Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

NHI

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Ek sien die Ministers torring nou aan om die NHI papiere geteken te kry .Dit beteken dat almal verplig sal wees om daaraan te behoort .Hoe gaan hulle die betaling kontroleer ek weet dat hulle dit as n tax van jou salaris sal verhaal maar hoeveel mense werk die ratio sal dit onmoontlik maak om almal te akkomodeer .Wat gaan van ons word wat nou aan privaat mediese skemas behoort .Enige insette

Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Fri, 30/06/2017 - 06:57

Môre Dassie,

As ek vanoggend se berig reg verstaan gaan privaat Mediese skemas verander word tot 'n enkele tipe voordeel, so bv Discouvery gaan net een plan hé.

Almal gaan aan die NHI behoort en basiese mediese sorg kry en jy kan bo en behalwe jou verpligte bydrae tot die NHI ( wat deur verhoogde belasting aan jou opgedring word) vir jou 'n sogenaamde private medies uitneem wat moontlik beter dienste gaan lewer.

As die hele plan deurgevoer word gaan selfs privaat hospitale ingekontrakteer word om dienste aan die NHI te verskaf.

Dis soos ek die rumours verstaan. Asseblief help my reg of gee u vertolking van dit want AS ek reg is, is ons in ons se maai in wat mediese sorg betref.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 30/06/2017 - 09:19

Dagsê André !  Moes jy nie al op parade aangetree het nie ?  - kyk waar sit die son al !

Ek verstaan vir die huidige, die totale deurmekaarspul en onbeantwoorde bekommernisse netsoos jy André.  Gisteraand het ek na 'n onderhoud met die Minister van Gesondheid gekyk en sy gehakkel en omseiling van sekere vrae is vir my duidelik dat selfs hy nie weet hoe hierdie populistiese idee geïmplementeer gaan word nie.  Ons moet onthou 'n verkiesing lê voor die deur en ons gaan nog baie sulke mooi-praatjies beleef  -  die manne is bekommerd hulle verloor steun.

Om presies  dieselfde rede word daar nou weer kliphard gepraat van die nuwe Mynhandves en hoe gelde na die armes sal vloei.  Ook grondonteiening sonder vergoeding pop oral weer op.  Ook die arme ABSA wat nou skielik, sonder dat hulle enigsens 'n party was by die hulplening, vir die Reserwebank se onwettige optrede van die tagtiger jare moet opdok en daar word reeds bespiegel hoe hierdie fondse HOP huise gaan bou !  Ook nou die aanslag om die Reserwe Bank se onafhanklikheid in te trek sodat 'n bank gestig kan word wat lenings kan toestaan aan dié wat niks het nie  -  hoe dit terugbetaal gaan word weet nugter !

Dassie, in die lig hiervan sal ek vir eers nie bekommerd wees nie, dis net verkiesing-praatjies.

0

Okay het nou lekker met my suster gepraat in Engeland hulle het mos NHI. Sy se dat daar word n % van haar salaris afgetrek weet nie presies wat die % is nie MAAR sy is ook op n Medies Fonds .Sy se waglys as jy op NHI is baie lank en hulle doen ook meeste van die tyd net die routine ondersoeke ens as dit n operasie is gaan jou naam op waglys .Daarom het sy ekstra cover gevat en Mediese fonds aangesluit .Dit wil voorkom asof ons model hier ook op daai prensiep gebaseer gaan word .Interesant noem sy dat mense wat op die Dole is ,pensionare,en mense wat nie werk nie kry dit gratis .

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 30/06/2017 - 18:41

Daar is n groot verskil tussen "Azania" en enige ander land..    Daar werk dinge soos dit veronderstel is om te werk..  

 

Dink nou net as dit in Engeland so gaan hoe dit hier sal gaan.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 30/06/2017 - 18:51

Australia werk ook op so stelsel, maar daar gaan dit goed, baie mense het wel 'n mediese versekering vir groot dringende gevalle.

Oog artste en tandheelkunde is daar baie duur, selfs met mediese vesekering.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus