Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -23 minutes ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -52 minutes ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -15 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -18 hours ago

Sit ek hier op my stoep.............

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek so rustig op my stoep, so paar maande gelede begin van 'n lang naweek. Sit lekker en suig aan my pyp met 'n lang glas Red Hart en bietjie coke, ek verdun maar die coke met rum want ek hoor by tannie google dat coke glo sleg is vir 'n mens? Wil maar nie kanse waag nie?

Ieder geval sit so en tuur innie verte toe hier so yuppie bakkie nefens my intrek. Klim daar 'n visioen met sulke laaaaang bene en so lekker kort broekie uit. In my se dae het ons daai goed "Hot Pants" genoem, nie oorlat die broekie so hot was nie, maar omdat dit die aanskouer so warm maak hier Suid langs!

Mense ek het lank laas sulke mooi lenige wel geskape bene mog aanskou, sluk ek mos amper my se pyp in toe ek so snak na my asempie, kyk ek word sommer so bleek om die kiewe soos my bloed aande hardloop gaan alles Suidekant toe, my kop is leeg van bloed! Nou stap die nimf soos 'n volbloed vulletjie, met so een vir jou en een vir my swaai aan daai allerlieflikste heupies, my arme hart is nou heel uit pas uit, "misfire" soos 'n ou series een LR.

Onner daai kort, en ek bedoel KORT broekie loer daar so skaam skaam twee spierwit sekel maantjies onder die soom uit, net so genoeg om beelde van die paradys op te roep in my gedagtes. Ek sien al hoe verval ek in die put van sonde!! Ek kan eindelik die sonde proe so op my tong, julle weet mos daai tong tippie toets?

Ag - waar was julle? Sy bekyk hulle staanplek so met haar rug na my toe, ek op my beurt bekyk daai stewige maar tog mooi geronde boudjies met verlange in my hart - en anner plekke. MAAR toe draai sy om.......................... ag, demmit daar sluk ek daai lang glas Red Hart met een teug weg, kom weer so bietjie bloed in my brein maar dreineer weer oombliklik! Kyk as julle dink daai wegstap was ongelooflik, die aanstap by ver nog baie beter, sy het 'n spierwit T shirt aan wat net so raak raak aan die bokant van daai broekie. Maar dit is duidelik daar is GEEN ondersteuning onner daai dun lappie nie! In my gedagtes "lees" ek met my vingers daai braile skrif so in die ronde om die melk kraaintjie, julle weet mos - daai braile wat vir die baba se "drink hier"?

Sy kom aangestap met so wulpse wip in haar stap, daai pragtige goeidjies onner die T hempie gee sulke ligte wippies, kan sien daar is goeie ingeneurs ontwerp daar, geen ondersteuning is daar nodig nie. Net so effense wippie, net genoeg om duidelik te wys, "Ons is eg - geen silikone of niks" pragtig man! Sy kom stel haar self voor aan my, en ek staan soos 'n stout tiener seun en snak na my asem, kry toe uiteindelik met so krakerige, bewerige stemmetjie uit "Baie welkom hier, hoop julle kamp lekker"

Toe sy nou wegstap sien ek eers hier is man saam met haar, dem, ek het klaar gesien hoe help ek tent opslaan en haar dalk in die nag help as sy bang is vir slange en goed! Daar val al my drome plat!

Ek stap toe maar later oor met twee biere, een vir haar en een [met 'n baie swaar gemoed] vir die mannetjie saam met haar.

Later toe hulle kamp staan, kom vra sy my of hulle goed in my vrieskas mag stoor, Hulle vrieskas wil nie meer werk nie en hulle het, vis kreef, garnale en mossels wat hulle gevries moet hou. Ons vrieskas was vol maar ek het pas 'n nuwe een gekoop en die oue staan nog hier, start die maar op en sy kom pak die goed in. Ek wou he hulle moet die kas saam vat na hulle plek, maar sy vra, die dat hulle tent beknop is of sy hom hier kan los? Sy sit toe hulle melk en goed in die yskas gedeelte.

Man was ek later bly dat die kas hier gebly het!! Sal later die res van die storie vertel.

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 21/01/2019 - 13:03

Arie dis voorwaar moelik om op pension te wees en al die dinge te sien wat jy moet sien hoe focus n mens dan nou regtig dis tent opslaan en seker maak al die tent pale staan soos hulle moet eish cheeky

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 21/01/2019 - 14:17

Ek is bly om te hoor jy het darem weer so gelukkie gekry, Arie.    En nog nie jou vermoë om dit oor te vertel verloor nie. laugh    Geniet daai stoeptent, hoop net die bloeddruk oorleef dit.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 21/01/2019 - 15:10

Middag Arie

Ek vermoed dit is baie warm daar waar jy kampeer. Wetenskaplik is dit bewys dat mens op baie warm dae allerhande skimbeelde waarneem;

hetsy weens hittegolwe, of bloot omdat jou brein te na aan die stoepdak was.

Is jy seker daar is iets geplaas in jou yskas, en het jou vrou ook die skimbeelde gesien

Groete

Wessel

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 21/01/2019 - 15:36

Wessel, gelukig was Petra ook hier om te sien en later lekker saam te kuier en eet, anders kon ek dalkies gedink het dit was die rum?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus