Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -2 hours ago

Visvang by Klaserie

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ou Gees en vriende as julle nou eendag lekke wil kamp en lekke visvang is Klaserie dam naby Hoedspruit net die plek ek al daar gevang en my vriend wat soms weg raak ou gesie wat wandel

google kaart
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 24/03/2018 - 08:57

Oom Sleep, ek kan dit beaam, ek hou baie van Klaserie en dit is lag lag een van my favourite plekke om te kamp. Was al heelwat daar en moet die jaar weer daar uitkom.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 24/03/2018 - 09:03

Wat ook lekker is van Klaseriedam is dat dit die willetuin se orpen hek ek dink so 30 km weg is. Het al baie sommer so vir die dag deur die willetuin gaan ry terwyl daar kamp.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 24/03/2018 - 09:30

Gesie, is dit nou die dam waar jy so graag studeer het ? As dit is, is ek nou nog nie seker of jy werklik daar gaan studeer het en of jy net gaan visvang het nie.

Vraag nr. 2 : Is daar 'n behoorlike karavaanpark of is dit maar net 'n hengelaar se paradys ? Vir my wat 'n Kruger Wildtuin fantikus is, is dit belangrik om van 'n deeglike oornag plek te wees as 'n ou by Orpen wil ingaan.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 25/03/2018 - 07:11

Anton ek was laas in 1988 daar ek en Berdien wil ook so toer in laeveld en hulle gebruik as n basis om wereld te verken dis regtig mooi daar kamp paradys en vir visser ouens n ideal plek vir visvang vra maar vir ou gesie hy ken die plek baie goed

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 25/03/2018 - 11:56

Gesie, ek wag vir antwoorde op my vrae ten spyte daarvan dat Shaun sy ervaring van 1988 met ons gedeel het.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 26/03/2018 - 12:34

Hi oom Len,

Ja dit is nou net waar die gesie gaan lui wegle het. Daai tyd se studies, die vakke het ek baie goed in gedoen maar die thesis ding aan die einde het my klaar gemaak.

Oom se tweede vraag:

n Mens moet dit op twee maniere beantwoord want daar is twee oorde bymekaar of liewer langs aan mekaar en baie mense dink die twee is dieselfde plek soos wat ek in die draad ook kan sien.

Die een waarna Oomse Sleep en Wilsur hierbo verwys is die een wat meer algemeen bekend staan as die karavaanpark of klaseriecaravanpark en die ander een as klaseriedam of dan net die dam.  Klaseriedam of te wel die dam is ook `n karavaan park. (lekker confusing ne).

Kom ek vat hul een vir een. Party mense is lief vir die een plek, ander weer vir die ander plek. Jul weet soos n blond die een man se ding is en n brunette nou weer die ander man sin is.

Klaseriedam of dan net die dam soos wat die mense dit daar noem.

Dit is waar ek altyd gaan kamp. Die oord is gelee op n eiland binne in die dam.

Die oord was altyd bestuur deur oom Hennie en tannie Annette. My datums kan so bietjie uit wees maar dink is min of meer reg (moet soos oom Wilsur my goed op Excel begin aanteken). Oom Hennie is vroeg rondom die begin van 2016 oorlede en dit was ook net voor sy dood wat ek laas daar gekamp het.  Ek ken nie die mense persoonlik nie, die inligting is maar van geselsies met hulle terwyl ek daar gekamp het en vriende.

Die tannie het na die oom se dood gevoel sy wil nie meer alleen aangaan met die oord nie en later die jaar het n nuwe paar die oord oorgeneem en is steeds daar.

Op die eiland is daar twee huisies waar mens kan tuis gaan. Die name is Jack se plek en karphuise. Daar is ook n kleinerige Lapa. Die nuwe oordbestuur is dan ook tans besig om nog huisies by te voeg.

Kamp staanplekke is orals teen die oewer van die eiland as ook n paar meer na die middel. Oral deur die oord is daar kragpunte vir die kampers. Staanplekke is nie uitgemerk nie. Jy kies n stukkie aarde waarvan jy hou en kyk dan of daar n kragpunt naby genoeg aan jou is. Staanplekke het nie water nie en mens moet na die ablusieblokke in die middel van die eiland gaan om water (boorgat) te gaan haal. Nie so ver nie, Party staan plekke nader and weer n bietjie verder van die ablusieblokke.

Die ablusieblokke bestaan uit n mans en dames kant. Elkeen met so vier of vyf toilette en storte asook n aantal wasbakke. Dit word elke oggend en aand skoon gemaak. Daar is ook omtrent so vyf buite wasbakke. Dit is funksioneel en nie fancy geit nie.

Die oord het dan ook n landing area vir bote. Baie dagbesoekers geniet die kamp oor naweke saam die bote. Whahaha, die manne kan lekker partytjie hou. Deur die week is dit stil.

Die oord se website was altyd www.klaseriedam.co.za maar dit het verval na die vorige oordbestuur die oord verlaat het. Die nuwe oordbetuur gaan nou op facebook aan met die dam naamlik: https://web.facebook.com…

Ek perssonlik hou meer van die dam  oor dit meer grof en wyd is, maar die ander oord waarby ek nou gaan uitkom staan vir niks terug nie, maar net n persoonlike meer bos ding.

Klaserie karavaanpark of dan ook te wel klaseriecaravanpark.

Dit is die karavaanpark langsaan bogenoemde oord. Ek het nog nooit hier gekamp nie maar wel deur gery om te kyk hoe lyk dit.

Dit is langs die dam gelee met verskeie poele wat vanaf die dam voer. In hierdie poele word spesie vis aangehou wat mens dan ook kan vang en weer MOET terug gooi.

Dit is baie mooi met omtrent so 10 staanplekke sal ek skat.  Die staanplekke het elektrisiteit sowel as water. Ablusies was in tip top kondisie toe ek laas in 2016 daar deur geloop het. Daar is ook n paar chalets en tenthuise soos Letaba ruskamp in die Kruger. Daar is ook n restaurant. Nie seker of dit altyd oop is nie.

Die plek is fancy oom Len met vriendelike bestuur.

Die oord se website is: www.klaseriecaravanpark…

Slotsom:

Vir die karavaan visserman wat meer wild wil gaan en dit so bietjie wil rough (nie baie) sal ek die dam (op die eiland) aanbeveel vir kamp.

Vir ietsie meer beskaafd en so bietjie stiller sal ek klaseriecaravanpark(langs die dam) aanbeveel.

Dink altwee is goed genoeg vir oornag.

Laat kom met die vrae en sal help as ek kan.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 26/03/2018 - 12:49

As ek visvang later die jaar staan ek by die dam self soos jy noem maar vir lank staan sal ek by die Karavan park staan wat meer bied as ek dit so kan stel Len jy sal verseker van die caravan park hou en ander forum lede soos gesien fotos wat ek gepost het Dankie ou gesie

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 26/03/2018 - 13:18

Hi oom Voorrie, ja dit n goeie vraag. LOL dit sal n moewiese boot moet wees vir daai sware wa.

Nee, daar is so n stukkie grondpad wat deur loop van die kant af na die eiland. So seker nie n regte egte eiland nie.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 26/03/2018 - 13:21

Kyk kaart hierbo van oom Sleep, sien jy daai grond wat ingaan, dit lyk amper soos Italie op wereld kaart, daai die eiland.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 26/03/2018 - 15:04

Ok, ek sien hom. Dit lyk baie aangenaam, water reg rondom. Ek sal mos in so 'n plek lekker kan rus smiley

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 13/12/2018 - 10:02

Julle wat hou van visvang dit het lekke gereen in die hoedspruit  Klaserie area julle moet daar bietjie lyne gaan nat maak wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus