Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -23 minutes ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 11/12/2018 - 10:31

He-he, sien julle, ons vrouens vra altyd versigtig 'n vraag.   As Gerhard "ja" antwoord dan is alles mos reg.   As hy nou "nee" geantwoord het, wel, dan is dit 'n ander storie.

Gerhard, weet nie of ek iewers dit gemis het nie.  Gaan jy die buitekant van die wa ook verf?

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 11/12/2018 - 10:38

Gerhard, weet nie of ek iewers dit gemis het nie.  Gaan jy die buitekant van die wa ook verf?

 Gerhard jy moet mooi dink oor jou antwoord laugh

0

Firstly Gerhard, I have to congratulate you on a magnificent restoration. Dit sit nie in baai manne se broek om so iet's aan te pak en so netjies te voltooi.

Certainly not within my vermooe... Yes I can do all the basics, weld / paint / woodwork and so on, but I just don't have the fine finishing skill. My work is always rof-en-onbeskof...

I take my hat off to you SIR!

back to that kassie....

That is a typical example of how well those old Jurgens where designed. Is amazing how they utilised the wasted space at the top, and where you need space at the bottom it's leaves the counter free... I had the same one in my Jurgens <kasper-se-kop> 450...

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 11/12/2018 - 16:19

Antie nou het jy mos voledige inligting.

Ek dink nou net sou hy die  Lady pers verf met pienk blomme sou sy darem mooi gelyk het agter John Lennon se Rolls Royce. Die was mos ook pers met pienk blomme geverf?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 11/12/2018 - 16:40

Toe ons nou laas gekamp het, was daar 'n karavaan, swart agtergrond en oortrek met allerhande kleure blomme.   Ek het nie gesien hoe hy binne lyk nie maar verstaan daar is alles net so bont.

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 17:18

Thank you uncle Warren. I am just trying my best that it don't look botched up.

Oom Arie gee my nou nog 'n idee. wink

Ag Antie hoef nie te worry nie. Die 'Ou Lady' word buite geverf ook, maar ek gaan sover moontlik terug na die oorspronklike kleure (2 tone) toe. Dis wit bo en so snaakse groen onder. Die link na daai draad toe vir Antie

https://www.kampforum.co…

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 11/12/2018 - 20:34

Johann, ek het agter geraak.  Wat se modds verwys jy na. Gerhard, Jurgie is die standaard kleur geverf, is dit die snaakse groen wat jy na verwys.

Groen

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 20:42

Neef Herman dis die groen ja. smiley Is daar 'n kleurkode of iets waarmee ek na die verf winkel kan gaan asseblief? Ek sukkel om dit te kry, het selfs Jurgens se fabriek gebel maar hulle lag vir my en die ou het my nog gevra of ek ooit nog lug kry vir die bande. sadcrying

0

Onthou G, ek sit nog steeds met so klomp vanni oorspronklike paale vir daai waan's, iet's wat jy nie allerdags gaan kry.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus