikste punte van n plek wat maak dat jy terug gaan is die ontvangs is hulle hulp vaardig of is dit maar net nog n werk vir die person jou ontvangsdame is die spieelbeeld van jou besigheid , deesdae begin sekuriteit ook n rol speel , dag besoekers moet beheer word , uitvoer van oord reels bestuur moet dit toepas sou dit nie na gekom word nie . My 2c

0
Pretoria

leeu

Tue, 11/12/2018 - 11:51

Ek dink nie mens kan dit beskryf nie, jy kry daardie gevoel, dis amper soos kar koop, hy praat met jou. Ek kry altyd so gevoel as ek by Tshipise kamp, dit is seker die lekkerste kamplek vir my in Afrika. Die ander soos die kerk wat jy genoem het Arie, is 'n bonus.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus