Middag alle kampeerders;
en die ouens wat self van die Kaap ry om in KNP te kom leeglê.
Ek sien nounet dat AFSAAL piekniek plek 'n hele gedaantverwisseling ondergaan. Volgens Sanparke gaan dit nou "opgekikker" word om te voorsien in;
wegneemetes, met spesiale koffie-bar
Curio winkel
kinder speelpark [kan jy glo]
restaurant
en ..... selfs 'n spa---lekker maserings ensovoorts
As nagedagte word genoem, julle sal darem nog 'n skottel kan huur en jou eie kos gaarmaak.
So verdwyn die karakter van ons natuurtuin, en word almeer 'n kommersiële bedryf. Ek het nogal erge beswaarde gemoed skielik, trek sommer my gat in 'n krul soos ou Genis.
Groete
Wessel
PS: Sal beslis Junie daar inloer uit nuuskierigheid en om toilette te gebruik.
Ek vermy Afsaal al vir…
Ek vermy Afsaal al vir etlike jare. Sal net daar stilhou om te piepie as ek daar verbyry. Dieselfde geld vir Tshokwane en Nkuhlu. Ek pak eerder vir my 'n toebroodjie en koffie in en soek 'n lekker skaduplek, of besoek die stiller piekniekplekke. Selfs Mlondozi en Timbavati kan na my smaak te besig raak.
Game parks
Timbavati....
I’m not a wild-tuin fan.... I feel like I’m in the cage and the animals look at me.
Too many rules and regulations with interfering old goops reporting you for this and that and generally treating everybody else like they are 3 yo toddlers running around in their antiquated soup kitchens....
I’ve only been to the Kruger twice in my life and never again. But, way back in 1975, and I was in 7SAI, just before going up to the border we did our COIN OPS training in the Timbawati game reserve, at the time the first white lions where discovered.....
I can’t recall how long we where there, but at least 3 weeks. I was glad to be shot of the place....
So lekker Spa behandeling is…
So lekker Spa behandeling is darem maar eerste klas. Baie beter as in die kar sit en kyk hoe paar die Leeus.
Wessel, ja................
.................nostalgie is 'n ander ding waaroor ons ook al vantevore oor gesels het. Elke geslag dink mos sy/haar kinderjare en ervaringe was beter as latere geslagte s'n. Ek dink ook dikwels aan my kinderdae-vakansies in die Wildtuin toe daar geen krag, telefone, teerpaaie en wegneem-etes was nie. Selfs die pertolpompe is met 'n slinger gedraai en NET Pretoriuskop het 'n swembad gehad.
Ek onthou baie goed die groot lawaai toe die hoofpaaie geteer is.
Maar ons ou klomp oues-van-dae moet maar saambeweeg met die nuwe generasies se keuses en behoeftes.
Vir my bly dit nog steeds 'n bakgat plek (en in my agterkop koester ek maar die mooi, destydse herinneringe) !
Het enige iemand dalk die …
Het enige iemand dalk die "Voetspore" program gisteraand op DSTV gekyk. Die manne is op hulle rys deur na die noorde en het gisteraand gewys van 'n gedeelte in die KNP. Hulle het by Pafuri ingegaan.
Ek het.....
.............dit ongelukkig gemis Hennie - sal soek vir die herhaling van die program.
Ja dit was weer eens 'n bak…
Ja dit was weer eens 'n bak-gat program, hou net nie van daai skaap koppe nie.
Elke geslag dink mos sy/haar…
Elke geslag dink mos sy/haar kinderjare en ervaringe was beter as latere geslagte s'n.
Daar slaan oom Len die spyker op sy kop en terwyl oom so nostalgies raak wil ek sommer ook in daai boot klim.
As kind was ek 1 keer by die see en dit toe ek 5 jaar oud was. Al my ander vakansie herrinirring is van die bosveld en die KNP.
Ek was alryd lief om pie en chips te eet by een van die piekniek plekke wat se naam ek nou nie kan onthou nie, maar was naby Pretoriuskop. Dit was voor die dae van die groot ketting groep. My pa was lief om by Pretoriuskop te kamp en dan daarvandaan Noord te trek. Die swembad br Pretoriuskop was altyd vir my baie besonders, wat een helfte van klip is.
My pa het gese dat die dag as hy heengaan moet ons sy as in die KNP op die pad S90, net so bietjie noord van Satara gaan gooi. So onwettig soos dit blykbaar is, het ek so gemaak en later my se as ook. Ons het egter niks opgerig of nagelaat nie, behalwe hulle as.
Wildtuin lusmaker
Middag alle kampeerders
Die uitsien na my 10dae in SATARA voel net te vêr[Junie maand]. Ek het dus besluit om 'n oefenlopie in te werk Pilansberg wildtuin toe.
Dit is nou om seker te maak dat;
die wa se wiele nog vorentoe kan rol
die Hilux nog kan trek
die botteloopmaker, verkykers ens nog op hulle plek is
om die oë in te oefen om wild in ruie gras raak te sien.
Hopenlik vind ek 'n staanplek met genoeg skadu.
Groete
Wessel
Morné.....
...............jy moes baie goeie ouers gehad het wat Wildtuin-vakansies bo see-vakansies gekies het. Die piekniekplek nie te ver vanaf Pretoriuskop nie is hoogswaarskynlik Afsaal. Wat jou ouers se "as-pad" (die S90) betref, in Meimaand gaan ons hierdie pad bloots ry want ons gaan ook vir 5 dae in Balule kamp.
Nou vir wat gaan die Duppies nie meer gereeld Wildtuin toe nie - julle bly dan op die Wildtuin voorstoep ?
Wessel..................
................oorweeg om daardie 10 dae te verdubbel na iets baie beter.
Maar in die tussentyd, geniet Pilansberg - ek was nog nooit daar nie.
Ja dit was weer eens 'n bak…
Ja dit was weer eens 'n bak-gat program, hou net nie van daai skaap koppe nie.
Willem, Stem 100% saam.
@Len, kon jy toe die heruitsending van Voetspore kyk?
Wildtuin vermaak
Middag alle enige wildtuin liefhebbbers
Neef Herman: Ek het nog nooit die voorreg gehad om parende leeus af te loer nie. Ek glo dit moet iets aanskoulik wees, nie eers te praat van die geluide nie.
Len: So jy sê--as dit in jou bloed is, sit dit soos , neet. Ek sal aanhou gaan en dit geniet. Dis net sekere goet pas nie maar net nie daar nie. [my mening] Mens is net bekommerd die karakter verander later totaal.
Ek ry maar draaie om die vernuwings, en die stede soos Skukuza
Groete
Wessel.
Wildtuin vermaak
Wessel, ons het al by verskeie geleenthede die voorreg gehad om parende leeus kon waarneem. Wel nie in Kruger nie, maar in die Kgalagadi. En ja, dis nogal iets om te sien en te hoor! Die voordeel van Kgalagadi is dat ons op ten minste 2 geleenthede stoksielalleen op die toneel was. Nooit meer as 3 of 4 motors nie. Ek sal een of ander tyd 'n draad skep en 'n paar Kgalagadifoto"s plaas
Hennie............
...........skaam om te sê, ek het wragtag die heruitsending ook gemis !
...........skaam om te sê,…
...........skaam om te sê, ek het wragtag die heruitsending ook gemis !
Lyk my die BV's het jou besig gehou!!!
Kgalagadi fotos
Middag Sarel
Plaas asb fotos van jou besoeke aan Kgalagadi park. Begin sommer 'n nuwe forum draad.
Ek sal dit graag wil sien, want ek oorweeg dit ernstig om ook soheentoe te gaan.
Dalk is die park minder kommersieel as die Kruger??![]()
Wessel
Hennie................
.....................ek vermoed die Bougainvilleas is gesond en toe sien ek wragtag gisteraand die derde heruitsending van Voetspore ! Lekker gekyk selfs waar hulle brandstof by Pund Maria hervul.
Ek vermoed dit moet 'n ou SAUK Voetspore-opname wees wat Multi Choice geredigeer het ná hulle deal met Claudi Motsoaneng. Ek sê so omdat die dieselpompprys getoon het dit is R10 per liter. Diesel het jare laas soveel in die Wildtuin gekos.
In elkgeval, ek het lekker gekyk.





Ja, dit is jammer maar seker…
Ja, dit is jammer maar seker nodig ???