Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Sun, 23/09/2018 - 00:14

Goeie vordering gemaak. Ons het eers die ekstra stut by die deur onder die vloer begin doen vandag want die hout het gekraak daar. Die vloer is nou weer mooi stewig by die deur. wink

stut

Ek het toe ook gesien dat die kant ysters by deur se kant bietjie geroes is. Die onderstel is ook nog op die lys om na gekyk te word. Ons het tydelik stutte bygesit, ek het ongelukkig nie nou die fondse vir staal nie, maar sodra daar fondse is word dit uitgesny en vervang.

roes

roes

roes

Na die stutte, kon die verfwerk aangaan. smiley Ons kon vandag die agterste helfte se eerste laag klaar maak en die vloer deel muur wat voor uitsteek tussen die twee bankies is ook geverf. Al die vent flappies is ook geverf wat ek laas vergeet het blush

agter

Nuwe kant muur agter ook geverf nou. 

muur

agter

dak

dak

dak

agter

bankies voor

voor

Ek is nou so opgewonde en wil net die klaar maak met die tweede laag verf en die kassies verf. cool

Ek wou nie die opsit nie, maar het besluit om almal 'n voor smaakie te gee van die vloer wat moet ingaan. 

vloer

Baie dankie vir almal se ondersteuning en raad hier met die maande lange projek om die 'Ou Lady' weer mooi te kry. Waardeer dit.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 23/09/2018 - 07:49

Jy vorder fliks.

Welgedaan.

Daar is niks so lekker om jou eie hander werk te sien.

Toe ek Froggy gebou het, was die bou proses vir my ook die lekker deel.

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 23/09/2018 - 20:11

Dankie. 

Ek vat dit stadig maar raak nou baie opgewonde oor die eind produk wat amper daar is smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 24/09/2018 - 21:58

Oom Stoffel dis nog die idee om buite na die oorspronklike kleur terug te vat. My grootste  probleem nog is die kleur maar ek gaan nog 'n nuwe draad begin vir die probleem.

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 25/09/2018 - 09:29

Dankie oom.

Die maklikste om die strepe af te haal as dit stickers is, is met 'n heatgun sodat die gom warm word en nie so vas kleef nie.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 25/09/2018 - 09:41

Die Penta se strepe, aan die regterkant, het sommer self begin los trek (my wa het altyd in die oggend son gekry, voor ek skadu net op gesit het). Ek moes daai gom met terpentyn en baie elbow gries af haal.

Ek sien nou die linkerkant begin ook los kom, en die kry nooit son nie. 

Dit gaan ek ook af haal en skoon maak, maar ek gaan nie weer strepe op sit nie. Die geriffelde oppervlak maak dat die strepe nie deuglik klou nie. Geen planne om ooit my wa te verkoop nie, my dogter moet maar, na my verhuising, doen wat sy goed dink.

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 25/09/2018 - 10:00

Ek sien nou oom se probleem. Groot G se idee klink goed met die stoom, dit sal ook die gom los maak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus