Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 15/01/2019 - 07:12

Ek is lief vir n aartappel in enige vorm. Jy kan dit aan my lyf optel.

Anton ek is ook lief vir Aartappel slaai (sonder kondensmelk) met eier en uie.

Sien party mense lief die drink ook (Vokda) naaste wat ek nog gekom het aan die maak van dit was "mash" smiley

Dankie vir die help Neef en Slowstrike, met die droog maak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 15/01/2019 - 07:48

Die groente plant is regtig n goeie en vervullende stokperdjie. Plant nie net "stapel" nie, darem ook iets vreemd soos die jaar se eiervruggies wat so 20cm wors dikte wit, groen en pers vruggies is. 

Om aartappels lank te bere moet dit in n koelkamer gedoen word Johann, daar kan dit letterlik maande hou. Hier sit ek dit op n bed van kurkdroeè hooi op n sementvloer met nog n laag hooi bo-op. Geheim is dit moet donker, koel en droog bly.

Wat gebeur by winkel  aartappels wat van juis in koelkamers geberg was, is dat waneer dit nou op die rakke kom, dink die aartappels winter is verby, en tyd om te groei en loop uit. Dit is nie nodig om dit dadelik weg te gooi nie, ons gebruik dit nog vir n hele ruk voordat dit die kenmerkende smaak van n moerartappel kry. 

Terloops, skil dit bietjie dikker af, los die stukke met ogies  aan op n rak totdat die snykant begin droog, en plant dit. 

Groetnis.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/01/2019 - 08:57

...............ek in Julie verlede jaar (op bladsy 1 hiebo) vertel het, is ons mors-dooie grasperk op die sypaadjie noodgedwonge vervang met plaveisel.  Ek het ook vertel hoe ek vir dae gesukkel het om die wortels van palms wat ook agv die droogte gevrek het, uit die potte te haal.  Ek het toe 5 bougainvillaes in die potte geplant om 'n bietjie kleur aan die dooie plavei- en bakstene te gee.  Die forum-aanbevole wildeperskeboom (die een wat deur die Pathfinder se sondak vervoer is) is ook geplant en groei mooi.  Na 6 maande lyk die spulletjie so :-

.

Die spulletjie groei dat dit bars, maar ek sukkel met blare wat omkrul.  Die plantluise is almal vermoor, ek het minder water en toe weer meer water probeer, maar die blare van die heel linkerkantse en heel regterkantste pot bly toe-krul.  Plantvoedsel toegedien, maar die blare sukkel. Wat interessant is, die heel linkerkantste pot se blomme was bruinerig-oranje en verander toe skielik na pienkerig.  Opgelees daaroor, maar die slim mense sê 'n bougainvillea se kleur blom kan jy nie verander deur die grondsamestelling te verander nie  -  tog het iets hier gebeur nadat dit in die pot oorgeplant is.  Ek het drie drade horisontaal oor die hele muur gespan waarop die plante kan groei.  Die drade is nie sigbaar nie, maar die middelste stut-arm kan wel gesien word.

Kyk hoe mooi kom die Kampforum-Wildeperske aan wat voor in die gat geplant is.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 15/01/2019 - 09:07

Baie mooi oom Len en daai wildeperske gaan nog baie voëls lok as hy eers vruggies begin dra.

My bougainvillaes het ook gesukkel waar dit teen die tuingereedskap huisie gestaan het. Daai sinkhuisie alhoewel hy bruin geverf is word te warm vir die plant wat feitlik teen die huisie staan.

Ek het die potte so entjie weggeskuif en nou doen die plante stukke beter. 

Groetnis

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 15/01/2019 - 10:25

Dankie Herman, ek sal dus die rak lewe kan verleng, deur dit in die yskas te bêre. 👍

Len, jou plante vertoon baie mooi, weet nie of jy al skottelgied seep probeer het nie, dit help ook vir  alle rande plant peste.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/01/2019 - 13:11

.............., een eetlepel skottelgoedseep, een eetleepetel kookolie en een eetlepel fyngemaakte knoffel op 1 liter water het die ding gedoen !  Dis 'n raat wat ek gekry het en dit werk beslis.  Die omkrul blare lyk beter, maar is nog nie honderd persent na my smaak nie en ek is nog nie seker of dit te min of te veel water is nie.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Tue, 15/01/2019 - 13:58

Len, ek weet nie aan watter kant van die ergste sonkant op jou perseel se muur is nie. Oppas net dat die muur NIE ter warm bak nie - kan jou plante effe benadeel. Die beste raad wat ek voorheen gekry het ws om die muur  'n  "lewende muur" te maak, deur meer geharde plante soos ivy ensovoorts die muur te laat toegroei, bedek - en dan jou potte nader te sleep.

Die bladmateriaal en blomme is as 'n reël nie eintlik bestand teen die hitte/sonstrale aan een kant, en die weerkaatsende hitte van die muur aan die anderkant nie.

My beskeie mening - ek was darem al 'n paar keer verkeerd in my lewe!!!laugh

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Tue, 15/01/2019 - 14:00

Ekskuus, ek sien Danie Slowstrike had omtrent dieselfde gedagte gespreek!!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/01/2019 - 14:33

.................Danie en Frans.  Die betrokke muur kyk suid-oos en kry vol son tot omtrent 12:00 en dan skadu daarna.  Die rank drade is 20cm weg van die muur gespan en die stam van elke bougainvillae is 40cm weg van die muur.  Ek glo dus nie die muur kan te warm word nie want daar is genoeg plek vir lugsirkulasie om elke plant, maar ek sal tog dophou.  Volgens my kwekery en wat ek kon oplees, is Bougainvillaes geharde plante wat baie sonlig soek , min water maar die wortels moet tog klam bly, maar nie nat in water staan nie.

Vandag lyk die gekrulde blare al heelwat beter en al vyf plante blom dat dit bars.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 17/01/2019 - 15:34

Ek het verlede jaar toe ek by die Eiland was (So halfpad) het ek gestop net buite Tzaneen waar daar baie plante verkoop word. Ek het reeds `n pienk een (Impala Lelie) en volgens die verkoopsman was die plant een met `n wit blom.

Het nog nooit `n witte gesien nie Daar was ook geen ander wat wit blomme gedra het op daardie tydstip nie. Ek het die plantjie gekoop vir meer as twee maal die gewone pienk een se prys (Leap of faith)

Die plantjie het net soos ons die ongeluk oorleef. Gekrok gewees maar groei nou dat dit bars.

Groetnis

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 17/01/2019 - 16:38

Johann, as die aartappels eers groei in hom kry, gaan die yskas dalk hom net effe terugsit, maar nie stopsit nie. Self het ek nog nie aartapels in n yskas gebere nie, laat weet of dit werk.

Die Wildeperske groei hier in die veld, sulke klein en "stunted" boompies, kry seker te swaar, nog nie n groot voorbeeld gesien nie. Afgelope winter is Annaboom, Kameeldoring en Carob saad ontkiem.  Sit nou met n paar boompies so groot soos n takkie Pietersielie, lyk darem lus vir leef. Praat nou van vooruit beplan.......neef sal daai bome nooit groot sien nie.

Lennie," Neem Oil "is n baie goeie organiese swam en luis beheermiddel. Die Sunlight, knoffel en olie werk maar somtyds moet daar n sterker iets kom. Sowat R 250.00 vir 500ml, maar dit gaan baie ver. Wat ook krulblaar veroorsaak is grond wat te suur is. Hier word vis emulsie vir bemesting gebruik, die ph is aan die suur kant, en veroorsaak ook soms die krulblaar spesifiek in die kweekhuis potte. Sodra dit gebeur,  dan versuip ek die plant so paar keer, dit loog die surigheid so effe.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/01/2019 - 22:04

.....................Herman  -  ek vermoed jy mag dalk 'n punt beet hê dat die grond te suur is want ek weet Bougainvillaes moet NIE te veel water kry nie.  Maar as die blare so omkrul en dis warm, gooi ek maar tog so elke tweede dag 2liter water en kort daarna lyk die krul blare beter.  Net 'n dag of wat later is dit weer krul-tyd.  Ek het "potting soil" en gesteriliseerde kompos 50/50 in die potte gegooi toe die plante geplant is.  Hoe kry ek die moontlike suurgrond meer alkalies ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 18/01/2019 - 07:35

Len, jy kan so handvol dolimietise landbou kalk op gooi en nat maak dat dit in trek, of jy kan hout as (na jy gebraai het) in die potte gooi en nat maak. Eersgenoemde gaan dalk 'n probleem wees om so klein bietjie te kry, ek dink kwekerye verkoop dit in 10Kg sakkies?

Hout as is alkalies, en het 'n ph van hoër as 7.5.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 18/01/2019 - 07:55

Johann en Herman, om terug te kom na die stoor van aartappels - ons het deur die jare ook baie maniere probeer. Het ook êrens gelees dat yskas NIE regte manier is nie - waar dit deur groot instansies gestoor word (Checkers, P & P en Food Lovers ens) word dit in koelkamers gestoor wat ook vogtig is en onder beheerde temperature - yskas te koud.

Wat ons doen vir baie lank is om dit in DONKER plek  - ons het so 'n "spens" wat onder die trappe wat na boonste verdieping gaan, en dit bly redelik koel daar. MAAR. ek hou die aartappels in die bruinpapersak (en ook nie meer as 3kg sakkie nie - ons eet te min!!) en plaas dan 'n APPEL bo-op, of tussen die aartappels. Na so maand of wat kry die tuin-voëls natuurlik die appel!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 18/01/2019 - 12:25

.................ek het die aas uitgegooi en gewonder wie gaan byt !  Ek maak my braai skoon sodra die as afgekoel het en het dus nie as nou beskikbaar nie.  Ek wil die krul blare NOU oplos en het dadelik die landboukalk gaan koop en ingespit.  Braaidag is by die Loaders eers môre en dan is die kole eers Sondag koud en dan gaan ons eers kerk toe !  Ek sal die krul-blare nooit so lank kan verduur nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus