Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Ek sal laat weet...
Ek sal laat weet as ek dalk iewers op so iets afkom. Ek gaan more 'n kwotasie aanvra by 'n plek om te sien wat dit gaan kos om daai toe te swys en nuwe ligte in te sit. Ek het so paar jaar terug daar gewerk en hulle kan die swys werk doen. Ek gaan ook by hulle hoor van die deur se buitekant, want hulle het 'n buig masjien ook.
Baie netjies , kan nie wag…
Baie netjies , kan nie wag om die eindproduk te sien nie!!
En ja, ons het...
En ja, ons het geverf weer vandag. Ons sou nie want die springkastele moes gewas word sodat hulle die naweek weer kan uitgaan. Nog nie klaar met die mure nie maar sal die naweek klaar. Na die mure, sit ek die gordyn rails in en dan is dit gordyne maak
Dis 'n stuk wat oor was nadat ek Desember 2 log bar stoele oorgetrek het.
Regtig netjies
Netjies Gerhard sterkte nie meer lank is daai ou lady spiekeries
Daai jeuk Gerhard
Al wat werk virrie jik is soos jy se gaan kamp ![]()
Oom Gerhard, jou wa kom…
Oom Gerhard, jou wa kom spiekeries aan.
Ons sal...
Ons sal dankie. Gaan Junie maand ook nou maar kamp saam Ski![]()
Dit sal lekker wees. Julle…
Dit sal lekker wees.
Julle vorder mooi.
![]()
Amper klaar. Maar uit…
Amper klaar. Maar uit ondervinding kan ek se jy gaan nooit klaar wees nie
Ek het agtergekom...
Ek het agtergekom dit gaan aanhou want daar kom die heeltyd nuwe idees.
Ek gaan hopenlik einde Julie kan verf koop vir die buitekant en die kussings kan ook dan gedoen word.
WOW Gerhard Ou Lady is nou …
WOW Gerhard Ou Lady is nou 'n "Show Peace"👍
Hallo Gerhard, ons gaan ook …
Hallo Gerhard, ons gaan ook 'n Jurgens begin regmaak/restoreer, maar nie heeltemal 'n "factory reset" doen nie. Ons het die verf begin afstroop en onder die huidige verf is die oorspronklike groen. Ons kon nog nie die jaarmodel vasstel nie, maar dit lyk ook na 'n +- 1970 model te oordeel aan jou fotos. Ons Jurgens is net so 'n meter langer as joune.
Miss Daisy / Gerhard
Sterkte met karavan projek Miss Daisy hou ons asb op hoogte kyk nou net Gerhard se ou lady binnekort spiekeries





Ek is ook op soek na so 'n…
Ek is ook op soek na so 'n stel lense.