Dit is baie hardseer van die kinders wat gesterf het by Driehoek Hoërskool vanoggend in Vanderbijlpark, na n "walkway" in mekaar gestort het. Soos ek verstaan, is daar 3 kinders oorlede. R.I.V.
Harry, dit was een helse…
Harry, dit was een helse skok, van die ouers was ook in ongelukke betrokke nadat hulle in kennis gestel is om kinders te gaan haal. Daar was soveel skok verhale van die kinders, mens is stom.
Ons innige mee gevoel met die families en vriende.
Ek het op die nuus gesien. …
Ek het op die nuus gesien. Dit is baie hartseer. My hart gaan uit na daardie ouers wat die kinders vanoggend, soos elke ander dag, sien skool toe gaan het en geglo het hul kom weer terug huis toe. Dit moet ook vir die skool en die leerlinge 'n swaar en groot skok wees.
Dit is baie hartseer. Mag…
Dit is baie hartseer. Mag die Vader almal betrokke vertroos en met sy liefde toevou
Dit moet vreeslik wees - jy…
Dit moet vreeslik wees - jy neem jou kind die oggend skool, daar waar jy glo hy gaan veilig wees en dan die nuus kry dat hy seer gekry het of dood is!
Sterkte aan die ouers en beseerde kinders asook die skool.
Het dit gesien in facebook…
Het dit gesien in facebook. Baie tragies en baie sterkte aan die ouers.
Ongelukkig sien ek alles…
Ongelukkig sien ek alles word weer in die politiek uitgebyt.
Die skool staan al van 1979/1980 soos ek verstaan en so stuktuur sal nie sommer val nie. Ek dink dit was dalk gebrek aan onderhoud, a.g.v moontlike te kort aan fondse, wat moontlik aanleiding kon gegee het vir die ongeluk. Net my opinie. Ons is in die ontwerp en teken bedryf en die soort van goed pla my altyd erg.
Ek sou persoonlik weer na die hele struktuur kyk, veral vir roes, voor ek weer iemand sou toelaat om dit te gebruik.
Selfs al die ander skole moet n inspeksie doen op al hulle strukture en hulle onderhouds planne.
Harry, soos jy sê, jy kry…
Harry, soos jy sê, jy kry nou die dwase (sotte) wat politiek hier in sleep.
'n Dwaas van 'n ver linkse groep het gesê hy dank sy voorvaders vir die voorval, wonder wat sou gebeur het as 'n wit man dit gesê het van daai arme onskuldige kindjie wat in die put toilet geval het.
Maar ja, dit is 'n baie tragiese gebeurtenis wat nog lank by ons sal bly.





Skool is nou gesluit tot…
Skool is nou gesluit tot verdere kennis gewing.
Dink hulle gaan seker eers n ondersoek moet doen wat verkeerd gegaan het en seker die res van die loop vlakke ondersoek is.